Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 40 -

DIE TWAALF KLEIN KABINETTE MET DIE BEDEKTE TOT NOG ONGESEËNDE GEESTELIKE GEREGTE.  DIE KUDDE LIEFLIKE MEISIES, DIE MOOIE MERCURIAAN, DIE PERFEKTE GEVORMDE NAAKTE VENUSIAANE. DIE BELANGRIKHEID VAN DIE MEESTER SE SEËNING.

 (Biskop Martin): "Maar nou onthou ek dat aangrensend aan hierdie saal daar nog twaalf kabinette is waarna die twaalf deure lei. En daar sal die ietwat dreigende bedekte disse wees. Hierdie kabinette moet ek inspekteer. Dus, in die Naam van die Meester, goeie geluk, want wie weet wat hierdie geheime kabinette kan openbaar! Dus, laat ek deur nommer een oopmaak. O, o, kyk net hierna - daar is my pragtige trop, goed gevorm soos altyd! Wat `n verrassing; dus, die liewe ewigheid lyk glad nie lank nie. Maar nou beteken dit ‘omkeer’! Dit is reeds bedekte skottel nommer een. Ek beter aangaan met deur nommer twee.

Daar is dit! Ek sal dit versigtig oopmaak, in die Naam van die Meester, want mens weet nooit wat dalk daaragter is nie. Hierdie deur maak nie so lig oop soos die vorige een nie, maar - dank God - ek het dit ten einde laaste oopgekry! In hierdie kas is dit donkerder as in die eerste een, so ek sal moet ingaan. O, o, o! Wat is dit? Hierdie kamer is selfs groter as die ingangsportaal. En in die agtergrond kan ek `n groot skare heeltemal naakte mense van beide geslagte onderskei. Hoe mooi is hulle, veral die vroue. Ah, een van hulle nader my. Moet ek vir haar? O ja, ek moet, want hierdie gereg is nie bedek nie. O, nee, nie `n bietjie nie! Wat `n asemrowende skoonheid! Die wit van die vel, en die goedontwikkelde figuur en buuste! Dit is oorweldigend! Die sagte afgeronde arms, die goddelike voete, en hierdie hemelse pragtige gesig met die tere glimlag! O, o, ek kan dit nie dra nie! Ek moet weg! Maar nee, ek kan nie, dit is onmoontlik, en miskien wil sy my iets vertel. Hier is sy reeds; stil - sy gaan iets sê!"

(Die vrou praat): "Jy moet die eienaar van hierdie huis wees vir wie ons al die tyd gewag het?"

(Biskop Martin): "O. Ja, maar nie - heeltemal nie! Ek het nou net hier kom woon Die eienaar is werklik die Meester Jesus, die oneindige God. Wat kan ek vir julle almal doen, en spesiaal vir jou, jou hemelse skoonheid, wat al die skoonheid van die hele oneindigheid te bowe gaan?"

(Die vrou): "Moenie my so baie prys nie, want daar anderkant is baie van my geslag wat onvergelykbaar mooier is as ek, en ek, as die minste mooi, is gestuur om jou te ontmoet sodat dit jou nie te veel verblind in die begin nie. Ons is almal menslike wesens van die planeet Mercurius, soos julle, kinders van die Almagtige, dit noem. Omdat dit jou huis is, is dit aan jou oorgelaat om ons hier te hou dat ons jou kan dien of om ons weg te stuur. Maar ons almal smeek jou, - ontferm jou oor ons."

(Biskop Martin): "Ag, asseblief, jou hemelse, verhewe en soetste skoonheid - as daar baie duisende van julle was, sal ek nie daaraan dink om julle te laat gaan nie. Kom na my toe, jou mooiste van alle Mercuriaane, en laat my jou omhels. O liefste, jy word nog mooier elke oomblik, veral wanneer jy so bekorend vir my glimlag."

(Die vrou): "Jy is die meester, en ek kan net jou slaaf wees vir ewig! Dus, ek moet doen soos jy wens, want jou wil moet heilig wees vir ons almal."

(Biskop Martin): "Maar my hemelse skoonheid, wat is al hierdie praat oor slawe? Van nou af sal jy `n koningin van my hart wees! Kom, o kom, jy soetste skoonheid! O God, hierdie genot neem werklik my asem weg!"

Biskop Martin wou net die pragtige Mercuriaan omhels, toe Ek self hom op die skouer tik en sê: "Wag, My liewe seun Martin, hierdie is ook `n bedekte gereg! Eers nadat Ek haar geseën het vir jou, kan jy haar omhels - as jy dan nog so voel! Ek stel voor `n ‘omkeer’ hier ook!"

(Biskop Martin): "O, U my geliefde Meester Jesus, ek het U voorwaar lief, soveel as wat enigiemand U kan liefhê, maar ek moet U eerlik sê dat in hierdie geval, sou ek verkies het dat U `n paar oomblikke later moes aankom!"

(Ek sê): "Hiervan is Ek baie bewus, en Ek het al voorspel dat jy baie gou so sal voel, alhoewel op daardie oomblik wou jy nie ten alle koste van My geskei wees nie. Maar Ek verlaat hom nooit wat my in sy hart geneem het nie. Daarom, volg My vinnig uit hierdie kamer, dan, wanneer die tyd reg is, sal die rede hiervoor aan jou geopenbaar word. En jy, vrou, onttrek weer! "Die vrou doen soos gesê, en biskop Martin volg my met `n ietwat lang gesig, maar nie onwillig nie, na deur nommer drie.

Toe ons by hierdie deur kom, maak die deur self oop. Biskop Martin kyk binne, vol nuuskierigheid, en is verstom toe hy `n heel nuwe wêreld van heerlikheid sien, met inbegrip van `n skare van geseënde geeste in die mees volmaakte menslike vorm. Hul skoonheid het `n byna verbluffende uitwerking op ons biskop.

(Eers na `n rukkie, roep Biskop Martin uit): "O, Meester, U glorieryke Skepper en Meester van alle dinge, alle wesens - mense en die engele - dit is asemrowend, te wonderlike vir menslike begrip! Wat beteken dit? Wie is hierdie wesens? Is hulle engele of geseënde menslike geeste? Hoewel hulle ook naak is, is hulle sonnige wit vel, hul statuur van volmaakte harmonie, `n soort glans omring hulle, wat die mooiste klere duisendvoudig vervang. Ek kan onmoontlik nie `n mooier en meer verhewe vorm vir my voorstel nie. O, Heer, geen roem of eer kan U tot reg kom nie! U is heilig, heilig, hemel en aarde is vol van U wonders! Heilig is U in alle ewigheid! Ek smeek U, laat ons gaan, want ek kan hierdie pragtige gesig nie langer dra nie. Vertel my net een ding indien U wil: Watse wesens is hierdie?"

(Ek sê): "Dit is menslike wesens van die planeet wat jy noem Venus. Hulle is bedoel om julle te dien, my kinders, waar en wanneer julle hul dienste nodig het, dit is hul grootste saligheid. Dus, hoe meer dikwels en hoe wyser jy gebruik maak van hulle, hoe gelukkiger sal hulle wees. Maar dit is nie die enigste wat wag op jou bevele nie. Daar is nog talle ander van ander planete. Maar jy moet leer hoe om hul dienste in alle wysheid te gebruik. Dit is alles wat jy voorlopig moet weet; verdere besonderhede sal later volg. Dit gee jou `n idee van wat Paulus bedoel het, toe hy gesê het: "Geen oë het gesien, of geen oor het gehoor, of in geen hart van `n mens het die dinge opgekom wat God berei het vir hulle wat Hom liefhet nie!' Terwyl jy nog op die aarde was, het jy geen idee gehad waarom die sterre so `n groot aantrekkingskrag vir jou gehad het nie. Maar nou sien jy voor jou die magneet wat jou so dikwels met magiese krag aangetrek het en dikwels `n sug van "O, hoe mooi!" uit jou toe dorre siel laat kom het. Kyk, dit is reeds `n soort van diens deur hierdie wesens, as deur middel van hul sterk en onwankelbare wil hulle soms ontvanklike gemoedere van die mense beïnvloed, en hulle na die sterre laat draai. Dit het hulle ook vir jou gedoen, voordat jy dit geweet het. En nou sal hulle dit in `n nog groter mate doen, aangesien hulle jou gesien het, soos jy hulle gesien het, alhoewel nog nie te duidelik nie. Maar laat ons nou voortgaan na deur nommer vier, waar jy iets anders sal sien, en selfs meer glorieryk. Laat dit so wees!"

(Biskop Martin): "Maar Meester, hoekom is hierdie pragtige wesens nie toegelaat om ons te nader nie, en hoekom moet hulle eers deur U geseën word?"

(Ek sê): "My liewe seun Martin, het jy nooit op die aarde opgemerk, wanneer jy vir `n wandeling langs die oewer van `n rivier gaan, dat daar mense is wat presies dieselfde aan die oorkant doen? Sal dit vir jou moontlik gewees het as jy so gevoel het, om na hulle toe oor te gaan sonder `n brug of `n boot? Jy sê, nee! Maar kyk, in hierdie wêreld dien My seën dieselfde doel as `n brug of skip op die aarde. Nóg op aarde, ook nie hier in die hemel kan jy iets doen sonder MY nie! My seën is My Almagtige wil, My ewige woord: ‘Laat daar wees!’ - waardeur alles wat bestaan geskep was. Daarom moet dit ook `n brug skep vir al hierdie wesens om jou in staat te stel om na hulle en hulle na jou te kom, sonder enige skade. En alles het sy regte tyd, wat Ek alleen bepaal, of hy aan wie Ek dit openbaar."

(Biskop Martin): "Maar hoe was dit moontlik vir die pragtige Mercuriaan om so naby aan my te kom dat ek haar sou omhels het, as U my nie gekeer het nie, selfs al was dit `n bedekte dis, sy was nog nie geseën deur U nie? Wat was dit wat haar gedien het as `n brug? Of was dit ook net `n illusie?"

(Ek sê): "My liewe seun Martin, wees tevrede om te weet wat ek aan jou openbaar, want dit was ongeduld wat Adam se val veroorsaak het, en voor hom die eerste geskape en die hoogste engelgeeste! Dus, as jy volmaakte saligheid wil bereik, moet jy my leiding heeltemal volg, sonder oorskryding van die grense wat My liefde en wysheid vir jou gestel het. Wanneer die regte tyd kom, sal jy dit alles verstaan. Hierdie belofte moet volstaan met jou, of dalk vind jy jouself op `n ander see wat jou meer moeite sal veroorsaak as die vorige een! Want voordat jy nie `n hemelse bruilofskleed aan het nie, is jy nog nie `n ware burger van die hemel nie, net `n arm sondaar wat ingeneem is uit genade en wat `n ware burger van die hemel kan word deur sekere paaie te volg. Daarom, hou op vrae vra en volg My na die vierde deur. Laat dit so wees!"

Biskop Martin klap sy eie gesig en betreur sy haastige vraag en volg My

(Maar Ek troos hom en sê): "Moenie bang wees nie! Want elke woord wat Ek tot jou spreek, beteken die ewige lewe vir jou, nie jou oordeel nie! En nou is ons by deur nommer vier, wat self oopmaak."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205