|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 201
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
(Johannes): "Luister, jy sê dat jy die aarde walglik vind soos mislike aas. Dit is baie merkwaardig, want dit is niemand behalwe jy wat met jou groot wysheid en uitstaande vaardigheid, die aarde gemaak het tot wat dit nou is nie. Hoe kan jy dan die meesterstuk van jou eie wysheid so mislik vind? Danksy die Meester se genade het ek ook baie dinge in bestaan geroep, maar ek het nog nooit enige rede gehad om my te skaam vir daardie werke nie, wat nog dit walglik vind. Dieselfde geld vir my baie hemelse broers en susters, maar nie een van ons het nog ooit gespog met hoogste goddelike wysheid en krag soos jy nie. Die enigste ding wat ons ooit loof is die Meester se genade. Al ons werke is aangenaam voor Hom en pragtig in elke aspek en ons het alle rede om ons daarin te verbly. Maar hoe is dit moontlik dat jou uiters wyse skeppings walglik vir jou is?"
(Satan): "Is die aarde my werk? Is dit nie geskryf: "In die begin het God die hemel en die aarde geskape nie"? Hoe dan, kan die aarde my werk wees?"
(Johannes): "Wel, wel, hoe bly jy jou stellings verander! Jy het herhaaldelik beweer, nie net om die ware skepper van die aarde en die hele oneindigheid te wees nie, maar van alles wat eintlik jy is, jou substansie. So kan ek goed onthou gedurende daardie groot tyd van die tye, toe jy die durf gehad het om die Meester, jou God en Skepper, te lei na die kruin van `n hoë berg en vir Hom te sê: "Kyk, dit is alles myne! Ek sal aan jou al die koninkryke van die wêreld gee as jy sal neerval en my aanbid" As jy op daardie oomblik die aarde joune genoem het, hoe kan dit nou die Meester s’n wees. Vertel my, wanneer het jy gelieg, toe of nou?"
(Satan): "Ek smeek jou om my nie so erg te beskaam nie. Ek erken dat ek gelieg het, toe sowel as nou, in `n sekere mate, maar net omdat dit `n deel van my aard is. Ek erken ook dat dit grotendeels my skuld is dat die aarde nou so afstootlik is. Maar verskoon my nou hierdie verwyte en laat die saak daar. In die toekoms sal jy nooit weer rede hê om kwaad te wees vir my, arme duiwel nie."
(Johannes): "Wat se waarborg kan jy gee dat ons jou kan glo?"
(Satan): "Jy weet dat van ouds is dit altyd beweer dat daar geen waarheid in my is nie. Indien wel, wat kan dien as `n waarborg vir jou? Jou wil sal my strafgerig wees as ek teruggaan op my woord. Dit is die enigste waarborg wat ek kan gee."
(Johannes): "Nie myne nie, maar die Meester se wil sal jou oordeel wees, so bly hier soos versoek."
(Nou roep Johannes almal wat teenwoordig is en sê vir hulle): "Broers, julle weet dat `n verbond tussen twee partye, van wie een eerlik is, maar die ander verdag van oneerlikheid, vereis getuies, sodat die verbond gewettig kan word. Julle het alles wat hier plaasgevind het, gehoor en gesien en julle weet vir watter doel. Die Meester het julle hiernatoe gestuur as getuies, net soos wat Martin en ek moes kom, ter wille van die Woord en versoening, sowel as om getuie te wees. Daarom sal almal van julle vir ewig `n lewende getuie bly van wat julle hier gesien en gehoor het. En julle getuienis sal waar wees vir ewig voor die Meester en al sy hemele en sy kinders."
(Die getuies eenstemmig): "Ja, so seker as wat ons lewens uit God is!"
(Johannes aan die Satan): "Ons verbond is nou bekragtig en goedgekeur deur ewig ware getuies. Hou dus jou belofte. Maar Wee jou, drie keer wee, as jy nie jou belofte hou nie, soos jy op al die vorige geleenthede gewys het!"
(Satan): "Waarom al die ophef? Wys my `n plek aan waar ek kan bly en ek kan jou verseker dat as jy na `n desiljoen sonjare terugkom, jy my presies sal vind waar jy my verlaat het."
(Johannes): "Goed, laat dit so wees! Daar oorkant, tussen die twee berge, kan jy `n stuk groen gras sien. Gaan daarheen en rus in die Naam van die Meester Jesus Christus, die Gesalfde van die ewigheid!" Met die Naam van Jesus, hardloop Satan met weerligspoed en vestig hom met `n groot geskreeu op die aangeduide plek. En al die gesante keer huiswaarts.
|
|
|
|
|