Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 147 -

MOEILIKE OMSTANDIGHEDE OP AARDE VIR HULLE WAT KINDERS VAN GOD WIL WORD.

(Ek sê): "My liefste kindertjies, kyk, die mens se liggaam het verskillende ledemate en sinsorgane, maar die oor kan nie hê wat die oog het nie, ook die mond wat die neus. Die hoof wat die hart. Of die hart wat die voete en die hande het. As die hele liggaam egter goed is, dan is die individuele ledemate ook. Die oog voel nie ontevrede omdat dit nie kan hoor nie, ook nie die oor omdat dit nie kan sien nie. Daarom het die hoof nog nooit gekla omdat dit verder van die hart is as die longe nie. Want al die dele van die liggaam, ongeag wat hul werk mag wees, kry hulle lewe en genot van een hart waarin liefde en lewe is. En so julle ook, my kinders, alhoewel nie die werklike hart in God se groot orde nie, deel julle in al die sake van die hart van God. Diegene van julle wat liefde egter verstaan, soos julle, sal ook aanvaar word deur die liefde. Terwyl julle nog bloed is, kan julle `n deel van `n ledemaat of orgaan word. Maar wanneer die bloed die voedingstowwe geword het van `n bepaalde deel van die liggaam en deel word daarvan, so `n saamgesmelte deeltjie bloed kan nooit na `n ander deel oorgaan nie. Ek weet dat julle wysgere dikwels verbaas is oor die groot voorreg van die klein wêreld wat hulle gewoonlik noem die "Heilige Planeet," wie se mense, sonder uitsondering, die kinders van die Allerhoogste is. Maar dink aan die ellende van hulle lewe in daardie wêreld! Van kindsbeen af, het hulle te maak met swakke liggame, met honger, dors, oormatige koue en nog erger hitte. Hulle liggame is onderhewig aan `n duisend pynlike lydings en uiteindelik ook `n pynlike dood. Die mens se geboorte is daar ook pynlik en so is sy vertrek uit die wêreld. Tot om en by sy twaalfde jaar, is die mens skaars in staat tot volwasse denke en word dikwels deur `n swaaiende lat gevorm tot `n verstandige persoon. Sodra hy ietwat kennis opgedoen het, word hy belas met die juk van talle moeilik-te-hou wette, en `n oortreding word swaar gestraf, tydelik en selfs ewig. Daarbenewens moet hy hard werk vir sy lewensonderhoud om sy brose en lastige liggaam aan die lewe te hou. Desondanks is hy dikwels, tot die laaste oomblik van sy tydelike lewe, onseker watter soort lewe op hom wag na die pynlike dood van sy liggaam en selfs as hy glo dat daar `n ander lewe is, word dit dikwels aan hom beskryf as verskriklik en minder wenslik as ewige vernietiging. Ten spyte van al hierdie verdrukkinge, het hy sy lewe lief, so baie dat die dood vir hom die mees verskriklike ding van alles blyk te wees. Oorweeg wat die mense van julle sogenaamde "Heilige Planeet " moet deurgaan ten einde geskik te word vir die uiteindelike hoogste roeping, en sê vir My, kan julle hulle beny wanneer julle hulle met julleself vergelyk, of wil julle dit op julleself neem sodat julle miskien kan word wat hulle nog nie van geboorte af is nie en nooit kan bereik nie, tensy julle voldoen aan al die harde omstandighede en lewe in ooreenstemming met die horde wette wat direk deur die Hoogste Goddelike Gees bekragtig is?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205