Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 170 -

URON SE GOEIE VERWELKOMING. DIE MEESTER SE GENADIGE AANKONDIGING AAN URON. UITNODIGING VAN DIE SONBEWONERS OM KINDERS VAN GOD TE WORD. A TREURIGE GETUIENIS OOR DIE MENSE OP DIE AARDE.

Toe almal in hierdie pragtige tempel is, kom die wyse, wat nou weer sy kalmte herwin het, na My met nederigheid en ontsag en sê:

(Uron, die wyse): "O, U wie se Naam niemand in hierdie wêreld waag om te noem nie! U Wie aan ons bekend gemaak is deur die eindelose tye deur U aartsengele, as die ewige Oergees en Almagtige Skepper van alle wesens! U die Eerste, die Allerheiligste, die Wysste, U, die ewige Reg en die ewige Orde van alle mense en dinge! Omdat U ons uiteindelik besoek het, skenk ons onwaardige mense U genade en openbaar aan ons U wil en die pad wat ons moet volg om seker te wees om vir ewig U welwillendheid te geniet! Ons in hierdie wêreld geniet groot voorregte. Ons is baie mooi, so ver dit ons uiterlike aangaan en voldoende wys vir die behoeftes van ons gemeenskap. Ons werk word uitgevoer deur ons wil, eerder as met ons eie hande. Dit was nog nooit nodig om bekommerd te wees oor voedsel nie, wat dikwels die geval in ander wêrelde is, word my vertel. Alhoewel ons vlees oorgevoelig is, ken ons nie siekte van die liggaam nie en kan leef so lank as wat ons wil. En as ons instem met die transformasie wat van ons gevra word deur die hoër geeste, is dit salig vir ons. Kortom, in die oneindige ruimte van U skeppings, is daar waarskynlik nie `n ander wêreld waar die natuurlike menslike wesens `n gelukkiger bestaan het as ons nie, danksy U genade. Maar desondanks alles besef ons steeds dat ons oneindig minderwaardig is teenoor U kinders. O Meester, kyk na ons, wat ook uit U soos U kinders ontstaan het! Maak dit moontlik vir ons om `n geestelike vlak nader aan hulle te bereik! U Goddelike en mees Heilige Vader van U kinders, as dit U wil is en nie teen U heilige orde nie, vergun my beskeie versoek, wat deur die geestelike nood van my volk en die onvoorstelbare magtige liefde wat ek vir U voel, aangemoedig is. Maar neem dit nie verkeerd op nie, Vader van U kinders, dat ek as `n vreemdeling durf klop aan die heilige deur van U hart."

(Hierop antwoord Ek): "My seun Uron, Ek het hiernatoe gekom ter wille van die ding waaroor jy nou net gepraat het. Die mensdom op die klein aarde het My heeltemal vergeet en die aarde in `n ware hel verander. Daar is slegs `n paar oor wat nog steeds aktief glo en vertrou op My Naam. Vir meeste van die ander het dit `n oorlas geword. Hieraan kan jy sien dat Ek in die toekoms nouliks in staat sal wees om kinders vir My in te samel op die ongelowige aarde. My mag kan nie in die proses gebruik word nie, want dit sou hulle onder dwang plaas, wat nooit die geval mag wees met my kinders wat die hoogste vryheid moet bereik nie, anders sal hulle nooit in staat wees om My te dien as My regterhand nie. Maar as ek hulle nie aanraak met my mag nie en hulle volle vryheid toelaat, sal hulle verander in ware duiwels en dade van die laagste soort met mekaar pleeg, sodat selfs die laagste hel van hulle kan leer. Dit ontbreek hulle aan geloof, liefde, nederigheid, gehoorsaamheid en dus ook die geloof in My. Maar hoe kan hulle in My glo, omdat, as gevolg van hulle ongeloof, Ek skaars vir hulle bestaan? Dus bly daar niks anders vir My oor as om die enkele, regverdiges en beteres te beskerm en te bewaar nie. Die ander sal hul vrye wil hê en Ek sal my Verbond van hulle wegneem, as gevolg waarvan hulle binnekort soos skaduwees van die oppervlak van die aarde sal verdwyn.

In die lig hiervan, is Ek feitlik nie in staat om volmaakte kinders uit daardie aarde te verkry nie. Die beste is erger as die ergste hier! Daarom sal Ek hier `n nuwe kleuterskool begin vir my toekomstige kinders en die ander aarde tot so `n mate sif dat die beteres wat daar oorbly vir dae sal moet reis voordat hulle ander wesens soos hulle sal vind. Omdat Ek beplan om dit te doen, moet Ek die weg aandui waarlangs julle My kinders kan word, as julle dit wil hê. Wanneer die aarde gereinig is, sal Ek `n geestelike brug bou daarvandaan na julle, waaroor julle hand aan hand sal loop met die kinders van die aarde. Maar stuur nou onmiddellik boodskappers en laat baie van jou mense hier bymekaar kom, sodat Ek vir hulle die deur van my hart wyd kan oopmaak. Laat dit so wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205