Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 108 -

GELYKENIS VAN DIE WYSE OPVOEDING VAN KINDERS.

(Ek sê): "Ek stem saam met jou, my liefste Chanchah, dat hierdie en talle ander vrae redelik verskoonbaar is. Maar net soos op die aarde, moet alles ook hier sy tyd neem. Op aarde is dit die kinders wat die meeste hou van soetgoed en baie nuuskierig is. Dit lyk of hulle die heeltyd honger is en wil alles in besonderheid weet, - vra altyd vrae. Dink jy dit sou goed wees vir hierdie kleintjies om hul mae met al die dinge wat hulle begeer te oorlaai? En sou dit goed wees om te voldoen aan hul nuuskierigheid deur die beantwoording van al hul vrae? Wyse ouers bedwing hul kinders en hulle lei hulle op `n natuurlike en beskeie manier in die rigting van die goeie doel van volwassenheid, terwyl dwase ouers, diegene wat aan al hul kinders se wense toegee, maak van hulle ape in plaas van mense. Hul oorvoede vlees word oorsensueel en hul gees lui en, uiteindelik, baie onverskillig teenoor alles wat goddelik, goed en waar is. Ek glo jy het ontelbare voorbeelde daarvan in jou land op die aarde gesien. Dieselfde geld ook hier. Niemand kan baat vind deur alles te geniet en dadelik te begryp nie. Dit moet geleidelik in ooreenstemming met die ontvanklikheid van elke individu kom. So beheer, groei die jongste kinders hier sterker en sterker en word so voorberei om uiteindelik die Allerhoogste te ontvang. So word jy ook, saam met al die ander hier, deur die drie van ons gelei. Daarom, aanvaar alles geduldig en jy sal binnekort self in staat wees om volledige antwoorde op al jou vrae te vind. Is jy nou tevrede?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205