Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 179 -

PETRUS STEL DANK EN VERSOEK VOOR. URON SE VEELSEGGENDE VERWERPING VAN DIE GEBED TOT GOD.

(Petrus): "Die Meester se almag is Sy ewige orde waaruit julle, sowel as die hele oneindigheid ontstaan het. As die Meester julle nou wou verander, sal Hy eers die hele order moet verander. Dit is baie onwaarskynlik dat Hy dit ooit sal doen, gesien die feit dat Hy self die orde is. Maar julle lewe tot nou toe kan beskryf word as uiters gemaklik en sorgloos; julle het nie nodig om enige weerstand hoegenaamd te bowe te kom nie en niks veroorsaak ooit vir julle probleme of moeite nie. Van geboorte tot die vrywillige aflê van julle liggame weet julle van geen noemenswaardige onvolmaaktheid nie, dus van geen selfontkenning nie. Julle weet baie goed dat julle, met julle hele wêreld, die werk is van `n uiters wyse Goddelike Gees wie julle baie hoog eer. Maar het julle al ooit tot Hom gebid om Hom te bedank vir enige van die groot seëninge wat Hy in so `n oorvloed op julle bly uitstort. Tot nou toe het julle geleef asof julle heeltemal onafhanklik van Hom is. Sou dit te veel gevra wees om in die toekoms julle te verwerdig om `n bietjie meer afhanklik van Hom te wees? Praat weer en sê vir my getrou wat julle besluit om te doen."

(Die wyse): "Vriend, ons wil dit graag doen, inderdaad! Veral met betrekking tot die dank aan Hom vir ons baie en groot seëninge. Ons sal ons bes doen om dit te betuig aan die groot, heilige Gewer van ontelbare wonderlike geskenke uit die diepte van ons harte. Maar sover as versoek betref, kan ek glad nie daarmee saamstem nie, want ek sien elke versoek as `n belediging vir goddelike wysheid. Want deur gebed tot die Godheid, verklaar ek natuurlik dat ek `n beter insig as God het, want op `n manier maak ek aanspraak dat ek beter weet wat ek nodig het as die Meester self. Ek dink dat selfs `n kind van God nie veronderstel is om dit te doen nie; ander wesens selfs minder. Buitendien, `n gebed lyk vir my soos `n beleefde stryery waarin die skepsel poog om `n sekere hardheid en soort van `n hardnekkige wreedheid in die Skepper te verower en so oor Hom te triomfeer. Werklik, vriend, ek wil eerder glad nie bestaan as om die wysste en liefdevolste almagtige Skepper met `n versoek te benader asof ek beter weet as Hy wat ek nodig het, of deur te bid vir ander, wys dat ek meer genadig is as Hy nie. Watter soort ontsag vir God, die ewige wysste en magtigste gees, sou dit wees? Daarom, my antwoord op jou voorstel is as volg: Ons wil altyd heeltemal afhanklik van Hom wees, soos die geval sover was, want dit is heeltemal onmoontlik om van iemand anders afhanklik te wees. So, ons sal Hom vir ewig dank, uit die diepte van ons wese, vir elkeen van Sy gawes wat ons erken as oneindig goed. Maar ons sal nie en wil nie of kan nie, Hom vir iets vra nie, want ons is ten volle daarvan oortuig dat die Meester soveel beter weet wat ons nodig het en Hy het nie nodig om daaraan herinner te word deur miserabele wesens nie. Laat dit dus ver van ons wees om aan Hom deur gebed te kenne te gee dat Hy `n harde God is en `n swakheid het wat net in die regte orde gebring kan word deur versoeke van Sy skepsels. 

Vriend, almal van ons respekteer God, die Hoogste Gees, te hoog en het `n verhewe mening van sy volmaaktheid, dat ons ooit onsself tot so `n mate kon vergeet om Hom wat ons gemaak het, sonder om gevra te word, so volmaak as wat nodig is vir ons, met `n versoek te benader. Ons sal Hom altyd dank vir die baie seëninge en gawes, waarvan die kleinste so groot en heilig is dat ons beswaarlik in staat is om dit ten volle te waardeer. Maar, soos reeds aangedui, ons sal nooit aanstoot gee met `n versoek aan Hom, die Allerheiligste en Volmaakte Een nie. Jy kan maak soos jy wil, maar met al jou wysheid sal jy waarskynlik nie daarin slaag om ons te oortuig dat ons tot Hom moet bid nie, tensy die Meester self uitdruklik vra. Natuurlik kan geen skepsel ooit die wil van God teenstaan nie. Andersins sal ons vry bly in ons aksies en doen wat ons dink reg is voor God, die mense en engele."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205