Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 110 -

VOORBEREIDING VIR 'N HEMELSE FEES. MARTIN SE EERSTE REIS MET DIE HEMELSE POS.

(Intussen, draai Ek na Martin en Borem en sê saggies vir hulle): "Vriende en broeders, nou het julle genoeg helpers. Gaan en plaas die groot tafel in die middel van die saal en dek dit oorvloedig met brood en wyn. Pluk ook die ryp vrugte van hierdie vyeboom en sit dit op die tafel saam met die brood en wyn. Nadat Ek nog `n paar woorde met My lieftallige Chanchah gepraat het, sal ons `n goeie, versterkende maaltyd saam geniet. Gaan en voer My wil en wens uit!" Die twee bedank My in hul harte vir hierdie opdrag en gaan om dit onverwyld uit te voer.

Martin roep die nou-gereinigde lede van die verskillende ordes, insluitende die susters en gee hulle die taak om die brood en wyn te kry. Hy stuur die dames van die Heilige Hart om die vye te bring, nadat die groot tafel, wat tot stand gekom het sonder die hulp van `n skrynwerker, in die korrekte posisie geplaas is. Die honderd Sjinese hou hierdie aktiwiteit aandagtig dop en weet nog nie wat gaan gebeur nie. Hulle is baie verbaas om die groot tafel te sien, waarvan daar `n rukkie gelede geen spoor was nie. Hulle het reeds gewoond geraak aan die vyeboom, wat so skielik tot bestaan geroep is, want hulle het dit vir `n geruime tyd bekyk. Die talle aardse ouers ook, veral dié van die Dames van die Heilige Hart, is verbaas oor die skielike aktiwiteit in die saal en kyk met besorgdheid daarna, nie wetende wat dit alles beteken nie. Die groot skare rondom die tafel maak dat hulle nie al die brood, wyn en vye wat daarop geplaas word, kan sien nie. Toe die tafel gedek is, keer al die helpers terug na hul gemaklike sitplekke en Martin en Borem, vergesel deur die Dame van die Heilige Hart, wat as `n padda, haarself eerste in die see gegooi het, figuurlik, kom terug na My om My te vertel dat alles gereed is.

(Maar Ek sê vir hulle): "Dit is alles reg. Maar gaan eers na buite na die tuinheining om te sien of daar nie iemand anders is wat dalk wil deelneem aan hierdie maaltyd nie. En jy, Gella (die Dame van die Heilige Hart ), bly hier by My en luister na die wonderlike dinge wat ek nou aan my liefste Chanchah gaan vertel. Laat dit so wees, my broers!" Die twee gaan onmiddellik na buite en is nie `n bietjie verbaas om die tuin in `n toestand van groot hemelse oorvloed en enorme uitbreiding te vind nie.

(Biskop Martin): "Ag, watter afstande wat ons moet loop, broer, om langs al die heinings van hierdie uitgestrekte tuin te kyk! Dit moet sekerlik groter wees as die grootste koninkryk op aarde. O, Meester, hoe eindeloos en ondeurgrondelike is dit! Dit sou slegs moontlik wees in die hemel! O, kyk na die ooste, kyk daardie laan met die mooiste bome! En kan jy sy einde sien, broer? Ek kan nie, ek kan ook geen spoor van `n heining sien nie. Nee, broer Borem, ons het nie `n kans om enige heining te bereik as ons op die gewone manier loop nie. En om rondom die hele omheining te loop sou werklik `n taak wees! Maar nietemin, om die Meester se wil uit te voer, is ten alle tye die grootste vreugde en daarom sien ek uit na `n reis om hierdie tuin. Ons sal selfs `n bietjie bergklim, want na die suide kan ek berge van aansienlike hoogte sien. En, o aarde, kyk net na die weste en noorde. Daar is bergreekse wat mens nie eens op die aarde kon voorstel nie! Daardie pragtige pieke, is hulle ook in ons tuin, broer?" 

(Borem): "Natuurlik, want hierdie tuin bly uitbrei, net soos ons liefde vir die Meester en ons broers en susters. Maar jy weet, broer, vir `n tuin van sulke hemelse uitbreiding soos hierdie een, wat die Meester vir ons met sulke heerlikheid voorberei het, is daar `n spesiale soort hemelse voorwaartse beweging. Dit is drieledig: In die eerste plek is dit die normale beweging met die voete soos op aarde en in die tweede plek, `n swewende beweging van die siel, wat soos die spoed van die wind is en ten derde is daar `n skielike, geestelike beweging wat so vinnig soos `n flits van weerlig en die vlug van gedagtes is. Die derde soort beweging word slegs gebruik in `n noodsituasie en ons sal nie hier daarvan gebruik maak nie. Maar ons sal gebruik maak van die tweede soort, wat vir ons doel voldoende is. Die manier om dit te gebruik is ons sterk wil. Ons moet net wil in die Naam van die Meester en dan sal ons onsself vry swewend in die hemelse lug bevind en dit sal ons neem waar ons wil gaan met die spoed van die wind. Wil dit en jy sal slaag. "Martin volg Borem se instruksies en dadelik sweef beide vrylik in die hemelse lug en draai na die ooste. Martin is oorweldig van blydskap. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205