|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 14
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
- Hoofstuk 14 -
BISKOP MARTIN SE OPREGTE BEROU EN SY BEREIDHEID OM HOMSELF TE VERBETER
(Biskop Martin): "O, my redder wie ek soveel te danke het, al wat ek kan sê is, Mea culpa, mea maxima culpa quam! (My skuld, my grootste moontlike skuld.) Dit is alles absoluut waar, maar wat kan Ek nou daaraan doen? Ek voel nou die diepste diep berou oor alles wat ek gedoen het, maar dit kan nooit ongedaan gemaak word nie en dus bly my skuld en sonde, soos die saad en die wortel van die dood. Hoe kan ek in my sonde barmhartigheid vind by die Meester? Ek besef dat ek ryp is vir die hel, en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie, behalwe dat, miskien, as die Meester my `n ander lewe op aarde gee waar ek so veel as moontlik kan opmaak vir my verkeerde dade. Of, aangesien Ek so verskriklik bang is vir die hel, of dalk as die Meester my as die heel minste wese, iewers in die uithoek sit vir alle ewigheid waar ek soos `n boer, `n skamele lewe met my eie twee hande kan verdien. Ek kan nie verwag om `n hoër graad van saligheid te ontvang, terwyl ek bewus is dat ek te onwaardig is vir selfs die laagste vlak van die hemel nie. Dit is hoe ek daaroor voel. In die wêreld is dit heeltemal hopeloos omdat die algemene neiging tot die kwade is, wat dit amper onmoontlik maak om goed te wees, omdat jy moet veg teen die stroom soos `n swemmer. Die regerings hou net hulleself gelukkig, en godsdiens is bloot `n slaapmiddel vir die gewone mense, ten einde dit makliker te maak om hulle te hanteer. Selfs as die Pous self probeer om die geloof `n suiwer geestelike betekenis te gee, sal sy verklaarde onfeilbaarheid aangeval word van alle kante. Dit wys net hoe moeilik dit is, veral vir `n biskop, om op die ware weg van die Woord van God te bly, omdat Hy dopgehou word deur `n legio geheime waarnemers.
Alhoewel jy steeds jou vrye wil behou, is aksie moeilik, dikwels selfs onmoontlik. Dit mag goed en nuttig lyk vir hierdie tyd om `n martelaar vir die Woord van God te wees. Maar wat sal dit help? As jy net die misbruik van godsdiens kritiseer, sou jy êrens heen verplaas word en beveel word om jou mond te hou, of jy kan selfs in die geheim mee weggedoen word. Daarom, wat se goed kan dit doen om teen die stroom te swem, onthul die waarheid, en offer jouself vir die arme, blinde mensdom? Dit weet ek uit ervaring, dit is net verstaanbaar as jy vir jouself sê: Mundus vult decipi - ergo decipiatur! (Die wêreld wil mislei word, so laat dit mislei word!). Ek is oortuig dat die Meester daarna streef om elke mens te red, maar as die mense liewer die hel bo die hemel verkies, kan selfs Hy, die Almagtige, nie verhoed dat hulle in die afgrond beland nie.
Ek het geen voorneme om my skuld kleiner te maak nie, maar ek wil net daarop wys dat in die wêreld jy eerder `n verpligte as `n vrywillige sondaar is, wat sekerlik in ag geneem word deur die Meester. Nie dat ek sê Hy my skuld minder ernstig moet oorweeg nie, maar die feit dat die wêreld is wat dit is, en dat jy dit nie kan help nie, selfs al wil jy, en dus uiteindelik ophou probeer, moet gewig dra?
My dierbaarste redder, moenie vir my kwaad wees vir wat ek gesê het nie, want dit is hoe ek dinge gesien het tot nou toe. Te oordeel aan jou woorde is jy vol van goddelike wysheid en in staat om my te vertel wat ek moet doen, om ten minste, myself van die hel te red. Ek kan jou verseker dat, soos vereis deur jou, ek my voormalige gids met my hele hart vergewe! Want ek was net geïrriteerd met hom, want ek kon nie verstaan wat hy eintlik beplan het om met my te doen nie. As hy na my toe kom, sal ek, om jou onthalwe, hom omhels soos `n seun sy langverlore vader."
|
|
|
|
|