|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 137
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
(Drie meisies van uiterste skoonheid loop na Martin toe, steek hul arms uit en sê): "U goddelike leier van die groot groep, watse verhewenheid bring u vir ons van u hemel van die hemele? O praat, u vir wie ons nou al so lank wag!" Martin byt sy tong en knyp homself in die geheim as `n herinnering dat hy nie te vinnig moet verander van sy veronderstelde erns na uiterste toegeneentheid nie. Daarom antwoord hy hulle glad nie. Die drie herhaal hulle woorde weer, selfs soeter en Martin byt byna sy tong af, maar bly steeds stil.
(Die drie meisies wonder in die geheim oor ons Martin se stilte en sê dan): "O, groot een, vind jy enige fout met ons dat jy ons nie waardig ag vir `n antwoord nie? Hou jy nie van ons nie? Maar ons het dan gesien hoe jy die misleidende draak in jou huis in die hoë hemel wou soen. Jy was ook gesien op Mercurius waar jy byna wegsmelt toe jy `n mooi Mercuriaan sien. Voor dit was jy gesien by `n trop lammers, waar jy nogal baie spraaksaam was! Jy was ook gesien as `n mens op die aarde en `n eienaardige gedrag van jou was gesien. Daar was jy ook baie spraaksaam, maar jy ag ons dogters van die son nie waardig vir `n antwoord nie. Vertel ons hoekom jy stilbly. Ons weet dat stilte op die regte tyd `n noodsaaklike deel van wysheid is, maar jou huidige stilte blyk om anders te wees. Vertel ons ten minste waarom jy stilbly. Asseblief, want ons harte begeer `n antwoord."
Martin is amper oorweldig met liefde vir die mooie meisies en dink hard wat om te sê. Hy het reeds besef dat hulle alles oor hom weet en moet redelik bekend wees met sy toertjies. Daarom sê hy in die geheim vir homself:
(Martin): "O, wat `n desperate situasie! Dit sal vreeslik moeilik wees. Wat sê ek vir hulle? In die eerste plek verlei hul ongekende skoonheid my steeds meer en maak my stom en tweedens, ken hulle my in elk geval, amper beter as wat ek myself ooit geken het. So wat en hoe moet ek met hulle praat? O Meester, verlaat my nie nou nie! En jy, my erns, verlaat my ook nie, of ek is verlore! Ag, hierdie ondenkbare skoonheid! Die oë, vurig soos die son self, die hare soos die blinkste goud! Die sagtheid van die nek, die rondheid en onbeskryflike sagtheid! En die boesem, o, ek kan dit nie langer verdra nie! Daar is niks op aarde wat vergelykbaar is hiermee nie! In vergelyking hiermee, wat is die teerheid van die suiwerste doudruppel, die suiwerste snit van `n diamant, die mees fynste veerwolkie swewend in die son wat deur `n ligte aandbriesie gedryf word? Is daar `n witheid soos dit op die aarde? Die suiwerste sneeu in die middagson sou selfs nie eers naby kom nie! Dit is `n ewige fees vir jou oë en die arms, die hande, die voete! Martin, draai jou oë weg van hierdie veels-te-mooie meisies, of jy is verlore!"
|
|
|
|
|