Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 75

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 75 -

BISKOP MARTIN SE VERDERE OPMERKINGS BETREFFENDE DIE HELSE STAAT VAN DIE DAMES VAN DIE HEILIGE HART. BOREM SE VERDUIDELIKING

(Biskop Martin kyk stil vir `n rukkie en sê dan): "Ja, dierbare vriend, jy is reg. Ek begin besef dat die Meester se orde heel anders is as wat ek gedink het dit sal wees. Dit is net te waar wat daar geskryf is, dat die weë van die Meester onpeilbaar is! Maar terselfdertyd, dit is ook onpeilbaar waarom my onkunde so aanhou, terwyl jy met die minste geestelike steun `n wyse engel van die Meester in so `n kort tydjie geword het! Hoe dit ookal sy, ek voel dit sterk in my hart dat die Meester Jesus my enigste behoefte geword het. En hierdie gevoel maak my gelukkig en rustig. Dit is al wat ek vir alle ewigheid wil hê! Ek kan jou verseker, liewe vriend en broer, solank as wat ek die Meester het, maak niks anders saak nie. Daarom dink ek dat sedert die Meester Sy beste doen vir hierdie koppige groep en ons niks kan verander nie, is dit nie die moeite werd vir ons om aan te hou kyk na hierdie tonele nie, waarin ek tenminste niks kan sien wat aangenaam of voordelig vir die gees is nie. Die dames het weer tot lewe gekom en hardloop nou gloeiend helder om die tuin asof hulle ware helleveë of duiwels is. Maar wat se goed kan hierdie gesig my gee wat ek nie kan verstaan, of nooit sal nie? As dit van my afhang, sal ek veel eerder buite in daardie pragtige tuin gaan werk as om te kyk na hierdie vervelige tonele!"

(Borem): "Luister dierbare broer - wat reg is vir die Meester, moet ook reg wees vir ons. Want die Meester lei beide van ons ook en Hy weet die beste waarom hy ons op hierdie besondere manier lei. Daarom, hou geduldig aan om te kyk wat hier te sien is en moenie bekommerd wees oor die interpretasie nie, dit sal mettertyd na jou kom, duidelik en verstaanbaar. Hou aan om my te vertel wat jy sien en ek sal aan jou verduidelik waar dit nodig is. In die Naam van die Meester, doen nou soos ek jou aangeraai het om te doen!"

(Biskop Martin): "Natuurlik, jy is reg! Die Meester lei ons gelyktydig en dit is belangrik dat ons nougeset voldoen aan Sy wil. So ek sal gaan kyk na hierdie geestelike komedie, maar laat my praat sonder om my woorde te kies!"

(Borem): "Praat soos jy wil, dit is al wat ek kan sê. Maar pas op om te oordeel, want dit is uitsluitlik vir die Meester!"

(Biskop Martin, heeltemal tevrede, begin weer te kyk na die agterkant van die kop van een van die dames van die Heilige Hart en hy sê): "O aarde, o aarde! Dit is in alle erns `n wrede en bose toneel. Daardie dames is nou heeltemal naak en hulle vlees gloei soos erts wat smelt. Hoe meer dit gloei, hoe wilder hardloop hulle in verwarring rond. Hulle is nie regtig vet nie, hierdie vroulike salamanders, maar het `n menslike voorkoms behou. Hulle figure is nie te sleg nie, sommige het selfs baie goeie boesems, maar hulle gesigte is vreeslik verwring! Op aarde Ek het soortgelyke gesigte gesien, maar net by ape. Ag, hoe woes en verskriklik lelik lyk hulle gesigte! O aarde, kyk na die een wat naby ons staan! Ag Meester, wat `n gesig! Haar neus hang af tot byna op haar maag, haar ore lyk soos dié van `n olifant, haar mond lyk eerder soos die anus van `n ou koei en haar nek is vol swelsels Die oë, van onreëlmatige vorm, lyk soos `n hond se anus en haar hare lyk soos reptiele. Hoe vreemd - die liggaam is heel normaal, maar die kop, werklik, ek kan nie aan iets meer gruwelik dink nie! O kyk, `n ander een kom nader en sy lyk regtig vreesaanjaend! Sy het die kop van `n Boa slang, net haar lang eselore het `n ietwat versagtende effek. Daardie starende oë en die konstante gesis en met elke asem blaas sy donker bruin walms deur haar mond, oë en neusgate! Hoe walglik! Hier weer is haar liggaam heeltemal in orde, behalwe vir die gloed, kan dit goed ontwikkel genoem word. Net haar kop is so gruwelik! Om Godsnaam, wat `n onuitspreeklike lelikheid! Ag, nou hardloop hulle weer soos mal hoenders in verwarring rond. Ek wonder wat dit alles beteken?"

(Borem): "Ek kan jou sê: Niks baie ongewoon nie. Dat hulle gloei, is te danke aan hulle ywer vir hulle orde. Hul aktiwiteit in die bestuur van hierdie orde kom tot uiting deur hulle rondhardlopery. Dat hierdie dames se liggame baie normaal lyk is te danke aan hulle kuis gedagtes, maar die eienaardige voorkoms van hul koppe is alleenlik aan hul uiterste onnoselheid te danke. Wanneer hulle begrip groei, sal hulle koppe verbeter. Maar terwyl hulle vashou aan hulle dwaasheid, is daar nie veel hoop vir enige verbetering van hulle koppe nie. Nou ken jy die ooreenstemmende oorsaak van sodanige manifestasie. Maar bly kyk, want wat jy tot dusver gesien het, is net die inleiding. Die eintlike drama moet nog kom."

(Biskop Martin): "Dit sal werklik iets wees! As die werklike drama nog moet begin, is ek baie angstig om te sien hoe dit sal wees."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205