Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 171 -

DIE MENSE VAN DIE SONGEMEENSKAP VERGADER. MARTIN SE AANSTELLING AS PREDIKER EN SY ONWILLIGHEID. THE PRAGTIGE SANG EN DIE UITWERKING DAARVAN OP MARTIN.

Op die wyse se versoek, gaan boodskappers haastig in alle rigtings om duisende byeen te roep om die prediking van `n nuwe onderrig vir die eerste keer in hulle wêreld te hoor. Met weerligspoed gaan die boodskappers gou deur al die afdelings van die groot gemeenskap en soos hoë winde wolke voor hulle aanwaai, kom hulle terug met die inwoners wat na die woning geroep is, waar Uron op spesiale geleenthede die bewoners van die hoogtes nuwe weë van die wysheid verkondig. Toe hulle die roep hoor, kom die lede van die gemeenskap nou na die bepaalde woning. Daar is `n sang en geruis in die lug asof van die vlerke van arende, want almal is baie angstig om na die plek te gaan waar goddelike dinge op hulle wag.

(Martin wat die geluid in die lug hoor, wat naby die huis tot so `n mate versterk word, dat dit soos `n donderslag klink, vra my): "Meester, Vader, wat is die geraas wat elke oomblik harder word?"

(Ek sê): "Weet jy nie dat die aantrekkingskrag die sterkste is by die magneet nie? Die lawaai word gemaak deur die vinnige naderkom van die mense van hierdie groot aarde, in afwagting van wat hulle hier sal vind. Hulle is al rondom die huis. Jy kan deur die vier deure sien wat `n groot skare bymekaar kom. Hulle kom almal om die woorde van die Meester oor lewe en dood te hoor. Hier sal ons werk `n bietjie strawwer wees as tot nou toe. Maar wees nie bekommerd daaroor nie. Die taak mag ontsaglik wees, maar die krag en mag wat ons besit, is meer as voldoende om dit te doen, of dink jy ons krag is nie genoeg nie, te oordeel aan die manier waarop jy bekommerd na die aankomende skare kyk?"

(Martin): "O, Meester, om dit te dink sou dom wees van my. Ek wonder net hoe hierdie skare in staat sal wees om ons te hoor! Alhoewel hierdie huis baie groot is, sal dit onmoontlik almal kan akkommodeer, want ek kan `n digte skare vir myle om hierdie woonhuis sien. As ons buitentoe gaan, sal net die naastes ons kan hoor, terwyl die ander nie eens in staat sal wees om ons te sien nie. Wat `n ontsaglike taak sal dit wees om hierdie verskriklike menigte te leer!"

(Ek sê): "Jy het die verkeerde idee, My liewe Martin. Hier word dinge op `n ander manier gedoen. Ons sal slegs met die praat wat naby is, in hierdie geval, veral met Uron. En hy sal dan, `n oomblik later dit wat ons sê, aanstuur deur spesiale tekens, soos deur `n telegraaf, Maar eerste sal dit jou beurt wees. Jy sal begin om te preek en daarna sal Petrus en Johannes en ten slotte Ek self praat. Maar ek waarsku jou, ruk jouself reg, daar sal `n geweldige storm wees, maak dus seker dat jy nie onderbreek word nie. Nou moet jy `n rukkie wag en dan, wanneer Ek jou die teken gee, begin preek. Laat dit so wees!"

(Martin by homself): "Ja, Meester, dit is maklik vir U om te sê, "Laat dit so wees!" Maar ek? Dit is iets heel anders! Ek is nou veronderstel om vir die miljoene wat ten minste net so wys soos ek is, indien nie wyser nie, te preek! En dit in die teenwoordigheid van die Meester en van Petrus en die ongelooflik wyse Johannes! Wat `n taak! En dit alles tydens `n donderstorm! Ek sal een flater na die ander maak en deeglik gespot word! O wee! Ek het al `n aantal toesprake in die teenwoordigheid van die Meester gelewer, sowel as voor Petrus en Johannes, sommige dom, sommige `n bietjie wyser. Maar dan het die gehoor nie bestaan uit miljoene of selfs triljoene nie, almal van hulle wyser as ek. Hier met die skare lyk dinge heel anders. Die hele huis staan vol, sodat `n mens skaars die manne van die vroue kan onderskei. Duisende onvoorstelbaar mooie wesens wat na my kyk met hul groot, vurige oë, vol hoë opgewondenheid en so ver het ek nie die vaagste benul wat ek moet sê nie! O, hulle sal verbaas wees oor my wysheid, dit is verseker! As die Meester my nou in die steek laat en nie elke enkele woord in my mond sit nie, sal dit `n erger dilemma as ooit tevore wees. Ek bly kyk vir Sy teken, maar tot nou toe, dank Hom, het dit nog nie gekom nie. Ek wens dit kom nooit nie. Maar daar is geen hoop daarvoor nie. Die Meester kyk al asof Hy wil sê, "Martin, wees gereed!" Maar wat is dit? Ek hoor iets soos ver harmonieë, dit is sang, heerlike sang. Dit klink soos orrelmusiek met die suiwerste singende stemme. O, hoe heerlik, hoe hemels! Suiwer hemelse musiek, dit verlustig en bou die siel nie net op die aarde nie, maar hier in die hemel word die salige geeste ook verfris. Meer en meer kragtige akkoorde word afgewissel met goddelike note. Wat `n majesteit lê nie in die klank nie! Watse harmonie en suiwerheid van klank, o Meester! Hierdie musiek is meer heerlik as enigiets anders in hierdie wêreld! Dit het `n deeglike lewendmakende krag op my. En ek voel dat ek in staat sal wees om te preek as die tyd kom. Die musiek is werklik die heerlikste lofsang wat `n gees soos ek nog ooit gehoor het. Hoe heerlik, o Meester, ek dank U vir hierdie genot. Sonder twyfel is die lied vir U alleen bedoel, maar dit het my baie gelukkig gemaak en my baie moed gegee. U het inderdaad talle metodes om die beskeie gedagte te versterk en moed te gee vir die kleinmoediges. Ek sal nou oor U preek soos `n ware prediker en aan hulle U verborge grootheid, liefde, mag, krag en heiligheid openbaar. Laat U Heilige Naam vir ewig geprys word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205