Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 109 -

CHANCHAH SE BASIESE VRAAG EN DIE MEESTER SE BAIE KRITIESE TEENVRAAG. STORIE VAN DIE OGGEND- EN AANDBLOMME.

Tydens my onderrig van hierdie liewe Sjinees, het Martin se gesig verhelder en in sy hart spreek hy sy opregte dank aan My uit.

(Maar Chanchah sê): "Goddelike vriend van my hart en my lewe, jy is reg met elke woord wat jy sê en steeds kan Chanchah nie help om soos `n nuuskierige kind te wees nie. Maar jou arme Chanchah sal haar hart van nou af in toom hou en soos `n blom word wat ontvou in die lig en die warmte van Lama se son en gevoed deur Lama se oggenddou en haar geleidelik vul met die ryk sade van die lewe. O, die groot, heilige Lama moet onbegrens goed, wys en magtig wees, te oordeel aan alle dinge wat Hy so wonderlik gemaak het. O, as ek tog net die onskatbare geluk toegestaan kan word om Hom net een keer op `n afstand te sien, net vir `n paar oomblikke! Vertel my, glorieryke een, sal ek ooit waardig gevind word vir sulke geluk? As ek Hom net eenkeer kon sien, maak nie saak wanneer nie, sal ek vir altyd tevrede wees en sal graag doen wat van my gevra word. Maar, gee my hoop vir hierdie een ding."

(Ek sê). "My beminde kleintjie, Ek kan sien dat Lama die eerste plek in jou hart het, wat, uiteraard, baie goed is. Maar, jy bly My vertel en so ook jou oë, dat jy My ook mateloos liefhet. Nou wil ek graag van jou hoor watter een jy meer liefhet, My of jou Lama. Vra jou hart daaroor en vertel my dan." Hier word Chanchah baie verleë en kyk af, terwyl haar hart meer en meer ontwaak in haar liefde vir My, waarvan sy maar al te bewus is. Daarom kan sy, wat gewoonlik `n vinnige tong het, nou geen antwoord kry nie. Na `n ruk vra ek haar weer om My te vertel en sy sê, nogal redelik ongemaklik:

(Chanchah): "O, appel van my oog, altaar van my hart, toe ek nog op aarde met my moeder geleef het as `n meisie van sowat dertien jaar oud, het ek my moeder gevra wat `n mens moet doen om die heilige Lama bo alles lief te hê. Toe het my wyse moeder gesê: "Luister, liefste dogter, plant twee blomme van dieselfde soort in die tuin, die een aan die oggend se kant en wy dit aan Lama en die ander een aan die aand se kant en dra dit op aan die mensdom. Versorg albei dieselfde en kyk hoe hulle groei en ontwikkel. As die aandblom beter floreer as die oggendblom, sal dit bewys dat jy die wêreld liewer het as die heilige Lama. As dit andersom is, dan is jou liefde vir Lama groter as die vir die mensdom." Ek het my ma se raad onverwyld gevolg, maar was bang dat die Lama se blom kan agterbly en dit in die geheim baie meer aandag gegee as die ander een. Maar, nieteenstaande al my sorg, het Lama se blom agtergeraak. Ek het my ma alles vertel en sy het my vertroos en gesê: 'Kyk, my liewe kind, hiermee wil Lama net vir jou daarop wys dat jy Hom Wie in `n ontoeganklike lig woon, slegs kan liefhê deur jou medemens soos jouself lief te hê. Want hy wat hulle wie hy kan sien, nie liefhet nie, hoe kan hy die Lama wie hy nie kan sien nie, liefhê?" Van toe af het ek die aandblom meer dikwels natgegooi as die oggendblom en kyk, laasgenoemde het begin te floreer, veel meer as die aandblom. En hier is ek besig met presies dieselfde ding. Jy is my aandblom en my hart vir lama is die oggendblom. Ek versorg jou na die beste van my vermoë en sien in jou die mees volmaakte gees van die mens en my hart floreer met al sy krag, maar ongelukkig nie met Lama nie, maar saam met jou, ja, met jou! Jy het `n ware Lama van my hart geword! En die groot Lama sal met verloop van tyd die beste weet wat Hy gaan sê hieroor. Ek moet ook erken dat my gewoonlik mees sensitiewe gewete my nie verwyt hieroor nie. Wat sê jy hiervan, glorieryke een?"

(Ek sê): "My beminde Chanchah, jy het my vir `n rukkie laat wag vir `n antwoord wat my hart kan verbly. Daarom sal Ek jou `n bietjie langer laat wag vir `n goeie en behoorlike antwoord. Maar dit sal nie te lank wees nie en jy kan uitsien na `n pragtige antwoord!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205