|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 9
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
- Hoofstuk 9 -
VERDERE GEDULDSTOETS VIR BISKOP MARTIN EN SY STRENG HUMEUR.
Hy kyk verwagtend rond, maar steeds geen spoor van die skape en lammers nie. Nou begin hy roep, maar ook tevergeefs. Nadat hy `n bietjie langer gewag het en niks gebeur nie, staan hy ongeduldig op, vat sy boek, en sê: "Nou het ek regtig genoeg gehad! Nog `n miljoen jaar het verbygegaan, ten minste voel dit so, en nog steeds geen verandering nie. Maar nou sal ek nie langer deur jou mislei word nie, my goeie gids. Omdat ek eerlik is, sal ek die stomme boek in jou Lutherse huis sit en op my pad wees, waarheen dit my ookal mag lei. Ek moet aanneem dat hierdie besondere wêreld `n soort van `n grens het waar `n man in staat sal wees om te sê,' Hue usque et non plus ultra. [Tot hiertoe en nie verder nie!] En op so `n punt sal ek miljarde jare moet bly, ten minste sal ek weet hoekom! eerder as om hier vir die gek gehou te word vir geen ooglopende rede nie! Dit is altyd makliker om die gevolge te dra van jou eie foute as om rondgestoot te word deur `n verwaande esel. Ek is so kwaad vir hierdie Lutherse vent dat ek dalk my hande op hom sal lê as ek hom nou sou ontmoet! Kan daar enigiets meer vervelig wees en teisterend as om te wag vir iets wat beloof is, en dan kom dit nie? Wat `n geweldige lang tyd het ek nou al hier gewag, en skynbaar vir geen rede nie. Hierdie storie oor die skape en lammers is waarskynlik nie waar nie. As ek net iemand van my eie soort kon ontmoet, sou dit nie wonderlik wees nie! Hoe ons saam kon misbruik maak van die ellendige geesteswêreld nie. Dit sou pure genot wees! Maar nou - op my pad, ek moet nie meer hier tyd mors nie.
Nou waar het daardie jammerlike boek heen gegaan? Het dit self huis toe gegaan om my die moeite te spaar? Maar ek vind dit `n bietjie snaaks; dit het die heeltyd hier gelê, en nou, toe ek dit wou optel, het dit verdwyn. Hoe vreeslik dom is hierdie geesteswêreld nie ingestel nie - onbegryplik vir die menslike gees. `n Boek verdwyn as gevolg van `n bietjie geregverdigde kritiek! Ek veronderstel dat ek hierdie rots om vergifnis moet vra vir die feit dat ek my onwaardige persoon daarop laat rus het vir so `n lang tydperk, anders sal dit dalk ook verdwyn. En aangesien ek van plan is om deur hierdie pragtige velde van mis en mos te loop, moet ek die mos toestemming vra om daarop te loop! O, hierdie d - - - - stop, ek moet nie vloek nie! Kyk, selfs die Lutherse huis met die kerk is weg! Slegs die rots is nog daar. . . dit is, ek dink dit is nog daar. Maar ek beter seker maak. Daar het jy dit, Mnr. Rots het ook verlof geneem! Dit is hoog tyd dat ek ook vertrek. Maar waarheen sal ek gaan? Daar is nie veel keuse hier nie, so ek sal reguit vorentoe loop - en my neus volg, as ek nog een het nadat ek aan hom gelei is vir die tweede keer in `n miljoen jaar. Maar dank God ek het nog my neus, so ek sal hierdie goeie gids volg wat ek in hierdie pragtige geesteswêreld het”. Hy het nou begin loop met die engel Petrus onsigbaar agter hom. "Om te loop" in die geesteswêreld, beteken "om `n mens se geneigdheid te verander," en tot die mate dat dit verander, skyn ook die omgewing rondom te verander. Ons sal gou sien waar ons man nou heengaan.
|
|
|
|
|