Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 184 -

DIE SONBEWONERS SE ONTVANGS VAN DIE MEESTER. SY WOORDE AAN DIE SONWYSE. SAGMOEDIGHEID, DIE MIDDEL VAN VERLOSSING VAN DIE TOESTAND VAN 'N SKEPSEL. LIGTE LAS VAN DIE NUWE REËLS VAN LEWE.

Nou stap Ek na vore, steeds omring deur Chanchah, Gella en die drie sondogters, wat saam `n lewendige gesprek oor hierdie wêreld gehad het. Toe Ek verskyn, val die wyses en al die mense in en buite die huis, voor My neer en loof My hardop.

(Die son gemeenskap): "Wees gegroet en eer aan U, die onpeilbare, die Ewige, die Oneindige! Aanvaar ons diepste dankbaarheid vir hierdie onvoorstelbare groot genade dat U ons klein wurmpies van die son, `n blote stofdeeltjie, met U sigbare teenwoordigheid vereer! Daar is `n onbehoorlike begeerte wat in ons harte roer, naamlik, dat dit uiterste saligheid sou wees as U van nou af vir ewig by ons sal bly. Maar al wat ons kan doen is om uiting te gee aan hierdie begeerte in ons harte voor U, die mees Heilige. O, U, wie se voete te heilig is om op hierdie onwaardige grond te loop, U sal ons sekerlik vergewe vir die onredelike begeerte. Maar as U, mees heilige, ons waardig ag om mee `n paar woorde van lewe te praat, smeek ons U uit die diepte van ons harte om hierdie genade aan ons te skenk. Maar U allerheiligste wil geskied!"

(Op hierdie mees nederige groetwoord antwoord Ek): "Staan op, My liewe kinders en luister na My, die ewige Vader van die oneindigheid, Wie julle Vader is en die Vader van tallose van julle broers en susters wat uit My te voorskyn gekom het en woon in die oneindige ruimtes en getuig dat Ek hulle Vader van ewigheid is."

(Uron): "O Meester, Meester, ons oë is veels te onwaardig om U onvoorstelbaar heilige aangesig te aanskou! Daarom, laat ons toe om in hierdie posisie te bly, wat, dink ek, veel meer geskik is vir wurms soos ons voor die oneindige, almagtige Skepper."

(Ek sê):"Liewe kinders, sagmoedigheid is die belangrikste en grootste deug van elke mens se hart, maar dit moet nie oordrewe wees nie, net soos enige ander reël van die lewe. Dat Ek die Skepper is en julle die geskape wesens is `n noodsaaklikheid vir beide kante en dit is `n feit wat onmoontlik nie verander kan word nie, selfs nie vir My nie. As Ek geskape wesens wil hê, moet Ek hulle skep soos Ek hulle wil hê en geen skepsel kan vooraf vra hoe en onder watter omstandighede hy geskep wil word nie. Dit hang van My alleen af hoe Ek `n skepsel wil hê. Daarom, aangesien die skepsel `n noodsaaklikheid van My wil is en omdat, aan die ander hand, My wil as die basis is vir `n skepsel se, in bestaan kom en leef, ook `n noodsaaklikheid vir die skepsel is, op hierdie spesifieke punt, het die Skepper of die skepsel nie `n spesiale voordeel, een bo die ander nie. Net soos Ek, die Skepper, `n noodsaaklikheid is vir die geskape wese, die laaste is `n noodsaaklikheid as `n punt ter ondersteuning van My wil.

Maar die situasie verander aansienlik as die Skepper Sy skepsels as vrye wesens van `n onafhanklike sterkte en krag soortgelyk aan Homself wil laat word. Want dan betree die skepsel `n heel ander vlak van lewe. Deur middel van die vrye, lewende, kragtige Woord, voorsien die Skepper die geskape wese met krag van sy eie. Deur getrou en aktief hierna om te sien, kan die geskape wese dit ontwikkel tot volle volmaaktheid in homself en so `n vrye wese word met onafhanklike krag. Slegs dan kan ware sagmoedigheid ontstaan, synde die enigste manier waarop die geskape wese homself heeltemal kan bevry van die dwang uitgeoefen deur die Skepper. Dan is hy in staat om voor My, die Skepper te staan as `n onafhanklike lewende, magtige wese, asof hy My tweede self is. Maar die noodsaaklike sagmoedigheid moet nie oordryf word nie, moet maar net wees soos Ek, `n Meester van alle lewe, dit vereis, anders sou dit nie sy doel bereik nie. Daarom, staan op, almal van julle en kyk na My. Slegs dan sal Ek julle die ware woorde van die lewe kan gee." Na aanleiding van my woorde, staan hulle almal op en Uron, die wyse, praat soos volg:

(Uron): "Broers en susters, ons het almal nou opgestaan en aanskou die Meester. Hou in gedagte wie Hy is voor Wie ons nou staan en begryp dit in die dieptes van julle harte, Hy is die Meester, die Allerheiligste Oergees van God, die almagtige Skepper van die oneindige hemele, van al die engele, die wêrelde, die menslike en alle ander wesens. Hy die Allerheiligste, die mees Verhewene, het ons beveel om voor Hom te staan en ons doen dit met die grootste ontsag. Hy het ons verdere woorde van lewe belowe en ons het alle rede om uit te sien daarna, wetende dat uit Hom, die enigste oorsprong van lewe, kan ons niks anders verwag as woorde van lewe nie. Wees dus bly saam met my, want die Meester sal met ons woorde van lewe spreek, woorde van vryheid, almagtige woorde van `n volledige transformasie van die toestand van ons mense onder dwang. Daarom, maak julle ore en harte wyd oop, sodat julle niks mis van enige van hierdie mees heilige woorde soos nog nooit gehoor in hierdie wêreld nie. O Meester, mees Heilige, ons harte is voorberei! Ons smeek U nou vir die beloofde woorde, vol van lewe en goddelike mag en krag, indien dit U heilige wil is en dit sal vir ewig geprys word!"

(Ek sê): "My dierbare Uron, voorwaar, voorwaar, jou hart gee My hart groot blydskap! Daarom sal jy en jou mense groot blydskap ontvang vir julle harte. Hierdie vreugde sal vir ewig by julle bly en niemand sal in staat wees om dit van julle te neem nie. Daarvan kan julle seker wees as julle My leer aanneem, asook die onderrig van hierdie, my kinders en boodskappers. Dit sal baie makliker vir julle wees, want in wysheid van My geregtigheid, oortref julle in elk geval al die ander nasies by verre. My leer is maklik genoeg om te volg, want Ek, as die Skepper, weet die beste wat julle almal nodig het en wat, met inagneming van julle aard, die maklikste sou wees vir julle om te onderhou om julle verlossing te bereik. So moenie bang wees vir die nuwe las wat Ek op julle skouers plaas nie. Ek kan julle verseker, dit sal lig en sag genoeg wees!

Die onderrig wat Ek julle nou gee is kortliks as volg: Hê My lief, julle Meester, God en Vader, met al julle krag en hê mekaar ook lief. Elkeen van julle moet probeer om in My Naam van diens te wees aan die ander. Geen een moet dink dat hy beter is as sy broer of suster nie. So sal dit maklik wees vir julle om My geliefde kinders te word en vir ewig so te bly. Beskerm ook julle ou morele reinheid. Laat dit ver van julle wees om die begeerlikheid van die vlees te geniet waarin julle onlangs gelei is deur die bedrieëry van `n bose gees. Verwek op die ou, goeie, geestelike manier, wat in julle wil ingeplant was en nie in julle vlees nie. Voortplanting deur middel van natuurlike vleeslike omgang sal ook vir julle moontlik wees en so kan julle kinders verwek van die vlees en van die wêreld. Maar watse goed sal dit julle doen? Julle sal net vir julleself diewe, rowers en moordenaars teel, wat binnekort magtiger as julle sal wees en julle slawe van hul bose begeertes maak. Daarom, neem alle voorsorg om julle liggame te beskerm teen so `n boosheid en raak nie julle dogters aan deur wie julle ware duiwels in die wêreld sal bring nie. As julle dit onderhou, sal dit baie maklik vir julle wees om die kindskap van My te bereik.

Maar as julle in die vlees bly begeer en die van julle dogters, sal julle jul krag van geestelike voortplanting verloor. In plaas van julle huidige lig, eteriese liggame, sal julle growwe, swaar, lelike liggame kry, wat geteister word deur siektes, waarin die onsterflike gees slegs met moeite in staat sou wees om te beweeg. Verder sal julle sterf, wat julle tot nog toe nie ervaar het om te ly nie. Daarom, hou vas aan julle vorige morele suiwerheid en pas van nou af geestelike voortplanting toe. Want wat die lewende gees wek bly lewe, wat nie dood ken nie, terwyl dit wat dooie vlees wek, dood bly en het groot probleme om die lewe te verkry, want die wortel van die vlees is die dood. So onwaarskynlik as wat `n lewende tak wat op `n verdorde stuk hout ingeënt word, lewe sal voortbring, sal dit die geval wees met `n lewende gees in die dooie vlees. Julle wilskrag sal ook so verswak wees dat julle nie op dit alleen kan staatmaak om julle tuine te versorg en die grond te bewerk nie. In daardie geval, sal julle tevrede moet wees met die plante wat groei van saad en julle sal nie in staat wees om, soos tans, voortdurend ryp voedsel uit die grond van julle aarde te oes nie, maar sal angstig en dikwels ongeduldig moet wag vir die tyd wanneer die een of die ander vrugte ryp geword het. Dit sou dieselfde wees met die bou van julle woonplekke. Die boumateriaal sal dan hard, swaar en broos wees en julle sal nie in staat wees om dit bewerkbaar lig en volhoubaar te maak deur die krag van julle wil nie. Dit maak julle nou gelukkig om in staat te wees om sigbaar kontak te maak met julle heengegane broers, dat julle hulle kan sien, met hulle praat en hulle selfs vertroetel. As julle aanhou om verkeerd te lewe, sal dit onmoontlik word vir julle. Maar as julle in die toekoms leef in ooreenstemming met my onderrig, sal julle nie net julle groot voorregte behou nie, maar julle sal addisioneles kry, die voordele daarvan sal so groot wees, dat julle dit op hierdie stadium gladnie sal begryp nie. Nou is julle alles vertel wat julle moet doen. Dit is nou vir julle om dit te aanvaar en dienooreenkomstig op te tree. Vra julle harte en vertel my eerlik wat julle van plan is om te doen. Ek gee julle volle vryheid van besluit en Ek sal ook nie in julle gedagtes kyk nie, sodat julle die besluit sonder die minste inmenging kan maak."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205