|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 18
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
Hoofstuk 18 -
DIE SOEKTOG NA VIS
(Die skipper): "Vriend, moenie bang wees nie, want ons is hier op die water vir `n goeie doel. Laat dit so diep wees as dit wil, ons het niks te vrees nie. Nou, wees versigtig! Gooi die visnet uit! Waar die water onstuimig is, is daar `n groot vis. Gou, moenie laat ons dit verloor nie!" Die twee gooi die net uit en die oomblik wat dit sprei in die water, swem `n monster van `n vis daarin. Nie in staat om die sterk net te breek nie, sleep dit die boot saam, sonder om vir `n oomblik te rus, maar met steeds groeiende woede.
(Die biskop, doodbang, skree): "In God se naam, nou is ons verlore! Die monster is so groot dat dit die net vul met die helfte van sy kop! Net God weet hoe diep sy liggaam in die water reik. Dit kan drie maal die grootte van ons boot wees! Selfs al slaag ons daarin om hom dood te maak, wat sal ons met hom doen? O, o, dit sleep die boot met steeds groter woede en spoed!"
(Petrus):"Moenie kinderagtig wees nie! Laat die vis swem waar en solank hy wil! Terwyl sy kop in die net is, kan hy nie onder toe gaan nie, dit weet ek, as `n ervare visserman. En na `n rukkie sal hy bedaar. Dan sal dit maklik genoeg vir ons wees om hom na die kus te sleep. Kyk, die vis swem reguit kus toe, wat hom gou sal stop! En het jy vergeet wat ons geliefde Meester ons meegedeel het? Kyk na Hom, Hy is so rustig. En ons moet dieselfde wees! Maar wanneer Hy sê, "Volg My; spring aan die werk," dan moet ons doen wat Hy sê. Want daar is geen groter Meester as Hy in die kuns van visvang nie. Maar wees gereed, ons sal in `n oomblik moet optree!"
(Nou praat Ek): "Petrus, neem die groot haak en steek dit agter die vis se kiewe in. En jy, Martin, spring uit op die strand, neem die tou, en trek die boot op die sand; En maak dit vinnig aan die bestaande paal vas, kom weer aan boord, neem die tweede boothaak en doen wat Petrus gedoen het, want die monster is nou uitgeput en sal ons nie probleme gee nie. Maar wees vinnig!" Die biskop voer gou die instruksies uit en haak hom kragtig agter die ander kiewe, die monster word stewig vasgemaak. (En nou gee die Meester bevele): "Julle twee gaan haal die groot tou met die swaar en skerp gooihaak op die strand. Dit lê gereed naby die hut. Intussen sal Ek die vis nader aan die kus sleep, waar jy die haak in die monster se kop moet gooi. En jy, Martin, moenie bang wees as die vis geweldig sal spartel nie. Met die nodige moed en volharding, sal alles bevredigend uit werk! Gee vir My die twee stele van die boothakke en doen dan soos ek beveel het."
Alles is uitgevoer soos vereis, maar toe die swaar en skerp gooihaak indring in sy kop, begin die vis vreesaanjaend kronkel en worstel (vir Biskop Martin), slaan op die water, gooi groot golwe op die strand, wat nou en dan ons nuwe visserman bedek, Martin, wat al hoe meer bang word vir die monster se groot bek, met `n duisend skerp tande soms hap gevaarlik naby aan waar hy die tou hou. Hy is baie bang, maar nou nog meer vir My ontwil, siende dat die vis met sy magtige stert die boot uit die water lig en dit weer terug gooi.
(Petrus sê aan die biskop): "Hou vas, broer! Met al jou krag of die monster kan ons in die dieptes in sleep!"
(Die biskop): "O, broer, as ek net agter jou was! Dit dier bly hap na my, en dit lyk of die Meester dit reg onder my neus in stoot. Elke keer as dit sy magtige bek met `n slag sluit, gooi dit ten minste `n honderd emmers vol water reg in my gesig! Hierdie is `n verskriklik harde en gevaarlike taak! Dit sou te veel wees, selfs vir die galei slawe! O, mmm-BRR-ah-ah, nog `n volle lading van die water in my gesig! Ek gaan verdrink as dit nog `n paar keer gebeur! Kyk, die bek maak weer oop. Nee, ek kan dit nie meer langer staan nie! Die water is so verskriklik koud en ek is styf gevries asof ek kaal op ys lê! In `n oomblik gaan die bek weer toe maak!
(Petrus): "Daar, neem die verspreider en druk dit in sy bek, sodat hy dit nie kan toemaak nie."
(Die biskop): "Gee dit!" Goed! Nou is dit die einde van jou happery, jou monster! Dit was `n goeie idee, maar jy moes dit `n bietjie gouer gekry het. Maar nou is alles reg."
(Nou praat Ek uit die boot). "Goed, maak nou die haaktou vas aan `n paal en kom aan boord. Hierdie vis is nou ons s‘n en sal nie wegkom nie. Maar ons sal moet uitvaar sonder vertraging. Miskien sal ons `n ander, selfs beter vangs maak."
Die twee doen soos beveel, hoewel Biskop Martin sy kop krap, want hy het genoeg gehad met sy eerste ervaring van die vissery; hy maak egter soos beveel. Beide kom aan boord van die skip wat uitvaar na die see so vinnig soos `n pyl.
(Intussen sê Ek aan Biskop Martin): "Vriend, jy moet nie toelaat dat dinge jou hier ontstel nie. Die man wat `n taak halfhartig aanpak, is selde suksesvol. Daarom geduld, moed en volharding; vreugde sal kom na `n voltooide taak. Ja, my beste vriend, in die geesteswêreld, Jou Requiescat in vrede (Mag hulle rus in vrede),wat dikwels in die wêreld afgerammel word, tel nie hier nie, maar in plaas daarvan werk terwyl dit dag is! Dit is voldoende om in die nag te rus wanneer niemand kan werk nie!" Toe dit nag was vir jou, het jy geen werk gehad nie, maar sedert die dag vir jou gebreek het, moet jy ook werk, want die koninkryk van God is een van die werk, en nie een vir luier en brevier aanbidders nie. Daarom, wees sterk! Kyk die rigting van die noorde, waar die skemerlig nog steeds swaar op die waters is. Daar styg die see baie, hoewel daar geen wind is nie; Gevolglik moet daar `n paar groot visse wees. Dus laat ons gou maak en besig raak; hierdie vis sal ons moeite werd wees." (Biskop Martin): "O, my vriend, hierdie vis kan ons einde beteken, met die hulp van die duiwel! Maar waarvoor is hierdie groot vis in die geesteswêreld? Is daar `n vas waar net vis geëet mag word? Of sou dit ook hier, so wees dat die vleis en die vet van die vis verhandel word?"
(Ek sê): "vinnig nou, neem `n swaard, elkeen van julle, want dit is `n tienkop hydra! Die monster het ons gesien en is reguit op pad na ons! Petrus, jy weet reeds hoe hierdie tipe vis gevang word. Maar jy, Martin, doen soos die broer doen. Sodra die hydra sy slangkoppe in die boot inbuig, begin julle die koppe afsny totdat al tien van sy lang slang liggaam afgesny is, en Ek sal die res doen."
Kyk, Petrus, met sy skerp swaard sny die een kop na die ander van die swart-skubberige liggaam van die skrikwekkende monster af, of liewer van sy nek af, want uit die liggaam groei tien nekke, elk met `n kop. Maar ons biskop is `n bietjie verlore om raak te sny, want van pure skrik het hy sy oë meer gesluit as oop.
Petrus het nou net die tiende kop van sy nek afgesny, en strome bloed spuit uit die monster. Die see rondom is rooi van die bloed en onstuimig wild deur die trekkings van die onthoofde slang, wie se liggaam vir die biskop oor `n honderd vaam in lengte lyk, sowel as die omtrek! (Ek spreek die twee weer aan): "Petrus, sit die swaard terug in sy plek en gee My die groot boothaak aan, wat Ek in die monster se liggaam sal gooi om dit na ons te sleep. En jy, Martin, neem die roer, stel dit op die sewende graad oos, en ons sal binnekort die strand bereik met hierdie uitstekende buit."
Alles is uitgevoer soos voorgeskryf en die boot, met sy vangs op sleeptou, vaar spoedig vinnig in die rigting van die bekende strand. Terwyl ons die oewer nader, soek die biskop die eerste groot vis, maar tot sy verbasing, kan hy nie `n teken daarvan sien nie.
(Biskop Martin): "Maar wat het gebeur? Na al die moeite wat ons gehad het om dit te vang en hier te kry, het ons dit nou verloor! Ek het `n gevoel dat ons dit nie veilig genoeg vasgemaak het nie. O, watter teleurstelling ! Nou het ons niks om te wys vir al die gevare en probleme wat ons deurgemaak het nie! Beste vriende, ons moet hierdie nuwe vangs veiliger vasmaak, anders sal ons dit dalk ook verloor as ons weer uitgaan see toe."
(Petrus): "Moenie jou bekommer nie! Die eerste vis is reeds versorg. Jy sien, daar is meer werkers hier wat presies weet wat om te doen met ons vangste. Ons het nou die kus bereik, spring uit en maak die boot vas, en ek en die Meester sal ons buit op die strand trek." Biskop Martin, `n bietjie verbyster, doen wat hy gesê word, terwyl ons voor sy oë doen soos Petrus gesê het.
Toe die tweede vangs veilig is, praat Ek: "Aangesien hierdie vangs so suksesvol was, het ons van ons belangrikste take verrig. Dus, laat ons nou die kleiner vis uit die water haal met die sleepnet en dit op die strand sit. Ons het die twee groot monsters gejag, van wie se spesies daar nie meer in hierdie water is nie. Daarom kan ons nou aangaan met die ligter werk. Laat ons weer aan boord gaan en ons geluk probeer met die kleiner visse."
Soos beveel deur My, laat die twee die sleepnette in die water sak en ek stuur die boot. Die werk vorder goed, en na elke trek word die vis uit die nette op die strand gegooi. Maar die oomblik wat hulle die kus tref verdwyn, hulle.
|
|
|
|
|