|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 153
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
(In antwoord op my woorde, trek die drie onmiddellik hulle klere uit en sê): "Mees Verhewe Een, as dit so is, moet hierdie klere nie ons liggame bedek nie, want hulle verberg die waarheid en help om ons harte en ons liefde te bedek wat nie reg is nie."
(Soos hulle daar staan, byna naak, met slegs lendeklede, hul skoonheid weer oënskynlik volledig, val al die ander vroue teenwoordig huilend op die grond): "O wee, ons lelikste van wesens!"
(Martin is uiters gefrustreerd deur die gedrag van die vroue en sê in `n groot, streng stem): "Daar is ons weer! Daar lê hulle op die grond soos uitgeputte paddas! Op hierdie manier is die hemel, behalwe vir die wonders en heerlikheid van dinge, nie beter as die aarde met sy sterflike wesens nie. Daar is verganklikheid die oorsaak dat mense bekommerd is oor hulle lewens en maak hulle baie dom. As gevolg daarvan distansieer hulle hulleself soveel van die ware lewe dat hulle op die einde nie meer weet wat hulle lewe beteken nie en of hulle nog leef nie! Die minste van alles weet hulle nie of hulle, bewus van hulleself, na hulle fisiese dood sal lewe nie. Hier in die hemel het hierdie bekommernis oor die verganklikheid opgehou om te bestaan, maar `n duisend ander ellendes het hul plek geneem, wat lyk asof dit die eersgenoemde by verre oortref. Om te dink aan al die angs wat hierdie vroulike wesens my al veroorsaak het! Sodra jy dink, "prys die Meester, nou sal alles reg wees!", tref `n paar nuwe probleme jou soos `n flits van die weerlig! O, julle verwaande nonnies, julle skuim van die mensdom, dink julle regtig dat die Meester julle geskep het vir ydelheid, of as `n versiering vir die hemel? Dink julle, julle het die reg om byna ondraaglike laste vir ons manlike wesens te wees deur julle groot domheid? Staan op en maak seker dat julle in die toekoms met meer wysheid optree, of ons sal julle aan julle eie sorg oorlaat, dan kan julle heeltemal in julle groot dwaasheid leef. Omdat hierdie sonmeisies so baie wyser en mooier as julle is, gee julle nonnies uiting aan julle geheime wrok deur op die grond te val, soos opgestopte melkmeisies en skree deur julle ondraaglike ydelheid, "O wee, ons lelikste wesens!" Julle dwase! Verwag julle dat julle dalk uit julle domheid mooier sal word as die dogters van wysheid, wat van so `n hoë standaard is, dat selfs ons manlike geeste dit bewonder? Ek kan julle verseker dat dit `n baie lang tyd sal neem vir julle om dit te bereik! As julle dwaasheid bly vorder teen dieselfde tempo as nou, sal julle waarskynlik nog minder mooi word as die gaste wat ek aan kettings na my huis gesleep het saam met broer Borem. So, as julle by ons wil bly, staan onmiddellik op!" Na hierdie woorde van Martin, staan al die vroue op en draai na My met die versoek dat ek hom bestraf omdat hy hulle gevoelens seergemaak het.
(Ek sê): "Julle het self `n mond en tong, hoekom sê julle nie self vir hom waarvan julle nie hou nie? Martin het My geen onreg aangedoen nie en dit was reg van hom om julle met `n afranseling te wek."
(Die vroue): "Dus is U, ons Meester en ons alles, ook teen ons! Waar kan ons dan genade vind?"
(Ek sê): "Dit is te vinde in ware nederigheid, gehoorsaamheid en in die regte liefde vir My. Daarom, volg Martin se raad en alles sal goed wees. Maak vriende met hierdie drie en hê hulle lief, dan sal hul skoonheid julle nie langer ontstel nie." Na hierdie woorde begin die vroue onmiddellik ontspan. Sommige is reeds in staat om die sonmeisies se skoonheid te verdra en benader hulle sonder veel huiwering.
|
|
|
|
|