Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 99 -

BISKOP MARTIN WORD IN DIE VERLEENTHEID GESTEL DEUR CHANCHAH SE NUUSKIERIG VRAE.

(Chanchah): "O ja, ek verstaan al jou verduidelikings. Maar, jy het nou net gesê dat jy en jou broers die groot Lama se sagste wenk verstaan. Daarom moet julle die groot Lama sien, hoe anders sou Hy jou wenke gee? Of, ten minste moet julle in staat wees om Hom te hoor om Sy wenke te ontvang. As julle Hom sien of hoor, gee my besonderhede, sodat ek in staat kan wees om `n soort van geestelike beeld van Hom te vorm."

(Martin, ietwat skaam): "Ag, my liefste, soetste Chanchah, dit is `n baie ongemaklike vraag. Selfs as ek dit beantwoord, sou jy dit nie verstaan nie. Daarom sou dit beter wees as jy nie aandring op `n antwoord wat nie vir jou of my op hierdie stadium help nie"

(Chanchah): "O vriend, om te stry oor goed mag die gewone ding in jou land wees, maar nie in Sjina nie. Ons Sjinese het `n vaste prys vir elke item wat ons aanbied vir verkoop en die een wat dit aanbied moet dit verkoop en aan die keiser verkoopbelasting betaal. As die een wat goedere te koop bied dit nie kan verkoop nie, is dit slegs bewys dat sy prys te hoog is en dat die verkoper buitensporige wins wou maak, waarvoor hy behoorlik gestraf word. So moet die mense hulle spraak dophou en moet onder geen omstandighede net die helfte van `n ding sê nie, al is dit uit vrees of onkunde. `n Persoon word gestraf vir beide, want dit word beskou as onwaardig vir `n mens om onnodig bang te wees of om te probeer voorgee om meer te wees as wat hy eintlik is. Ek is `n streng Sjinees en sal jou nie kwytskeld met die verskaffing van enige inligting in die loop van jou toespraak wat my rede gee om te hoop nie. Dit is `n reël met ons dat indien `n persoon, deur sy woorde, lei tot `n ander vraag, moet hy ook die vraag beantwoord. Andersins is hy `n grootprater, wat so veel as `n leuenaar of `n onbevoegde lafaard is, wat self onkundig is oor die onderwerp wat hy bespreek. As jy nie wil hê ek moet dink dat jy die een of die ander is nie, gee my dan `n volledige en presiese antwoord op my vraag."

Biskop Martin is baie verleë en weet nie wat om te doen nie. As hy haar die waarheid vertel, sal hy My weg gee voor die tyd reg is. As hy weier om te antwoord, sal Chanchah hom as `n leuenaar of `n gek en lafhartig uitmaak in die teenwoordigheid van al die gaste, wat baie onaangenaam vir hom sou wees, want in die geheim is hy nogal trots daarop om die gasheer te wees. Daarom kom hy na My toe en vra My wat hy moet doen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205