Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 29 -

DIE HEER MAAK HOM BEKEND AS JESUS AAN DIE BLINDE  BISKOP MARTIN.

(Terug by My, sê Biskop Martin): "My beminde heer, meester, vriend en broer - in wat `n dilemma het my ingebore domheid my gekry! Nou weet ek werklik nie of ek die gek is of hulle agter die deur nie! Hulle vrees jou selfs nog meer as die ander, en hulle beskou jou in alle erns nie net as Jesus, die stigter van die Christelike geloof nie, maar selfs as die Hoogste Godheid in persoon, hulle vestig hulle oortuigings op `n soort van logiese filosofie wat nie so presies maklik is om verkeerd te bewys nie.

Vertel my, liefste vriend, wat gee dat al hierdie siele en geeste so `n eienaardige gedagte oor jou het? Ek sien nou die bekende wondtekens op jou hande en voete, en ek is bykans positief dat jy die Verlosser, Jesus is; - maar God! Jesus en God ter selfde tyd? Dit is, as ek so mag sê, om dit te oordoen! En steeds hou dié geeste vrymoedig daarby! Wat het hulle so `n idee gegee? Kan dit wees dat hulle na alles reg is? Dit sou te veel vir `n arme siel soos ek wees. As dit waar is, alhoewel ek dit nie kan verstaan nie, sou ek baie bang wees. O, liewe vriend, stel my gerus oor hierdie saak."

(Ek sê): "Vriend en broer, jy het self, as `n biskop op aarde, Jesus die gekruisigde verkondig, en bewys dat Sy godheid teenwoordig is, selfs in die kleinste deeltjie van Hom. En kyk, al diegene wat ons uit die vlamme gered het en wat nou hier by ons is, is die skape uit jou bisdom en volgelinge van jou eie opvoeding. Waarom het jy hulle dit dan in die wêreld geleer, as jy nou beweer dat dit nonsens is? As dit nonsens is, moet ons vra: Wie se nonsens is dit? As dit die waarheid is, moet ons vra: Watter eer is daar in dit vir hul voormalige onderwyser, as hy nou sy eie leerstelling beveg in sy studente? Om die waarheid te sê, Ek is Jesus, die Gekruisigde, en in hierdie broer hier, bring Ek aan jou die ware ou Petrus, op wie se veronderstelde stoel die Romeinse biskoppe sit en heers. Natuurlik word dit nie gedoen volgens die orde van die ware Petrus nie, maar slegs die een wat hulleself uitgevind het om gebruik te word tot hul beste voordeel. So, nou weet jy wie Ek en jou eerste gids, Petrus, is. Jou eie volgelinge sal jou verdere besonderhede gee. Ek het eens gesê dat die kinders van die wêreld meer verstandig is as dié van die lig. Aangesien jy, soos `n keiser van Sjina, jouself beskou as `n seun van die lig, gaan na jou volgelinge, wat ware kinders van die wêreld is, en laat hulle jou ten minste goeie begrip leer, indien jy geen smaak vir hulle wysheid het nie."

(Biskop Martin): "O, vriend, al is jy die Jesus wat homself bekendgemaak het as die Seun van die Allerhoogste, waar is die Allerhoogste dan, die Almagtige Ewige Vader? En waar kom die Heilige Gees voort uit die Seun en die Vader - aangesien ons nou terugkeer na die dogma, met verontagsaming van die lig van suiwer rede?"

(Ek sê): "Hoe is dit geskryf in die evangelie? Kyk, dit sê:" Ek en My Vader is een; wie My sien, sien ook die Vader! As jy glo, hoekom vra jy nog, terwyl jy My sien? As jy nie wil glo nie, hoekom vra jy dan nog? Bly soos jy is en Ek sal bly soos Ek is, en Ek dink daar is geen rede vir ons om te argumenteer nie. In daardie kamer is jou volgelinge. Gaan na hulle en leer weer my onderrig van hulle. Kom dan terug, sodat ek dit kan interpreteer vir jou! Want Ek, die ware Verlosser, sê vir jou hier in my ewige koninkryk dat jy `n dwase gees is om nie my groot liefde vir jou te herken nie. Ek het jou met die grootste bedagsaamheid behandel, en jy is nog steeds doof en blind. Ek het jou die brood van die lewe gegee, en jy verslind dit soos `n poliep, sonder om aandag te gee aan die skielike geestelike uitwerking wat dit gehad op hierdie sondaars. Met oop oë en ore sien of hoor jy nie! Ek maak dat die vreemdste dinge om jou gebeur, en jy vra nie eers, "Wie is Hy aan Wie die see en die winde gehoorsaam is?” So keer terug na jou volgelinge en leer van hulle hoe om Hom te herken wie jy die hele tyd beskou het as jou gelyke. Laat dit so wees!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205