|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 101
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
(Hy is amper klaar toe Chanchah hom op die skouer tik en sê): "Wel, dienaar van Lama! Hoe lank gaan jy arme Chanchah laat wag vir `n reguit antwoord, wat meer belangrik vir haar hart is, as `n duisend lewens vir haar siel? O, vriend, as ek `n duisend harte gehad het en die mooiste onder die son was, sal al daardie harte joune wees en my pragtige oë sal na jou staar vir ewig, as jy my `n ware antwoord gee. Ek het net een hart, maar dit sal jou liefhê soos `n duisend harte as jy blyk `n ware vriend te wees as jy die groot Lama in woorde aan my beskryf, of selfs Hom aan my wys. Maar wee jou, as jy my hart mislei wat jou so baie lief wil hê! Dit is waar, ek het jou mees glorieryke broer vurig lief met `n liefde ondenkbaar vir jou. Maar as jy kan en `n ware vriend wil wees, sal al hierdie hitte aan jou geskenk word. Jy mag my woord vertrou, dit is sterker as `n rots van diamant!"
Martin is nogal verwar deur hierdie woorde. Hy staar na die onvoorstelbare mooi Sjinees en dink desperaat aan wat om te sê of doen. Slegs na `n hele tydjie, praat hy met haar.
(Martin): "O soete en mooiste Chanchah, jou skoonheid verwar my so dat as ek na jou kyk, verstom deur verbasing en liefde, vind ek niks om te sê wat sou sin maak nie. Moet daarom nie verwag om te veel sin uit my te maak totdat my oë gewoond geraak het aan jou nie. Dit is goed vir jou om te praat en selfs te dreig, want om my te sien sal jou nie verwar nie. Maar vreemd soos dit mag klink, my tong is so geraak deur jou groot skoonheid dat dit baie lam geword het. Wees bietjie geduldig met my. Sake sal sekerlik verbeter soos ek meer gewoond raak aan jou skoonheid."
(Chanchah): "As dit so is, vertel my, hoe was dit moontlik vir jou om voorheen heel sinvol met my te praat en hoe is dit moontlik vir jou om `n rede te bedink waarom jy nie met my kan praat om my oor die ding wat ek wil weet in te lig nie? Hy wie se tong vasgebind is deur die liefde, praat soos `n dronkaard, stotter en sy woorde maak nie sin nie. Want `n verleentheidstong het geen wortels om uit die fontein van wysheid te trek nie. Maar die wortels van jou tong is vol van aktiewe vog. Daarom, regverdig jouself in my hart soos `n man en nie soos `n kneg nie. My woorde aan jou is so waar soos my innerlike lewe. Hoe kan jy dan met my praat uit jou vel en nie uit jou hart nie?"
Biskop Martin word meer en meer verleë en kan nie aan `n enkele woord dink tot sy verdediging nie. Hy begin nou eintlik om woorde en lettergrepe wat geen sin maak nie te stotter. Eers lyk Chanchah verbaas, dan begin sy goedgunstig glimlag en na `n ruk, wanneer Martin se stottering te veel word vir haar, sê sy:
(Chanchah): "Vriend, ek is jammer vir jou. Want óf jy is `n slim jakkals of `n domme esel - een erger as die ander. Ek sou eerder dink dat die laaste by jou pas, wat jou ongehoorde verklaring sou verskoon dat jy ook `n dienaar van die groot Lama is. Regtig, as Lama sulke dienaars gebruik, sou Hy en Sy diensknegte baie treurig wees! Ek het `n paar wyse woorde vroeër van jou gehoor en werklik geglo jy was iets hoër. Jou blufferige hoofbedekking en die feit dat jy die werklik wyse man jou broer noem, het dit bewys. Maar nou het ek geen twyfel meer oor jou nie. Jy is so te sê, `n soort esel wat hier in die hemel vegeteer, want op aarde was jy te dom om ooit `n sonde te pleeg. En so is jy waarskynlik `n onskuldige, welwillende siel van `n esel wat ook as een van Lama se wesens respekteer moet word. Maar mens kan niks meer van jou verwag as wat Lama aan jou aard geskenk het nie. Daarom vergewe my, my arme domme esel, vir die feit dat ek van jou menslike en selfs hemelse wysheid verwag het."
Biskop Martin is woedend en wil graag die Sjinees verskreeu. Maar, aangesien dit hom gered het uit die verleentheid van haar vraag, sluk hy haar "komplimente" saggies en loop gedwee weg, terwyl Chanchah hom dophou.
|
|
|
|
|