Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 26 -

BISKOP MARTIN SE BESKEIDENHEID EN SAGMOEDIGHEID. DIE SALIGE LIEFDE FEES AAN DIE HERE SE TAFEL.

Ons het nou gaan sit om die tafel en Petrus bring die wyn en `n toga (ou Romeinse buitenste kledingstuk) vir Biskop Martin, en sê: "Daar, broer, omdat jy jou jas en onderbaadjie aan die armes gegee het, trek hierdie ietwat beter kledingstuk aan vir die maaltyd. "Biskop Martin kyk na die mooi ligblou gewaad met `n diep rooi garneersel, en sê: "Ag, maar dit is veels te mooi vir my! Hoe kan jy voorstel dat ek, `n arm sondaar, `n gewaad soos hierdie dra wat lyk soos die een wat ons Verlosser, Jesus, die waardigste van alle mense, op aarde gedra het? Dit sal `n bespotting wees! Nee, ek sal dit nie doen nie! Hoewel Jesus nie werklik die Godonkundige mens was wat die mense Hom wil maak nie, was Hy die wysste en die beste van alle mense wat ooit op die aarde geloop het, die volmaakte mens sonder sonde, wat die hoogste welwillendheid van die Meester verdien, terwyl ek die grootste sondaar is en was. Daarom kan ek nie hierdie kleed dra nie! Ek sal liewer nie `n stukkie brood eet, of `n druppel wyn drink, as om hierdie Jesuskleed in die ware sin aan te trek, so onwaardig soos wat ek is. Gee my enige lap wat geskik is vir my! Dit is oorgenoeg dat ek in die wêreld die klere van Melgisédek gedra het, watter dwaasheid my genoeg lyding hier veroorsaak het; vir die toekoms, hoop ek om wyser te wees met die hulp van God!"

(Ek sê): "Soos jy wil! Daar is absoluut geen dwang hier nie. Geniet jou maaltyd sonder `n jas. Laat dit so wees!"

(Biskop Martin): "Ek is bly daaroor - geen luukse vir my nie! Maar nou, liewe broers, ek het `n versoek. Alhoewel ek nou redelik honger en dors is, is ek seker dat ons arme nuwelinge veel slegter af is. Daarom, gee my toestemming om my deel vir hulle te gee en laat my dit persoonlik na hulle neem. Die vreugde om hierdie armes te gevoed het sal die grootste bevrediging vir my hart wees!"

(Ek sê): "Liewe broer, hierdie wens van jou hart maak my baie gelukkig! Maar, hierdie keer is jou wens voldoende, aangesien daar reeds goed na jou nuwelinge omgesien is. Daarom, kom en sit saam met My en eet en drink na hartelus. Na die ete, sal ons hulle gaan besoek en sien of ons `n gepaste werk vir hulle kan vind. Laat dit so wees!"

(Petrus praat): "Heer en Meester, deel U die brood en wyn uit, want dit smaak soveel beter as U dit doen, as wanneer ek myself help. Doen dit asseblief vir ons, liefste Heer en Meester!"

(Ek sê): "Ja, my liewe broer, dit sal My plesier wees, as ons beste vriend en broer hier nie omgee nie."

(Biskop Martin): "Glad nie, liewe vriende. Ek ken die sekte van die sogenaamde broodbrekers, U het waarskynlik aan hulle behoort op die aarde. Dit maak natuurlik nie enige verskil in die geestewêreld nie, maar as iemand sulke menslike vrome herinneringe geniet, laat hom dit doen. Maar ek het my deel van seremonies in die wêreld gehad, sodat ek baie goed kan doen sonder hulle hier. Dus gee ek nie om of jy die brood breek of sny of opsaag nie, solank as wat daar iets is om aan te kou wanneer dit nodig is! Maar ek is dit heeltemal eens dat die Meester van die huis die brood moet uitdeel aan sy dienaars; jy voel meer vry en gemaklik om brood te eet wat aan jou gegee is, as wanneer jy jouself gehelp het."

(Ek sê): "Heeltemal reg! Dus, omdat jy nie omgee nie, sal Ek die brood breek, dit seën, en aan julle gee!" Ek breek nou die brood, seën dit, en gee dit aan hulle. Petrus is naby aan trane van vreugde, maar Biskop Martin sit sy arm om hom en sê: "Wat `n liewe, goeie siel is jy! Die breking van die brood moes jou herinner aan die toneel met die twee dissipels op pad na Emmaus, wat waar mag gewees het, maar waarskynlik was dit `n vroom versinsel. Ek moet erken, ek was self dikwels tot trane beweeg deur dit. Want hierdie toneel is nie alleen van diepe betekenis nie, dit maak ook dat jy wens dit het werklik plaasgevind. Swak en kortsigtige mense hou daarvan om te hoor en te droom van wonderwerke, veral in die antieke tyd, toe God self `n rol gespeel het, onherkenbaar deur die mense wat betrokke was. `n Wonderwerk soos dit wat gebeur tydens hulle eie leeftyd sou baie meer ongelooflik wees. Liefste Meester en Vriend, breek die brood enige tyd, want ek hou ook van hierdie vrome gebruik! Wat `n heerlike brood! En die wyn - ek is seker ek het nog nooit beter wyn op die aarde geproe nie! Is hierdie wyn miskien ook van `n geestelike aard? Alhoewel dit nie regtig saakmaak waar dit vandaan kom nie, solank dit lekker smaak. Prys God in ewigheid vir hierdie heerlike maaltyd! Nou kan ek die volgende taak aanpak, selfs as dit harde werk is."

(Ek sê): "Ek is bly dat julle albei hierdie maaltyd geniet het. Mag dit vir julle geseënd wees! Maar laat ons nou gaan sien hoe ons armes regkom."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205