Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 180

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 180 -

PETRUS ONDERRIG DIE ONSE VADER-GEBED. WAAROM 'N VERSOEK BETER IS AS DANKSEGGING. PETRUS SE BELANGRIKE VRAAG AAN URON NAMENS DIE MEESTER.

(Petrus): "Vriend, toe die Meester, die almagtige Skepper van alle hemele en wêrelde, die vlees op my aarde aangeneem het en as `n mens onder ons geleef het, het Hy ons almal geleer om te bid en gesê: "Maar as julle bid, sê dan: "Onse Vader wat in die hemel is, geheilig is U mees heilige Naam. U koninkryk van liefde, waarheid en die ewige lewe kom na ons. Laat U mees heilige wil altyd geskied, in alle ewigheid. Gee ons vandag en altyd ons daaglikse brood. Vergewe ons, ons sondes en swakhede in dieselfde mate soos ons ook ons skuldenaars vergewe, hoe hulle ookal mag wees. Moet nie dat ons swakhede aangeval word deur versoekinge wat ons sal verslaan nie. maar verlos ons van alle kwaad wat ons ooit mag oorkom. U s’n, o Vader, is al die krag en mag en heerlikheid tot in ewigheid! U s’n is al die lof en eer, al die liefde en dankbaarheid vir ewig!”

Omdat die Meester ons self geleer het om so te bid, sal dit nie verkeerd wees vir ons as Sy kinders om Hom te vra vir wat ons glo ons nodig het nie. Om die Skepper te dank vir al Sy ontelbare seëninge is reeds `n groot en heilige voorreg vir ons as vrye wesens, om so aan God alles wat ons ontvang het, te erken as geskenke en nie as `n oordeel nie. Die versoek is egter nog hoër, want dit is `n uitdrukking van ons besef dat ons nie net erken as `n vrye gawe wat ons ontvang van God nie, maar dat ons selfs `n vrye keuse het van die gawe. Om volle bevryding van ons gees te bereik, moet ons nie net besef watter belangrike benodigdhede ons van die Meester as vry geskenke ontvang nie, maar wat nog meer belangrik is, is ons vryheid van keuse met betrekking tot ons behoeftes. Dit vereis duidelik meer introspeksie en ongeïnhibeerde selfkennis as die besef dat alles wat ons is, het en ontvang, vry geskenke van God die Meester is. Hy wat dankie sê vir `n geskenk ontvang, maar wat nie die behoefte voel om vir verdere geskenke wat hy uiteindelik mag nodig hê, te vra nie, is nog baie dom in sy gebied van die lewe met baie dierlike elemente. Want, ook diere dank die Gewer van hul instinktiewe genot wat hulle ontvang, alhoewel hulle nie in staat is om Hom te herken nie. Maar nie in staat om sy behoeftes te verstaan nie, kan `n dier ook nie vra vir dinge nie. Wanneer hy honger is, soek hy iets om te eet. As hy dit gevind het en sy honger gestil het, rus hy totdat hy weer honger word. Hierdie rus is `n stomme dankie vir die voedsel wat hy gevind het, maar terwyl hy tevrede rus, weet hy nie dat hy weer honger sal wees en verdere voeding nodig het nie.

Met die mens is dit iets heel anders, want hy weet wat hy nodig het. Nadat hy sy honger gestil het, is hy daarvan bewus dat hy weer kos gaan benodig. Maar hy ken ook die Gewer daarvan en daarom moet hy Hom nie net dank nadat hy sy honger gestil het nie, maar moet `n versoek saam met sy dank gee. So erken hy duidelik dat alles van die Skepper is en dat hy ook in die toekoms verwag om alles wat goed en nodig is, van Hom te ontvang. Terselfdertyd, deur middel van so `n versoek, staan die mens voor sy Meester soos Hy wil hê dat hy moet: As `n heeltemal vrye wese wat geregtig is om nie net te ontvang nie, maar ook om vrylik en nederig te vra. Sekerlik, so `n reg veronderstel aansienlike selfkennis, waarsonder niemand volmaaktheid kan bereik nie? Hierdie redes moet genoeg wees vir jou wysheid om te verstaan dat versoek meer belangrik is vir elke vrye gees as die meeste nodige dank. En as my mees kragtige redes jou nog steeds nie tevrede stel nie, vriend Uron, dan moet die feit alleen voldoen dat die Meester Self herhaaldelik aangemoedig het om Hom te vra vir die dinge wat ons wil ontvang. Maar Hy het slegs baie selde iemand daaraan herinner om dankie te sê.

So het Hy aan ons `n heilige vorm gegee om te bid en te vra vir dinge. Maar ek weet skaars van `n bepaalde vorm vir danksegging. Dit is waar dat die Meester self die Godheid bedank het, as die Vader in Hom, by verskeie geleenthede en slegs een maal die nege gereinigdes verwyt wat nie saam met die tiende teruggekeer het om Hom te loof nie. Maar, desondanks dit het Hy nooit voorgestel hoe ons Hom moet bedank nie, terwyl Hy dit uitdruklik gedoen het waar die versoek vir iets betrokke was. Daarom, as die Meester uitdruklik gebede van ons baie meer onvolmaakte aardbewoners eis, is dit onwaarskynlik dat Hy dit sou oorweeg as onnodig vir julle. Dus sê ek nou vir julle namens die Meester dat julle van nou af alles wat julle nou het, van Hom sal ontvang, maar slegs deur gebed. Diegene van julle wat nie wil bid nie, sal slegs min of niks ontvang. Want as julle vry is, moet julle ook self weet wat julle nodig het. Wanneer julle dit besef, wat baie makliker sal wees vir julle hier as wat dit was vir ons op ons aarde, bid dan en julle sal gegee word waarvoor julle gevra het. As julle saamstem daarmee, antwoord bevestigend en my broer Johannes sal julle opleiding oorneem. Dit is julle vrye wil om te kies en te besluit! "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205