Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 168 -

DIE MEESTER EN URON, DIE SONWYSE. URON SE BEKERING EN GOEIE ANTWOORD. MARTIN SE WAARDERING VAN URON SE TOESPRAAK.

(Nou kom Ek na vore en praat): "Uron, sê vir My, is die deur in die huis moeilik om oop te maak, of is dit maklik? As dit maklik is, lei ons dan binne. Maar as dit moeilik is, laat Ek dit toets om te sien hoe moeilik dit regtig is."

(Uron, die wyse): " Mees Goddelike vriend van al die heilige engele en die mense, ek voel dat U nie een is wat wysheid soek van mense nie. Want al ons wysheid is in elk geval `n geskenk van U, soos al ons geboue U werk is. En so dink ek dat dit onnodig vir my is om U te vertel hoe die deur in die huis oopmaak. Sê vir ons wat om te doen en dit sal gedoen word!" 

(Ek sê): "Jy het my vraag beantwoord. Die deur maak maklik oop, so lei ons na binne. Toe Ek die vraag gevra het, het Ek nie bedoel die deur van die huis nie, want hoe sou dit vir My belangrik wees Wie die mag het om skielik tienduisende sulke wonings tot stand te bring en dit weer te laat verdwyn? Ek het die vraag aan jou hart gevra, wat die regte deur in die huis van jou wese is. Daardie deur maak maklik oop en dit is waar Ek wil hê dat jy My moet lei. Dit het jy reeds op die regte manier gedoen. Nou kan jy ons almal lei in hierdie uiterlike huis in, as getuie van wat jou lewe uitmaak en dat almal kan sien dat Ek ook die Meester is van hierdie huis en hierdie aarde." 

(Uron): "U is die Meester, hier soos oral! Ook hierdie uiterlike huis behoort vir ewig aan U en niemand anders het die reg om daarin te wees of te doen soos hy wil nie. Daarom sal dit baie aanmatigend van my wees as ek U, die ewige, ware eienaar van hierdie huis, sowel as van die hele wêreld, in U regmatige eiendom inlei. O Meester, U die ewige eienaar van die oneindigheid, U het uiteindelik na U eiendom gekom, lei ons as die enigste regmatige gasheer in hierdie huis van U!"

(Ek sê): "Jy het goed gepraat, want dit is soos jy sê. Maar deur My engele het Ek jou as my bestuurder aangestel en nou kom Ek om die rekening met jou te vereffen. So dink Ek dat dit jy moet wees om My, jou Meester, in te lei in die eiendom wat Ek aan jou toevertrou het."

(Uron): "Sekerlik, as U `n huurder was, o Meester. Want as iemand wat geen ander eiendom het nie, `n plaas huur, moet hy gelei word deur die bestuurder wat sy weg ken, maar U is in die ware sin die eienaar van hierdie eiendom. Nie `n atoom van wat hierdie huis bevat, of my swak administrasie is onbekend aan U nie. Daar sal nie veel rekeninge met my te vereffen wees nie, want ek is nou heeltemal oortuig daarvan dat my swak huishouding vir ewig aan U bekend is in al sy onbetroubare punte. Daarom kom ek weer na U met die nederige versoek: U, enigste Meester en Vader van hierdie en elke ander huis, betree U eie eiendom. En wat my betref, u baie slegte bestuurder, wees my genadig en straf my nie na my kwade verdienste nie." Met hierdie woorde val die wyse aan my voete en ween vir die eerste keer in sy lewe. Lag en huil is byna onbekend aan die inwoners van hierdie wêreld met hulle stomp wysheid.

(Maar Ek roep Martin en sê): "Martin, hoe het jy van die toespraak van hierdie nou ten volle bekeerde wyse gehou?"

(Martin): "O Meester, wat hy gesê het, is die volle waarheid, tot so `n mate dat ek nie kon dink dat enigiets meer waar is nie. As die Jode maar net so gepraat het, toe U na die aarde gekom het, dan sou geen Judas U verraai het nie en sou `n Kajafas en Pilatus U nie gekruisig het nie. Want ook daar het U gekom na wat geheel en al U s’n was, maar hulle het U nie geken soos hierdie vreemdeling van hierdie wêreld nie, maar niemand kan ongedaan maak wat gebeur het nie. Daarom, o goeie Vader, vergewe almal wat nie weet wat hulle doen nie en teenoor wie nie, - ongelukkig behoort ek ook aan hulle."

(Ek sê): "Jy ook, My Martin, het waar gepraat. Maar neem nou hierdie wyse en neem hom in die huis voor My. Laat dit so wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205