Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 139 -

MARTIN SE REDE VIR DIE VERWERPING VAN DIE WYSHEIDPRYS. DIE DIEPGAANDE WYSHEID VAN DIE SONMEISIES SE ANTWOORD.

(Na hierdie monoloog, draai Martin weer na die drie en sê): "O, julle onvoorstelbaar pragtige dogters van die son, hoewel julle baie goed geantwoord het op wat ek gesê het, het julle nog steeds `n groot fout gemaak. Julle het gelyk as julle lig julle vertel dat die groot Oergees ondeelbaar is in Sy liefde en wysheid, want waar daar `n liggaam is, moet daar ook `n kop wees, of in ander woorde, elkeen wat `n prys van die liefde ontvang, moet nie die prys van wysheid ignoreer nie, indien hy volmaak wil wees. Maar julle helder hemelse oë kan seker sien dat my kop reeds versier is met `n prys wat baie soos julle s’n lyk. En omdat julle so goed ingelig is oor al my vorige ervarings, moet julle tog weet dat ek so deur die Meester self beklee is. Dit is `n feit wat julle mooi kinders nie kan ontken nie, sou die Meester my `n verdeelde prys gegee het, naamlik een van liefde alleen? Maar dit bestaan egter uit die nodige en geregverdigde graad wysheid ook. Gevolglik is hierdie prys gegee deur die groot God, nie `n verdeelde, maar `n volledige geskenk, perfek gemeet. Dus, ondanks julle baie wyse antwoord, kan ek nie sien watse goed julle wysheidsprys vir my kan doen nie. Soos julle kan sien het ek net een kop, wat sou ek doen met nog een? Sal ek regtig nog `n kop nodig hê, ek sal gelukkig wees indien dit die wil van my Meester is, om dit te aanvaar van julle, liefste dogters van die son. Maar as dit nodig is om twee koppe te hê, maar slegs een wat perfek is, sal julle verstaan dat ek onmoontlik nie julle prys kan aanvaar nie. Praat asseblief! Ek luister!" 

(Die drie): "O, goddelike en verhewe een, ons is bewus daarvan dat met jou prys jy meer gegee is as wat ons ooit kan verstaan. So weet ons baie goed dat jou prys `n volledige een is, maar uit ontelbare ervarings, wat hulleself op dieselfde manier herhaal, weet ons ook dat die groot God elke wese `n volmaakte en volledige lewe gee. Ons weet ook dat daar geen mens in die wêreld sonder `n kop gebore word nie. Hulle het oë om mee sien, ore om mee te hoor `n neus vir reuk, `n smaak om te proe en baie senuwees vir verskillende sensasies. `n Pasgebore kind het al hierdie, wat seker sy oorsprong uit die Hoogste Gees se wysheid, sowel as Sy liefde het, beide kan jy met een oogblik onderskei. Hoekom is dit dan dat `n pasgebore kind, as `n werk van die groot God se kombinasie van liefde en wysheid, altyd wysheid soveel later as die liefde bereik wat die ware lewe is? Jy jouself het al vir `n lang tyd geleef in besit van `n oorvloed van liefde. Maar as jy jouself afvra of jou wysheid so oud is soos jou lewe, sal jy seker `n botsende antwoord kry. Deur ons topfilosowe, weet ons dat die groot God op julle aarde aan `n sekere wyse Jood gesê het: "as iemand nie weer gebore word uit die gees nie, kan hy nie in die koninkryk van God ingaan nie." Vertel ons: Hoe kan die grote God vir `n filosoof wat reeds `n lang tyd geleef het, die wedergeboorte van die gees eis, indien hy reeds as `n kind in die moederskoot alles wat nodig is ten volle besit om die ewige Koninkryk van God in besit te neem? Jy kan dit oral sien dat volwassenheid slegs volg lank nadat `n wese in die lewe gekom het. Kan jy aan ons bewys uit die geskiedenis van jou aarde dat `n mens ooit ten volle volwasse uit die moederskoot gekom het? Of weet jy verseker die rede waarom die Groot Gees jou nou, nadat jy deur `n aantal transformasies gegaan het, gerig het dat jy na hierdie groot wêreld van lig kom, vergesel van hierdie twee wysste van geeste? Praat, goddelike een, vertel ons daaroor terwyl ons na jou kyk vir baie hoë wysheid."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205