Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 128 -

BY DIE TOE DEUR NA DIE SON. LIG IN VERHOUDING TOT AKTIWITEIT. WENKE VIR GEDRAG IN DIE GEBIED VAN WYSHEID.

Die hele party volg My nou na die plek waar Biskop Martin, Borem, Chorel en die vroue vir My wag om die deur van lig oop te maak. Daar is nou omtrent drieduisend gaste daar, maar omdat die deur baie breed is, sal die gaste genoeg ruimte hê om die gebied van die son onbelemmerd binne te gaan en die wonders van liefde en lig te aanskou. By die deur vra Martin My onmiddellik waarom hierdie deur gesluit is, terwyl al die ander deure nou oop is.

(Maar Ek sê vir hom): "Vriend, broer, het jy op die aarde nog nooit gehoor of gelees oor die verskillende geboortes van mense en diere nie? Elke wese wat reeds in die moederskoot is, besit reeds al sy sintuie, behalwe vir die sig. Dit kan voel, smaak, ruik en selfs hoor, maar sy oë gaan slegs oop na sy geboorte. So ook met die geestelike wedergeboorte, die deur na die lig, of die geestelike oë, is die laaste een om oopgemaak te word, want hy wat wil sien, moet goed voorberei wees daarvoor. As iemand sy huis in die nag wil verlig, moet hy vooraf die nodige voorbereidings maak. Moet hy nie `n lamp gevul met olie en `n goedwerkende aansteker hê nie? Selfs dan verg dit `n optrede van sy kant en `n tydjie sal verloop voordat die doel van sy optrede, die lig, bereik is. En slegs nadat dit lig is, kan hy ander nuttige dinge in die lig doen, wat daarvoor onmoontlik sou gewees het. Gesien hierdie, sal julle maklik verstaan waarom al die ander deure oop is in hierdie huis en net die sondeur tot dusver gesluit was vir hierdie gaste. Ek kan sien dat julle My nou wil vra hoekom, as dit die geval is, die deur al verskeie kere vir julle oop was en waarom dit nie nou die geval is nie. My antwoord hierop is in die eerste plek, dat julle nie meer behoort aan die vlak van die gaste wat nog nie hul wedergeboorte bereik het nie en ten tweede, wat betref die ander deure wat julle ingegaan het na die sondeur: Elke gees na sy wedergeboorte wil aktief word in die lig, of in sy verligting en begrip. Julle sou nie dink dat na ontvangs van die lig, `n permanente staat van salige niksdoen intree nie. O, nee, inteendeel, die regte aktiwiteit begin slegs in die lig. Voor die ontvangs van die lig, word elke aksie daarop gemik om hierdie doel te bereik, maar wanneer verligting behaal is, is die tempel oop vir die son, slegs dan sal die groot aktiwiteit van die wedergebore gees begin. Of het julle al ooit op die aarde gesien dat amptelike posisies aan skoolseuns gegee word? Natuurlik nie! `n Leerling moet vir `n lang ruk ywerig studeer om die nodige kennis te verkry en slegs dan kan hy `n posisie gegee word wat in ooreenstemming is met sy vermoë. En na die voltooiing van sy wetenskaplike studies en die bereiking van werklike verligting, is dit nie moontlik dat hy gemaklik gaan lê en slaap in plaas van te werk in die lig van sy nuwe kennis nie. Dan sal hy werklik begin om goed te werk, want die werk wat hy tydens sy studies gedoen het, was slegs die middel om die duisternis van sy verstand te verlig. En kyk, dit is nog `n goeie rede hoekom daar verdere deure na die sondeur is, veral dié wat lei na die oneindige heelal. Het julle nog enige vrae?" 

(Martin): "Ag, Meester, U sien deur My hart soos wat U deur `n druppel water sou kyk. Daar het nou geen ander emosie in my oorgebly nie as net `n brandende liefde vir U, U grenslose vriendelike en heilige Vader! U weet dat ek `n aktiwiteit binne die grense van my krag verwelkom en sekerlik sal `n hoër mate van verligting tot groot voordeel vir my wees. U weet dat ek nooit te kort gekom het aan wilskrag om goeie werke te doen nie, maar ongelukkig het ek meeste van die tyd nie oor die nodige lig of wysheid beskik nie! In die lig hiervan, is ek daarvan oortuig dat die volle heropening van die tempel, veral vir my, voordelig sal wees, hoewel vir myself sien ek die Son van alle sonne en die Lig van alle ligte in alle volheid in U en kan vir ewig doen sonder enige ander lig!"

(Ek sê): "Hierdie woorde, My liewe broer Martin, verkies Ek aansienlik bo jou vorige vrae. Dit is waar dat Ek die Son van al die sonne en die Lig van alle ligte is. Hy wat My het, loop en tree op in die helderste dag! Maar aangesien elke mens uit My `n individu en `n vrye wese is, het hy ook sy eie lig wat in hom moet skyn, net so helder en vry soos die son in die uitgestrekte gebied van sy planete, so vrylik soos wat `n mens se oë blink en nuwe gedagtes opkom uit sy hart. Vanuit hierdie gedagtes ontstaan vrye idees en die kennis van hul aard en uiteindelik, die groot kennis van My Goddelike Wese, My Liefde en Wysheid. Daarom sal hierdie deur nou vir hierdie gaste oopgemaak word, sodat hulle hulself kan leer ken en slegs dan vir My in alle waarheid! En nou is dit tyd om hierdie deur oop te maak."

(Martin): "Ag, Meester, mees heilige Vader, gee my die versekering dat wanneer die gaste U ten volle herken, U ons nie weer sal verlaat en U vir ons verberg en wegbly nie, ondanks ons soeke en geroep. Liefste vader, moet dit nooit aan ons doen nie!"

(Ek sê): "My geliefde seun, dit moet die minste van jou probleme wees, ooit! Want waar die kinders is, daar is ook die Vader en waar die Vader is, daar is Sy kinders. Maar jy weet hoe groot My familie is en hoe baie die getalle van My skape. Uiteindelik sal ons hulle almal saambring in een huis, sodat dit een kudde, een herder sal wees. Maar daar is nog baie werk te doen, ten einde hierdie doel te bereik. Let wel: Daar is nou baie oesters op die aarde aan diens en `n groot sifting gaan plaasvind. Ek sal baie vlees vereis en baie bloed sal vergiet word om alle hoerery uit te roei. Ek het getuies op aarde laat opstaan en alles wat Ek vir julle hier sê en wat Ek al vertel het en alles wat Ek nog vir julle gaan sê word gelyktydig op die aarde neergeskryf en openbaar aan die vlees. Dus, moenie bekommerd wees dat Ek julle op enige wyse na die opening van die deur sal verlaat nie, maar weet dat Ek nou met julle sal bly, onveranderd, vir ewig! 

Daar is een ding, My geliefde Martin, hierdie keer gaan ons baie dieper tree in die gebied van die son in, veel dieper as die eerste keer. Jy sal ontmoet word deur vroulike wesens van ondenkbare skoonheid en grasie, wat jou met die grootste liefde en sagtheid sal benader en so sal die manne. Jy moet hulle behandel met ware hemelse erns en wanneer jy praat, sê min en praat verstandig. Dit is die beste manier vir jou om hulle te wen. Jy moet jou liefde vir hulle geheim hou, sodat hulle dit nie agterkom nie. Dan sal jy veilig onder hulle wandel. In hierdie groot wêreld van die lig, kom wysheid eerste en binne-in is die liefde bedek, net soos wat die hitte weggesteek is in die sonlig, onsigbaar en openbaar sy bestaan slegs in sy veelvuldige produktiewe uitwerking. Daarom moet jy in die son skyn, soos jy My sal sien skyn en as jy hierdie reël pligsgetrou nakom, sal jou eerste groot ekspedisie jou baie saligheid gee. En nou gaan en maak die deur oop in My Naam! Laat dit so wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205