Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 195 -

MARTIN SE HERHAALDE MOEITE OM SATAN DIE ABSURDITEIT VAN SY KOPPIGHEID TE LAAT VERSTAAN.

(Martin): "Arme vriend, dit kan alles word soos wat jy dit met goeie geduld aan my beskryf, maar soos met alle blinde persone, is ek nogal skepties, of miskien meer onkundig as skepties. Daarom kan ek eenvoudig nie verstaan waarom die hele skepping nie in staat is om te bestaan sonder jou nie, dit des te meer so, omdat deur jou terugkeer na God, jy nie sal ophou om te bestaan nie, maar inteendeel sal jy eindeloos meer volmaak word in jou persoon. Die Meester het my die besef gegee dat jy ten alle koste bewaar moet word, omdat volgens die goddelike orde, die bewaring van die natuurlike wêrelde en wesens afhanklik is van jou. Maar wat maak die tydelike stowwe saak? As jy eers gewen en volmaak is, wat heeltemal afhanklik van jou wil is, sal alle materie dan in elk geval onnodig wees, aangesien materie niks anders is as jou hardkoppigheid onder oordeel nie. Met jou bekering en volmaakwording sou dit onmiddellik disintegreer in ooreenstemming met die Meester se wil en volmaak word in sy suiwer geestelike substansie, wat op die oomblik deur jou geoordeelde koppigheid gevange en gemuilband gehou word binne materie. Maar ons geestelike substansie, sowel as die nuwe aarde en nuwe hemel, het eintlik niks met jou te doen nie, want die polariteite vir hulle ewige bestaan is te vind in die Meester alleen in die vorm van die liefde en wysheid of goedheid en waarheid.

Jy is reg om ons te adviseer om ons aandag te konsentreer op die aarde, wat inderdaad in `n swak toestand is. Maar ek hou daarby, my arme vriend en broer, dat die oomblik wat jy terugkeer, nie net die aarde nie, maar die hele skepping sy oorspronklike goddelike suiwerheid en volmaaktheid sal herwin. Alle kwaad sal ophou en almal wat nog die harde pad van die vlees en materie onder oordeel moet loop, sal volmaak wees op die oomblik van jou bekering. Want wat anders is die pad van die vlees, indien nie `n moeisame afskeiding van jou en `n lastige opstaan uit jou toestand van oordeel nie. Wanneer die oordeel vir jou geëindig het, sou daar nie `n behoefte aan materie of die moeilike pad om die vlees te kruisig, wees nie. Ek is daarvan oortuig om die volle waarheid te gepraat het met my beste bedoeling en wil. Volg my raad en jy sal sien dat die resultaat heel anders sal wees as wat jy nou dink."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205