Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 158 -

CHANCHAH SE ERNSTIGE BEDENKINGE TEN AANSKOUE VAN HIERDIE HEERLIKHEID. OOR DIE PRAG VAN 'N HART WAT GLOEI MET LIEFDE. VERSKEIE TEENSTRYDIGHEDE.

(Die drie sondogters). "Liewe susters, as julle al so verheug is oor hierdie eenvoudige buitekant, wat gaan julle sê wanneer julle die binnekant van ons woning sien. Want al ons sorg en aandag word gekonsentreer op die binnekant van ons huise? Ons glo om eer te doen aan die Groot Oergees deur gebruik te maak van al die talente wat ons gegee is op `n wyse wat ons van mening is wat ons gees waardig is. Ons dink dat elke groot heerlikheid ten volle geregverdig is as dit volbring word deur ons intelligente wesens ter ere van die Allerhoogste Gees. Want as die Groot Gees ons bedeel het met so `n neiging, wat `n wet vir ons gees is, hoe kan ons die minderwaardige, in plaas van die verhewene skep? Sal dit nie beteken dat ons, ons gees anders wil hê as die manier waarop dit deur Hom geskep is nie? Daarom, neem nie aanstoot deur die prag van ons huise nie, want hulle is nie die resultaat van ydelheid nie, maar bloot van die wyse behoefte van ons gees."

(Chanchah): "Dit is dus dieselfde hier as op aarde met die sogenaamde Jesuïete, wie se leerling ek was, Omnia ad majorem dei gloriam Is dit moontlik dat hierdie goddelose monnike hulle weg selfs hiernatoe gevind het? Natuurlik is so `n huis by verre meer wonderlik as `n koninkryk van my land op die aarde. O, julle pragtige arme mense. Kyk na die Meester. Sy klere sal aan julle openbaar wat die aard van prag is wat Hy van hou! Dit sal julle sonder twyfel toon of Hy eksterne prag waardeer. Die prag van `n hart wat met liefde gloei verheug Hom bo alles, elke ander ding is `n gruwel vir Hom. As dit nie die geval was nie, sou Hy dikwels by julle gewees het, net soos wat Hy op my planeet dikwels na die armste en mees onbeduidende kom en hulle persoonlik as `n liefdevolle Vader leer om Sy kinders te word en Hy gee hulle Sy genade in alle volheid. Maar Hy kom nie na die groot en belangrikes wat ook in pragtige paleise woon nie en Hy leer hulle nie om Sy kinders te word nie." 

(Die drie): "Jy mag reg wees, liewe suster, maar hoe het jy al so `n lus vir die Meester geword. As die Gees van die Allerhoogste regtig in Hom woon, omdat jy, soos dit aan ons geopenbaar is deur ons innerlike wysheid, nie uit `n armoedige huis op jou planeet kom nie?"

(Chanchah): "Dit is die rede waarom op my planeet sulke genade my nie te beurt geval het nie. Maar dat ek nou so naby aan Hom is, is net as gevolg van my liefde vir Hom. Want ek het Hom liefgehad met al die hitte van my hart voor Ek Hom geken het en voor ek uitgevind het dat skepsele ook, die mees heilige Skepper kan liefhê. En dit was hierdie liefde en nie die prag van my aardse woning wat my na Hom gebring het."

(Die drie): "Maar ons is nou ook saam met Hom, selfs al is ons huis van groot heerlikheid. Hoe is dit dan moontlik as Hy regtig is wat jy sê?"

(Chanchah): "Liewe susters, uiterlik wil dit voorkom asof julle saam met Hom is, maar dit is geen werklike ware nabyheid nie. Dit sal gou vir julle duidelik word as Hy met julle wysgere praat. Maar ons het nou julle woonhuis bereik. Martin het reeds gaan staan en draai terug om advies te kry. Laat ons nou stil wees. en aandag gee aan alles wat sal gebeur."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205