Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 82 -

TWEEDE TONEEL VAN DIE DRAMA MET DIE DAMES VAN DIE HEILIGE HART. DIE HELSE STORM OP SEE. DIE ONGEDIERTES WORD IN 'N SAK GEVANG. BOREM SE KOMMENTAAR.

(Biskop Martin): "Maar wat is dit? Kyk, in die verre weste styg digte wolke op uit die see, soortgelyk aan wat ek soms op die aarde gesien het voor die swaar donderstorms. Die wolkformasies dryf digter en digter, met ontelbare flitse van weerlig. Ek sien ook die waterstrale van verskillende groottes beweeg voor die aankomende donker grys wolke. Dit lyk baie dreigend! Ons ou mense merk die naderende storm op en wend groot pogings aan om die veilige strand te bereik. Hoe hard hulle ookal probeer, hul pogings lyk tevergeefs. plaas van om nader te kom aan die kus, beweeg hulle steeds verder en verder weg. Dit moet `n vreeslike beproewing wees vir hierdie ou mense, beide mans en vroue! In die verte, na die suide, kan ek nog steeds die twee witgeklede manne sien, hulle blink soos twee sterre. Maar dit lyk nie of hulle enige aandag skenk aan die naderende sterk storm nie. Ek sien dit kom nader en nader, tesame met meer as `n duisend waterstrale en talle flitse van weerlig. Ek hoor ook verskriklike donderslae en ek sien die golwe opstapel tot die hoogte van die berge. O aarde, o aarde, dit lyk nie te goed nie! En die ou mense, hulle probeer so hard, maar alles tevergeefs! Dit wys jou net hoe hulpeloos die mens is teen die krag van die elemente. Tensy hy gesteun word deur goddelike krag, sal hy vir ewig `n niks wees nie. Maar ek is nou baie nuuskierig om te sien wat gaan gebeur."

(Borem): "Kyk noukeurig en jy sal gou sien watter rigting hierdie storm sal neem. Moenie bekommerd wees oor die ou mense wat tevergeefs probeer om die strand te bereik voor die naderende storm nie. Dit het geen betrekking op hulle nie. Die twee wyse boodskappers in die suide is nou die teiken vir wraak, omdat hulle nie wou luister na die pleidooi van hierdie dames nie. Dit dui reeds `n paar helse elemente aan, maar net effens. Hulle het by die bodem van hulle dwaasheid gekom, waar hulle sommige van hulle oorblyfsel aardse aristokratiese trots en wellus na mag gevind het. Hierdie oorblyfsel vlam op van hul vernederende herinnering van hoe, soos hulle dink, die boodskappers hulle verander het in paddas en hulle sonder genade die see van veroordeling ingedryf het. Die vuur deur hierdie oorblyfsel aangesteek bevat hulle hele wese en het hulle op die randjie van die eerste hel, waar hulle baie aangename ondersteuners vind. Verenig met hierdie, beweeg hulle nou saam in die storm wolke, verlangend om wraak te neem op die twee boodskappers en op diegene wat hulle gestuur het. Kyk, die belangrikste aksie sal nou plaasvind."

(Biskop Martin): "Dankie en veral aan die Meester vir hierdie verduideliking. Maar dieselfde tyd moet ek bely dat ek nou regtig kwaad voel vir hierdie nonnies, terwyl ek voorheen nog soort van jammerte vir hulle gevoel het. As ek net die mag van dié twee boodskappers het, sou hierdie storm-heldinne nie te goed vaar nie! Maar ek hoop die twee sal weet hoe om hulself teen hierdie dom, afskuwelike wesens te verdedig. Kyk, die storm draai nou regs na die suide. Talle flitse van weerlig is gerig in die rigting van die twee wyse manne, wat nou bewegingloos staan, net soos die twee sterre, Castor en Pollux. Hoe kragtig styg die golwe en hoe woed en brul die storm!

Maar kyk na die arme ou mense! Hulle is nou nie in staat om regop te staan nie, maar kruip op hul hande en voete. Dit moet regtig hel wees vir hulle! O, o, `n stuk van die wolke skei van die res en kom in die rigting van die ou mense. Ek wonder wat sal daarvan kom? Kyk daar! Die stukkie wolk omvou die eerste ou man wat homself in die see gegooi het en dra hom na die strand. Dit gebeur met die spoed van weerlig! Nou kompakteer die wolk in `n menslike vorm.

Ah, dit is een van die dames - die eerste een, in die agterkant van wie se kop Ek kyk. Sy troos haar pa, omhels hom selfs en hy is so baie gelukkig om in sy arms die dogter te hou wat hy geglo het vir altyd verlore is. Ek moet sê dit is `n baie ontroerende gesig. Intussen storm die ander skaamteloos voort. Ek kan nou die agterhoede van die storm sien, wat bestaan uit `n ontelbare leër van jakkalse, krokodille en God weet watse ander ongedierte! Wat `n lawaai! Wat `n gebrul, gefluit en gesis! Die see lyk siedend te wees onder die stormwolke en begin al te gloei. Groot vuurballe is nou sigbaar in die wolke, sommige reeds baie naby aan die boodskappers, wat nou beter sigbaar is as voorheen. Einde ten laaste draai die twee om en dreig die storm wat egter nie toegee nie, maar net sy intensiteit verskerp. Dit lyk merkwaardig! Kyk, die twee gee nou vinnig pad en kom in die rigting van die ou man en sy dogter op die strand. Hulle het aangekom, dank God en groet die ou man en sy dogter met die grootste vriendelikheid. Hoe wonderlik en roerend is dit nie. Maar die storm draai nou ook in die rigting. Hierdie padda- en ongediertes-storm is baie aggressief! Ek wonder wat sal van dit alles kom?"

(Borem): "Kyk versigtig! Die hoogtepunt van die tweede bedryf is op hande. Jy sal nou die oordeel en `n noodlottige ontwikkeling sien!"

(Biskop Martin): "Ja, broer, in die ontwikkeling van hierdie gesaaides sal die opbrengs waarskynlik baie min graan vir die hemel inbring, maar al hoe meer onbruikbare kaf vir die hel. Maar ek beter aandagtig kyk na hierdie toneel. O, kyk, die storm is naby aan die kus. Die ou man en sy geredde dogter is baie bang, maar die twee wyse boodskappers troos hulle en ek hoor hulle sê: "Moenie vir hierdie bluf bang wees nie. Dit het geen werklike bestaan nie! Wanneer blindheid woedend is, kan die siende dit maklik ontduik! As `n duisend blinde krygers, gewapen met swaarde en spiese `n aanval doen teen een siende, goedbewapende en ervare vegter, wat kan hulle bereik? Die een kan maklik almal van hulle doodmaak. En hier in die geestewêreld is dit selfs baie makliker as op die aarde, want sulke lae geeste is nie net blind nie, maar ook doof. Wees verseker, die twee van ons sal al hierdie storm-ongediertes in `n sak vang en dan kan ons met hulle doen wat ons ookal wil. Kyk nou wat gaan gebeur! "Ek is baie bly om te sien dat die twee wyse manne reeds op die beste van terme met die ou man en sy dogter is. Maar hoe die twee voor die vinnig naderende woedende storm gaan staan en dit selfs in `n sak vang, om getuie te wees daarvan, sal regtig die moeite werd wees!

Maar nou is die ou mense wat nog steeds op die water is, heeltemal omvou met die stormwolke en skree om hulp. Maar geen hulp kom nie, behalwe dat die krag van die storm hulle in die rigting van die strand stoot, net soos `n sterk wind kan doen met artikels wat op `n plaat ys lê. Nou het die ou mense die strand bereik en die storm swiep uit teen die twee gesante met ontelbare flitse van weerlig. Hulle het egter `n groot sak oop en een van hulle sê vir die storm: “Luister, jou wrede monster, óf jy kom in hierdie sak, of jy sal veroordeel word na die hel. Jy kan kies.” Daar is `n magtige donderslag, ontelbare flitse van weerlig skiet in alle rigtings uit die steeds krimpende massa donderwolke en in die middel van die wolke steek `n aaklige monster sy lelike kop uit met gapende kake, asof gereed om die hele aarde in te sluk. Dit is `n verskriklike gesig, maar ons twee gesante lyk nie of hulle enigsins bang is nie en een van hulle herhaal: "Sak of die hel!" Ah, kyk, die enorme massa wolke, insluitende die monsterkop, krimp tot `n klein poel, ongeveer die grootte van `n vat. Dit rol nou in die rigting van die opening van die sak en daarin! Dit lyk snaaks. Die hele storm in `n sak! Dit is amper soos om te kyk na `n sprokie van Een Duisend en Een Nagte. Ek wonder wat sal volgende gebeur? Die storm in die sak is so rustig, amper asof dit nog nooit geroer het nie. Wat `n koddige prentjie! `n hele woedende storm, met al sy verskrikkinge, in `n sak! Broer, as dit ook `n wyse en diep betekenis het, dan eet ek my hoed op!"

(Borem): "Maar dit het `n baie wyse betekenis! Het jy nog nooit gehoor van ware boete in sak en as nie? In die lig van hul uiterste boosheid, het hierdie stormheldinne hul oordeel ontvang deur die boodskappers: Hulle kan kies tussen berou, dit is, dat hulle die sak uit eie vrye wil ingaan, of verban word deur die mag van God na die eerste graad hel, wat bestaan uit die uiterste vernedering en verlaging van die siel. Die eerste, `n vrylik verkose vonnis, kan die lewe vir `n siel beteken as dit vasberade nagevolg word ongehinderd deur valse selfrespek. Die veroordeling na die hel kan die dood vir die siel beteken, want dit is `n vonnis gevel ingeval die siel nie bereid is om haarself te verdeemoedig nie. Maar sy moet verneder word, of ander siele kan aansienlik nadelig geraak word deur die onbeheerde arrogansie van `n enkele siel. Of en hoe sulke siele wat veroordeel was, na die hel nog steeds die lewe kan bereik en hoe dit daar gelei word, dit weet net die Meester en hy aan wie die Meester dit in die geheim openbaar.

Verstaan jy nou die wyse betekenis van die sak? Om in `n sak te gaan beteken om al `n mens se wellus en begeertes toe te sluit, om ontslae te raak van hulle en uit die sak te kom soos `n nuwe skepsel, aangenaam vir God. Verstaan jy nou hierdie manifestasie wat so dom vir jou gelyk het?"

(Biskop Martin): "Ja, broer, dit is nou baie duidelik vir my en `n ander ding ook, dat ek nog `n groot esel is! Dit is alles so helder en logies en ek, domme esel wat ek is, lag oor hierdie goddelike manifestasie! Geagte broer, jy moet werklik baie hemelse geduld besit dat jy my nie ook in so `n sak sit nie!"

(Borem): "Dit is niks! Ek kan net herhaal wat ek vir jou voorheen gesê het, dat jy naby aan `n groot en wonderlike doel is. Bly jou hart met ywer bewerk en hou alles aandagtig dop en jy sal gou sien hoe naby jou eie verlossing is."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205