Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 117 -

MARTIN SE VERSOEKING DEUR SATAN IN DIE VERLEIDELIKE VORM VAN SATANA.

(Na `n ruk, draai Martin weer na die draak en sê): "Luister, jy onverbeterlike ontnemer van alle lewe, jou kwaaddoener, jou oerheld van geestelike duisternis en genadelose bringer van die dood aan al die arme siele, selfs al praat jy soos `n groot filosoof, dit is nie jou wil dat jy so praat nie, maar jou hulpeloosheid, omdat jy gevang is deur die grenslose mag van die Meester. Ek kan `n duisend lewens teen een wed dat jou taal heel anders sou wees as jy vry was! Ek is ten volle bewus dat jy, as die eerste en grootste gees van lig en reinheid, uit God gekom het. Jou krag het die ruimte van die uitspansel deurtrek en jou lig het geskyn soos `n oog van God. En ek weet ook dat God jou uit Homself geskep het vir die verwekking van die hoogste mees vrye en mees salige lewe, maar nie vir die val, waarin jy vir ewighede onveranderd gebly het in jou verhardheid nie. Sê my, hoekom is jy nie op die geestelike vlak wat deur die wil van God vir jou bedoel is nie? Hoekom bly jy God se wil weerstaan? Waarom verkies jy om vir ewig te bly in `n toestand van verskriklike marteling, in plaas van om na die Meester, jou God en Vader te draai en `n onbeperkte mate van oneindige vaderlike liefde in vryheid en oppermag te geniet? Praat, as jy voldoende wysheid het om my vrae te beantwoord."

(Die draak): "Wel, Martin, hierdie manier van vrae vra is baie meer sinvol as jou vorige manier en dit is `n krediet vir jou gees. Jy moet regtig sake aanraak wat `n goeie antwoord verdien. Maar voordat ek vrae oor sulke groot sake beantwoord, maak ek dit `n reël om die ondervraer te toets om seker te maak dat hy in staat is om te verstaan wat ek hom sal antwoord. Daarom versoek ek van die Meester, as Hy wil hê dat ek jou moet antwoord, om my volle vryheid vir `n kort tydjie te gee, in welke geval ek waarborg dat nie jy of enigiemand anders op enige manier benadeel sal word nie. As jy my toets slaag, sal ek al jou vrae antwoord. Indien nie, sal dit beteken dat jy nog nie by verre gereed is vir diepgaande wysheid nie. Ek kan ook byvoeg dat ek jou net sal toets as jy aandring op `n antwoord op jou vrae. Besluit nou wat jy wil doen." Martin draai weer na My toe en vra my wat hy moet doen.

(Ek sê): "As iemand `n werk begin moet hy dit voltooi, dit is die allereerste reël van alle ware lewe. Daarom sal jy moet toegee aan die voorwaarde van jou teenstander. Maar Ek sê vir jou, wees ferm. Want dit is `n uiters slinkse gees en sy toetse is slim lokvalle!"

(Dan draai Ek om na die draak en praat): "Jy is vry vir `n kort rukkie. Moet nie hierdie guns misbruik nie." Dieselfde oomblik ontbind die draak se verskriklike liggaam en uit die stof staan `n vroulike wese op van so `n opperste skoonheid wat die mooiste meisies op die son ver agter sou laat, `n onvergelyklike sagtheid, `n adellikheid van ledemate en gewrigte, `n sagte wit vel waarvan daar geen vergelyking in die hele oneindigheid is nie. En die onbeskryflike wonderlike liggaam is gekroon deur `n hoof van so `n majestueuse skoonheid dat dit alle krag van die verbeelding te bowe gaan. Hierdie wese van ongekende skoonheid kyk na Martin op die mees vriendelike wyse en sê in `n baie soet en melodieuse stem.

(Satana): "Wel, liewe Martin, as jy wil, sal ek antwoord op jou vrae. Maar sê eers vir my of jy my kan liefhê as ek jou meer as my lewe liefhet. Kan jy my liefhê en my deur jou liefde red van my groot marteling waarvan jy ten volle bewus is? Praat o praat, Martin!"

Martin is oorweldig en skaars in staat om asem te haal van verbasing. Die uiterste aantrekkingskrag van hierdie wese het hom geweldig opgewonde gemaak. Hy kan nie samehangend praat nie, net stotter en staar. Sy hele wese, elke vesel, is deurtrek deur die gloeiende liefde vir hierdie, vir hom ondraaglike vroulike skoonheid.

(Na `n lang tyd, ten tye waarvan hy meer en meer gloeiend geword het, skree Martin met al sy krag): "O, hemel, hemel, hemel, wie kan jou sien en jou nie liefhê nie? Ek het jou lief, grensloos lief! Jy, mooiste van alle wesens, wie wat jou gesien het, kan gelukkig wees as hy weet dat jy ongelukkig is en ly. As ek jou nie kan red nie, ly ek liewer saam met jou, as om die mees geseënde gees in die hemel te wees sonder jou? Ek sal `n duisend lewens gee vir slegs `n atoom van jou wese. O, jou mees heerlike wese, praat, o praat! Wat kan ek doen om jou te red, om jou vir my te wen vir altyd?"

(Die veranderde draak): "O, pragtige Martin, as jy my liefhet soos jy sê, gee my `n passievolle soen. Die soen sal my vir ewig red en ek sal die allerliefste metgesel vir jou ewige lewe word."

(Martin sê verheug): "O, hoogste hemele, nie net een soen nie, maar jy sal `n triljoen soene kry!" Hy hardloop vorentoe om sy taak uit te voer, maar is stomgeslaan toe hierdie wese hom terugstoot en vol minagting sê:

(Satana): "Staan terug, losbandige losbol, jy het nie jou toets geslaag nie en daarom is jy nie enige van my antwoorde in die toekoms werd nie. Jy ellendeling, hoe kan jy God vergeet en jouself in my arms gooi, myne wat die vyand van alle lewe is wat nie in ooreenstemming met my eie is nie? Ag, jou swak wese, jou skuim van alle veragtelikheid!"

Martin stort in duie in `n beswyming en die draak keer terug na sy vorige vorm.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205