Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 181 -

DIE SONWYSE SE BEVESTIGENDE ANTWOORD AAN PETRUS. SY KRITIEK OP DIE MEESTER SE BELOFTES.

(Uron, die wyse): "Ja, vriend, ons is in ooreenstemming met die Meester se wens, want hoe kan `n mens die Almagtige wil van die Meester teenstaan, hetsy wat Hy vra maklik of moeilik is om te doen? As ons dit nie vrywillig op onsself neem vir ons toekomstige voordeel nie, sou ons dit onder dwang moet doen, wat dalk ons ondergang kan beteken. Ons verkies dus by verre om dit te doen uit ons eie vrye wil, om so iets vir ons toekomstige lewens te kry, eerder as om te verloor. Van wat jy en jou voorganger ons vertel het, het ek besef dat ons, ons vrye, kreatiewe wilskrag waarmee ons sover ons tuine bewerk het en gewoonlik ons wonings opgerig het, in die hande van die Meester sal moet teruggee. Maar dit maak nie regtig saak nie, omdat ons sonder twyfel, hierdie vermoë heeltemal deur gebed sal terugkry. Ons weet deur middel van ons innerlike insig, sowel as deur middel van verskillende geeste uit jou aarde, dat die Meester nooit baie puntenerig is waar dit Sy beloftes aangaan nie. Wie Hy rykdom beloof, gee hy armoede, wie `n lang lewe in goeie gesondheid belowe is, kan reken op lyding en `n vroeë einde aan sy lewe, die een wat Hy vryheid wil gee, word `n gevangene in die wêreld en die wat Hy liefhet, het Hy kragtig versoek en gepynig. Diegene wat die meeste getrou bly aan Hom en Sy Woord, moet ellende en vervolging ly en dié wat Hom liefhet bo alles, laat Hy toe om gekruisig te word en so aan. Maar, soos reeds gesê, dit maak nie saak nie, want Hy alleen is die almagtige Meester van sy werke en Hy kan met hulle doen wat Hy wil. Niemand kan Hom vra, "Meester, hoekom het U dit of dat gedoen wat ons nie goedkeur nie?" Hy is die Meester en dit is genoeg vir almal! Ons weet dat die Meester Sy konings op die aarde ewige soewereiniteit beloof het, maar hulle het soos al die ander gesterf. Hy het sekere mense `n land beloof om vir ewig te regeer, maar, soos ons gehoor het, het hierdie uitverkore volk nie meer `n land nie. Ons weet dat die Meester wysgere uitverkies het, om Sy wil aan die mense te openbaar en wat Hy sou doen. Maar toe die tyd gekom het dat hierdie tekens vervul moes word, het die wyse manne soos dwase daar gestaan, want die Meester het nie laat gebeur wat Hy aan hulle openbaar het nie. En daar is baie ander sulke gevalle. Soos jy kan sien, kan `n mens nie die Meester se beloftes letterlik opneem nie. Dieselfde geld waarskynlik vir die verhoring van gebede, want wie kon Hom ooit forseer vir iets? Hoe ook al, ons sal jou voorstel aanvaar, wetende maar net te goed dat `n weiering van ons kant uiters dwaas sou wees. Daarom, laat die almagtige Meester se wil geskied!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205