Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 39 -

BISKOP MARTIN OP SY EIE IN DIE SAAL VAN SY HUIS. INSPEKSIE VAN DIE AARDE SFEER EN DIE ANDER PLANETE. MARTIN SE VERVELING.

Ek los Biskop Martin nou skynbaar, en hy begin die volgende monoloog: "So, ja, nou is ek eindelik weer op my eie! Alles wat hier is, is waarlik hemels en verhewe. Ek het my vol geëet, is geseën, en is veronderstel om uiters gelukkig te wees. Maar ek is nog steeds alleen, baie alleen! Slegs my eie idees weerspieël van die mure af, wat wiegend inmekaar weef, maar andersins is daar nie eers `n muskiet wat vir my hmm nie. Ek sal na die wonderlike wêreld kyk om die tyd om te kry. Wat `n unieke kunswerk! En daar kan ek die plek sien waar ek opgetree het as biskop, daar is die kerk, daar is my huis! En daar kan ek selfs die begraafplaas sien en my graf met `n pragtige grafsteen! Hoe dwaas is die mense om `n monument op te rig vir die afval en te vergeet van die gees! As ek hierdie monument kan vernietig met `n goed gemikte weerligstraal, sou ek baie beter voel. Maar dit is vir die Meester om te doen wat reg is.

Laat ons die wêreld draai en kyk hoe Australië lyk. Ag nee, ag nee, dit lyk nie te goed nie. Watter duisternis, watter slawerny, vervolging en moord van mense, fisies en geestelik. Mag die Meester jou seën, my liewe aarde, maar ek dink nie dat ons baie tyd sal spandeer met mekaar nie. Ek sal `n esel wees as ek myself aan emosies van woede onderwerp deur na jou te kyk, hier in die ryk van die ewige vrede! Dit maak my woedend om te sien hoe die sterker mense hulle swakker broers martel en selfs doodmaak op die mees wrede maniere, asof hulle dit geniet! Weg met jou, miserabele demonstrasie-masjien van die aardse gruwels, ons sal nie baie van mekaar sien nie.

Kyk, daar is die hele sonnestelsel met die son! Laat ons kyk na een van die planete. Daar is Venus! Hou lyk jy, my liewe Venus, wie se wonderlike lig, as die oggend- of aandster, ek dikwels geniet het in die donker wêreld? Laat ons jou van naderby bekyk. Aa, mm, heel anders as wat ek gedink het. Jy lyk soos die aarde waar ek gewoon het, nie sulke groot dele see nie, maar `n groot aantal kleineres en baie hoë berge! Ek wonder hoe die plantegroei is en met watter tipe wesens hierdie planeet bewoon word? Ek sou dit graag groter wou sien of `n soort van geestelike mikroskoop kry, anders sal ek nie in staat wees om veel meer te sien as voorheen nie, want die hele planeet is net die grootte van `n hen se eiers in die wêreld. Om te dink hoe die afgietseldiertjies sou wees op hierdie skaal!

Ek moet regtig nou na die wit tablet kyk, daar is dalk al iets geskryf daaroor. Wel, daar is niks aan hierdie kant nie. Eintlik is ek bly daaroor, want ek moet erken dat dit my met ontsag vul. Daar is ook niks aan die ander kant nie, wat selfs nog beter is! En nou terug na my planetêre stelsel! Daar is Venus weer, maar nog nie enigsins groter nie. Goed, omdat jy nie wil vergroot nie, my mooi ster, is daar niks meer wat ek met jou wil doen nie. Dus draai verby my ster!

Ah, daar is klein Mercurius, nogal `n netjiese klein wêreldjie, die grootte van `n haselneut. Lyk nie of hy `n see het nie, maar eerder berge - as die speldkopgrootte rowwe hope met die term “berg” geëer kan word. My liewe Mercurius, ons is al klaar met mekaar, dus weg is jy! En wat verteenwoordig die koper knaap? Dit sou nie weer die aarde wees nie? O, ek het dit - jy vurige held is Mars! In die wêreld het ek `n heel ander idee van jou gehad - gedink jy is woelig en stormagtig, maar jy lyk presies die teendeel, te oordeel aan jou plat oppervlak wat slegs `n paar berge aandui. Omdat ek nie meer besonderhede kan sien nie, weg met jou ook! Nou kan ek omtrent sewe klein bolletjies sien, waarskynlik planete ook. Weg met julle ook, julle sal ook nie van enige nut vir my wees nie! Daar is die groot Jupiter al op pad na my! Wat `n mooi planeet, en met vier satelliete - baie indrukwekkend! En hoe lyk jy? Goeie genade, wat `n klomp water! Net in die ekwatoriale gebiede kan ek baie eilande sien, die res is net water. Daar is `n paar berge, maar hulle lyk nie hoog nie; Wat van die plantegroei en die lewe op hierdie planeet? Alhoewel dit `n paar duisend maal groter is as die vorige planete wat ek hier gesien het, kan ek ook geen plantegroei op jou onderskei nie. Die oppervlak lyk `n bietjie grof, maar om te sien waaruit dit bestaan, sal `n mens heel ander oë nodig hê. En daar is Saturnus en Uranus ook en in die agtergrond `n baie groot planeet met tien mane - drie heel grotes en `n paar kleines! Kan hulle mane van mane wees? Nou kan ek ook talle komete in die agtergrond sien. Dit is `n pragtige gesig, maar as daar niks anders as `n paar oseane en hoë berge waarneembaar op hierdie goeie planete is nie, sal hulle nie veel pret vir die hele ewigheid wees nie! Ek is al klaar met hulle, en in die lig van die klein skaal, sal ek nie te veel gebruik vir hulle in die toekoms hê nie.

Daar, in die middel, is nog die Son. Dit is sonder twyfel `n groot klont, maar wat is die nut daarvan, indien sy grootte vergelyk met die werklike son soos `n korrel sand met die hele aarde? Ek sal nie in staat wees om enigiets op hom te onderskei nie. Daarom, my geliefde son, jy, ook, is van geen nut vir my nie, so vaarwel!

Ek is al klaar met die inspeksie van die unieke hemelse kunsaandenkings wat my saal tooi. Wat nou? Daar is geen skrif op die tablet nie, ek het niks meer om na te kyk oor die planete nie, die sfeer van die aarde wil ek liewer buite hê as hier binne! So, wat sal ek nou doen? Sal ek oorgaan na die Meester? Maar dit sal nog nie die regte ding vir my wees om te doen nie. Hmm, is dit nie `n ongemaklike besigheid dat `n geseënde gees aan verveling moet ly in die hemel as hy naby aan die Meester van Heerlikheid is nie? Daar is waarskynlik iets goeds daarin, maar verveling is verveling in die hemel, net soos dit is op die aarde. Op die aarde, as die ergste gebeur, kan jy jouself troos met die liewe dood, wat `n einde aan alles maak, ten minste so ver as wat die aarde betrokke is. Maar hier - ewige dank aan die Meester hiervoor - is daar geen dood nie en alles neem `n ewige karakter aan, wat jou helaas laat vrees dat so `n toestand dalk permanent kan bly. As `n resultaat, kan elke ervaring van eentonigheid die verveling `n duisend keer erger maak as op die aarde, waar alles `n einde het. Wat sal ek doen? Daar is niks sigbaar op die tablet nie. Waarskynlik is die Meester nie angstig vir my dienste nie, anders sou Hy my iets gegee het om te doen. Ag, ag, dit kan baie vervelig wees hier in die hemel! Ek wonder of ek vir ewig in hierdie hemelse kunsmuseum moet bly? O, wat `n vooruitsig!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205