Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 136 -

DIE PRAG EN PRAAL VAN DIE SONWÊRELD EN SY INWONERS. MARTIN SE VREES BETREFFENDE DIE WYSHEID VAN DIE SONBEWONERS EN JOHANNES SE RAAD.

Terwyl Chorel terugkeer na sy vriend Borem en Martin steeds diep in gedagte is en die groot uitgestrektheid van die vallei bestrooi met pragtige parke, paleise en tempels bekyk, sien hy dat van een van die tempels `n groot skare van die mooiste mense hulle nader. Die gesig bring hom vinnig terug na die werklikheid en hy sê vir Johannes en Petrus:

(Martin):"Ten einde laaste, soos ek dit sien het ons, ons bestemming bykans bereik. Hoe mooi lyk dit alles, my geliefde broers. Ek vind die prag en skoonheid van hierdie gebied asemrowend. En daar is `n groot optog van die sonbewoners wat reeds kom om ons te ontmoet. Ek kan die wat voor is baie duidelik sien. Hulle is oneindig mooi en so is hulle klere O, o, hoe nader hulle kom, hoe groter word hulle skoonheid! As dit voortduur, kan ek nou reeds sê dat ek nie in staat sal wees om hulle nabyheid te verdra nie, tensy die Meester my daarvoor versterk. Ek wonder wat hierdie stryd van wysheid sal oplewer? Ek kan my nogal voorstel, gesien my bewende knieë. As hierdie mense goeie oë het, sal hulle in staat wees om al op `n afstand te sien wat `n dom en sensuele vent op pad is na hulle. Geen twyfel, ek en my wysheid sal hulle `n seldsame plesier gee! Ek kan die diep wysheid in hulle oë sien, terwyl daar in my oë niks is nie, behalwe `n groot hoeveelheid onnoselheid! O, wat `n vergadering sal dit wees!

O, broers, stap voor my, sodat hierdie wonderlike mense my nie skielik in die oog kry en al vooraf die volle omvang van my dwaasheid beoordeel nie!"

(Johannes): "Moenie bekommer nie, selfs as jy `n besondere ervaring het om mee te begin, eindelik sal jy meer gewoond word aan hierdie mense. Maar bly ernstig, maar in jou hart steeds sag en vriendelik en jy sal beter met hulle oor die weg kom as wat jy nou dink. Alhoewel hulle wysheid baie is, het dit sy beperkinge, soos alle dinge wat geskep is. Daarom broer, hou goeie moed, want jy sal een of ander tyd moet leer om hierdie prag te verdra en dit sal nou makliker wees vir jou, terwyl die Meester elkeen van ons so liefdevol lei."

(Martin): "Natuurlik, jy is reg, maar hierdie saak is geen kleinigheid nie, maar desperaat ernstig. Slegs `n kort afstand skei ons nou, so, in die Naam van die Meester, miskien sal dinge nie so donker en dreigend van naderby lyk soos dit nou op hierdie afstand lyk nie. Wat is daardie helder skynende hoede en kranse wat die hemelse mooi dogters, of wat hulle ook al mag wees, na ons dra. Wat gaan hulle daarmee doen?"

(Johannes): "Dit is pryse vir die heel wyses onder ons, wat daardeur versier sal word nadat hulle ons getoets het. Jy dra reeds `n hoed soos hulle s’n, wat die Meester jou gegee het. Maar dit maak geen verskil aan hulle as hulle vind dat jy `n prys werd is nie, sal hulle jou hoed met hulle s’n verenig in een hoed, wat egter baie helderder sal skyn. As hulle van mening is dat jy nie `n prys werd is nie, sal jy bly soos jy nou is. Ruk jou dus reg, sodat jy nie so `n prys verbeur nie!"

(Martin): "Dit maak nie saak nie broer, ek het nooit `n prys iewers gewen nie en ek sal waarskynlik ook nie hier nie! Maar wat van my geaardheid en al hierdie skoonheid, die sjarme? Dit sal die werklike probleme veroorsaak, broer! Maar nou moet ek ernstig en stil wees. Hulle is reeds baie naby. Hier is hulle!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205