Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 6 -

 BISKOP MARTIN SE AANGENAME, MAAR GEVAARLIKE VERASSING. DIE KUDDE - `n MENIGTE VAN DIE MOOISTE MEISIES.

Ons man, in sy boer se klere en met die dik boek onder sy arm, gaan na buite na waar die kudde vir hom aangedui was. In die geestelike afstand het dit geblyk na `n trop skape en lammers te wees, maar van naby gesien, blyk dit vrome en sagte mense te wees, veral vroulike geeste wat `n goddelike lewe op aarde gelei het, maar wat `n hoër denke van die Roomse geestelikes as van My, die Meester gehad het. Hulle het My toe nie geken nie, ook het hulle My nog nie hier leer ken nie. Dit is die rede waarom, gesien vanuit `n bepaalde geestelike oogpunt, hulle nog soos as diere vertoon, alhoewel van die makste soort. Martin, in `n gelukkige bui, gaan sit op `n mos-bedekte rots en kyk rond na die skape. Maar in plaas van die skape, hy sien net `n menigte van die mooiste meisies heen en weer loop in `n groot weide, waar hulle blomme pluk en vleg in mooi sierkranse. By hierdie gesig begin ons man wonder: "Is dit nie vreemd nie? In dieselfde weide het ek nou net die skape en lammers gesien. Nou het die trop verdwyn, en in plaas daarvan is daar nou duisende van die mooiste maagde, die een wil mooier wees as die ander. Om die waarheid te sê, indien dit nie `n soort hallusinasie is nie, sou ek hierdie kudde verreweg verkies. Maar in hierdie wêreld, kan `n mens nie sy sintuie vertrou nie - in `n oomblik kan alles verander! O, nou kom hulle in my rigting, nog voordat ek hulle name uitgeroep het! Maar nietemin; nou sal ek in staat wees om hierdie mooi kinders te sien na hartelus en miskien, sal ek `n kans kry om van hulle selfs `n drukkie te gee. In daardie geval, sou dit nie so sleg wees om `n herder van so `n wonderlike trop vir ewig te wees nie. Hoe nader hulle kom, hoe mooier lyk hulle. Daar voor is een - o, is sy nie pragtig nie! O, my morele krag, verlaat my nie nou nie! Dit is so goed dat die verspotte selibaatheid nie hier tel nie, anders kon mens net te maklik `n dodelike sonde pleeg. Ek was gesê om hulle name uit die boek te roep. Maar, ek wil beter doen, want hulle mag dalk weghardloop. Daarom sal my dik register van name nie vir hierdie kudde oopgemaak word nie. Hulle kom nader en nader, en het my byna bereik, die pragtige klein engele! Kyk, die "pragtige klein engele" staan om ons man, om Hom te vra wat hy daar doen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205