Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 151 -

DIE MEESTER SE LIEFDEVOLLE EN WYSE INSTRUKSIES AAN MARTIN. WENKE OOR WAT GEBEUR IN DIE HARTE VAN DIE DRIE SONMEISIES. MARTIN SE ERGERNIS EN DIE MEESTER SE GERUSSTELLENDE WOORDE.

(Ek sê): "My liefste Martin, jou wil en moed is baie lofwaardig. Maar jy moet nooit besluit op `n sekere aksie in die hitte van selfs `n geregverdigde woede nie, voordat jy nie duidelik die rede weet waarom jy soos `n leeu met `n duisend swaarde wil veg nie. `n Rukkie gelede het ek jou as `n meestervisser van hierdie wêreld genomineer en dit sal jy bly. En so moet jy die kroon van die helde voorgestel deur Petrus hou, want jy het werklik die situasie meesterlik hanteer. Net soos my broer Petrus gesê het, dit is baie moeilik om te bereik met hierdie mense wat jy bereik het, selfs al was dit deur my krag binne-in jou. Moenie dink dat, omdat ek hierdie drie in toom gehou het, hulle die liefde in hul harte volgens hulle lang toespraak versaak het nie. As dit die geval was, sou hulle ons nie gevra het om hulle te volg nie en sou hulle in elk geval nie so baie gepraat het nie, want hulle wysheid is gewoonlik redelik kortaf. Maar omdat hulle harte kragtig gebind was aan ons, praat hulle so veel en sou nog steeds aangegaan het, as ons enige besware gelig het. Maar omdat ons hulle nie onderbreek het nie, moes hulle uiteindelik tot `n einde kom. Ek kan jou verseker dat hulle onwillig van ons weggegaan het en kan skaars wag dat ons hulle volg. Soos jy sal sien, sal hulle binne `n oomblik hier na ons toe terugkom, waar ons nou vir `n rukkie sal bly. Dit sou dus onregverdig wees as ons hulle volgens hulle woorde oordeel, wat slegs deur jaloesie aangedryf was, `n jaloesie wat die resultaat is van hul nuutontwaakte liefde. Hulle het opgemerk dat ons onverskillig was oor hulle skoonheid en dat selfs met hul vurige liefde kon hulle hulself nie by ons inwikkel nie. Dus het hulle hul toevlug geneem tot goedaardige wysheid en die voornemens om vir ons goed te wees waar moontlik. Dink eers vir `n rukkie na daaroor en sê dan vir My of jy saamstem en of jy dink dat dit regverdig sou wees om hulle te beveg soos `n leeu met `n duisend swaarde." 

(Martin, verleë, dink daaroor in alle erns en sê dan): "O, ja, natuurlik, dit is hoe dit is! Wat `n dier is ek, wat `n esel en `n bees gekombineer! Waarskynlik die enigste een in hierdie groot, verligte en beter wêreld! Ter wille van U heilige Naam, waar het ek my oë, my lang ore en my sintuie in elk geval gehad? Hierdie lieflike, liefdevolle harte en ek wou, nee ek moet dit nie sê nie, want dit is te dom! Kyk, daar kom hulle reeds oor die koppie terug! O, julle soet kinders, kom, ag, kom! Julle ontvangs sal hierdie keer beter wees! Maar hoe kan ek nou my groot fout goedmaak? Waarskynlik weet hulle reeds in al die detail wat ek aan U oor hulle gesê het. Hoe vreemd sal dit nie wees nie!"

(Ek sê): "Martin, moenie na die uiterstes gaan met jou entoesiasme nie, alles sal uitwerk. Dink aan jou opdrag met betrekking tot die houding wat jy hier moet inneem, naamlik van liefde gekombineer met uiterlike erns en jy sal altyd die oorwinnaar wees en `n meester in die kuns van visvang in die water van die son. Nou terug na die erns, want hulle is reeds baie naby!"

(Martin): "O Meester, gee my `n bietjie meer insig en onderskeiding sodat ek in die toekoms beter kan oordeel in geval die drie heerlike wesens my weer konfronteer met hul verbysterende wysheid. Anders kan ek nie waarborg dat ek nie weer `n flater sal maak nie!"

(Ek sê): "Moenie bekommerd wees daaroor nie. Soos jy is, het jy meer waarde vir my hier as Petrus en Johannes, wie se visie al die geheime van hierdie wêreld deurdring. Want die wat al vooraf weet wat se vrugte sy pogings sal dra as gevolg van die orde van hierdie wêreld, het minder vertroue as een wat deur gebrek aan so `n visie, hierdie mense eerder sal behandel in ooreenstemming met die orde van sy eie wêreld. Bly daarom soos jy is en jy sal die beste moontlike resultate bereik. Hierdie mense verloor gou belangstelling in `n gees wanneer hulle vind dat sy wysheid gelyk aan hulle s’n is of, soos met Petrus en Johannes, ver bo hulle s'n. In sulke gevalle word hulle heel sarkasties en eerder terughoudend. Maar met geeste soos jy is hulle die vriendelikste mense wat jy kan hoop om te vind en dit is wanneer hulle, om so te sê, om `n mens se pinkie gedraai kan word. Daarom sal jy my die beste dien op die manier wat jy nou is. Maar nou stil, hulle is amper hier!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205