Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 162 -

MARTIN SE MAKLIKE OORWINNING MET SY DIALOOG OOR DIE WYSHEID MET DIE ARROGANTE OUDSTE VAN DIE SONTEMPEL.

Met hierdie woorde kom die oudste en mees wyse van die derde vlak, geklee in `n grys geplooide mantel, uit die groot voorportaal van die tempel, omring deur jong manne en meisies. In sy regterhand het hy `n staf, net soos die een van Aäron en in sy linkerhand is `n wonderband, waaraan verskeie tekens van `n mistieke voorkoms is. Toe hy binne vyf voet van die drie leiers kom, rol hy die band heeltemal oop voor hom op die blou fluweelagtige grond. Daarna plaas hy die staf op die band en sê na `n rukkie:

(Die ouderling): "As die eerste en die oudste man van hierdie ewige wêreld, wat deur my in stand gehou word, besweer ek julle by die onbeperkte krag en mag wat ek besit weens my oneindige wysheid."

(Martin by homself): "Wat daarvan? Die vent word net snaaks, gaan maar net aan!"

(Die ouderling): "... vertel my getrou en werklik wat dit is wat julle wil hê en wat julle na ons wêreld gebring het. Die minste spoor van `n onwaarheid van julle en my onoorwinbare mag sal julle almal vernietig tot stof. Praat nou!"

(Martin): "Almal van ons gelyktydig, of moet net een vir almal praat? Jy moet dit meer duidelik definieer, want ons is nie heeltemal so slim soos jy nie, u Eerwaarde." (Vir homself): "Hierdie een pas goed, want sy onnoselheid trek `n sluier oor die skoonheid van die meisies. Nou is ek weer ten volle versoen met Petrus, Johannes en die ander."

(Die wyse): "As een mens praat, weet `n mens nie wat die ander dink nie. Daarom moet almal gelyktydig en baie hard praat."

(Martin, aan homself): "Gewoonlik is ek maar dom, veral in vergelyking met die ou prinse van die hemel, maar niks kan die domheid van hierdie wyse oortref nie. Met sy wysheid sal ek self op so `n manier werk dat hy op die einde hulpeloos in die verleentheid sal wees deur sy domheid. Maar ek moet eers vir Petrus vra wat ek hier moet doen." En Martin draai na Petrus vir advies.

(Petrus): "Geliefde broer, dit is nou jou beurt om met volle vryheid en waarheid te sê wat jy voel."

(Martin aan die wyse): "Jou onbeperkte wyse, as jou wysheid so grensloos is, kan ek nie verstaan hoe jy ons kan vra oor die rede dat ons gekom het nie, ons wat baie minder wys is as jy. Ek kan deur jou kyk en presies weet wat agter jou veronderstelde opperwysheid is. En so aanvaar ek dat jy ook deur ons kan sien, as jy regtig so oneindig wys is. Wat sê jy daarvan?"

(Die wyse): "Dit kan ek doen as ek die groot wonderband voor my het en die dubbele staf dra. Maar vir sulke onbelangrike gaste het ek net my gewone toerusting, ek moet vir sulke inligting vra. En nou moet julle praat!"

(Martin): "As dit so is, hoe sal jy in staat wees om te weet of ons die waarheid praat of nie?"

(Die wyse): "Om seker te wees, het ek julle gedreig en hierdie dreigement sal uitgevoer word as julle lieg. Dus uit met die absolute waarheid, of anders!"

(Martin): "Of anders, is en bly jy `n esel!"

(Die wyse): "Wat is `n esel?"

(Martin): "Dit is in ons wêreld `n onskadelike wese van jou kleur. Dit het baie lang ore, maar baie min verstand."

(Die wyse):"Wat gee jou die reg om my as een van hulle te beskou?"

(Martin): "Sal u oneindige wysheid my `n bietjie tyd gee, want so `n belangrike vraag vereis intensiewe studie?"

(Die wyse): "Wat is dit wat jy “studie” noem? Ons het niks hier wat studie genoem word nie."

(Martin): "Luister jou wysste van die wyses, jou wysheid kan nie baie werd wees as jy nie weet wat, ten minste in die begin nodig is om wysheid te bekom nie. Studie is soos om ywerig te dink oor die basiese begrippe en elemente wat wysheid moet voorafgaan. Verstaan jy nou wat studie is?"

(Die wyse): "Nee, ek verstaan nie. Want my wysheid is te groot en verstaan nie sulke kleinighede wat te gering is daarvoor nie. Druk jouself daarom uit met meer grootheid, of ek kan jou nie verstaan nie."

(Martin): "Regtig, jy is nie heeltemal so dom soos wat `n mens sou dink as mens jou sien en hoor nie! Jy sê dus, omdat jou wysheid so groot is, kan jy nie `n kleinigheid verstaan nie! Maar hoe kan jy dan die klein konsep van `n esel sonder veel verduideliking verstaan?"

(Die wyse): "`n Esel is `n wese, maar studie is net `n begrip en dit is altyd makliker om `n wese te verstaan as `n suiwer konsep. Praat daarom op `n groter skaal en dus meer verstaanbaar vir my."

(Martin): "Vriend, ek glo dat die twee van ons nie in staat sal wees om mekaar baie goed te verstaan nie, indien enigsins! Want met al jou wysheid is jy `n baie dom mens, sonder die minste spoor van enige ware wysheid. Ek raai jou aan om terug te tree en iemand anders, een sonder `n wonderband en staf, vir jou te laat praat. Miskien sal hy meer suksesvol wees, ten minste soos die drie dogters van die huis, wat eerste was om ons te ontmoet en wie se woorde nogal wys was, sodat ek veronderstel het dat jy aansienlik wyser sou wees. Maar ek was verkeerd. Daar kan selfs nie `n ander man in hierdie wêreld van julle wees wat heeltemal so dom soos jy is nie! Die twee van ons het nou klaar met mekaar gepraat en ek stel voor dat jy terugstaan en `n ander vir jou laat praat."

(Die wyse): "Dit is onmoontlik! Want as ek uit die hoogte van die hoogtes neerdaal na hierdie eenvoudige wurms, mag niemand praat nie, behalwe ek, as die Allerhoogste, die Wysste, die magtigste, die Ewige, die Oneindige!"

(Martin): "O liewe! Dan kan jy selfs die allerhoogste, goddelike wese wees?"

(Die wyse): "Nie heeltemal nie, maar ook nie veel minder nie; net Hy is `n bietjie ouer as ek, omdat ek Sy seun is!"

(Martin): "Is dit al? Of kan jy miskien iets byvoeg?"

(Die wyse): "Natuurlik, daar is nog baie meer, maar dit sal heel onverstaanbaar vir jou wees. Ek kan jou niks vertel nie, want jy is `n niks in vergelyking met my nie."

(Martin): "Ja, verseker, ek glo jou! Jy is werklik iets groots, iets heel uniek! Daar kan nie nog een soos jy iewers in die wêreld wees nie! O, jou, jou -!"

(Die wyse): "Ja, ek het niemand bo my nie. Toe ek die grond met my staf geraak het, het die hele wêreld geskud en alle wesens sidder met vrees wanneer ek nader aan hulle kom. Maar ek kan nie verstaan hoekom julle nie voor my bewe nie, ook nie jou swak reisgenote nie, gesien die feit dat ek julle in `n oomblik kan vernietig!" 

(Martin): "Dit is te hope dat dit wat jy nie nou verstaan nie, jy binnekort sal verstaan. Nie te danke aan my nie. Is daar iemand teenwoordig in hierdie groep wat jou sal sê hoekom ons nie bewe nie en nooit in jou teenwoordigheid sal bewe nie. Jy is deeglik mislei deur `n bose gees wat vroeër by jou gekom het onder die dekmantel van `n engel en daarna het jy hierdie hele groot gemeenskap mislei, met wette wat toelaat dat sy lede doen wat hulle wil, sonder om ooit in staat te wees om hulle te breek, wette wat net so goed is soos geen wette nie. Ek weet dat jy `n heel nederige wyse en `n goeie leier van jou groot gemeenskap was, tot die valse gees van lig jou verlei het en jou oorspronklike ware, goddelike wysheid vervang het met jou huidige uiterste dwaasheid."

(Die wyse): "Wat jy sê is feitelik korrek, maar of dit my `n dwaas maak, moet nog bewys word. Ek voel glad nie soos een nie. Daarom beveel ek jou om aan te hou praat, maar net op `n groot manier."

(Martin): "Sê vir my of jy kan onthou hoe oud jy is. Was jy altyd wat jy nou is, of was daar iemand anders in die posisie voor jou? Dalk jou pa? Was jy nie op `n stadium jonger nie, miskien selfs `n seuntjie? Vertel my net dit, dan sal dit baie makliker vir my wees om jou vraag te beantwoord." 

(Die wyse): "Ek kan nie op jou eerste vraag antwoord nie, want ons groot tyd houer is lank gelede vernietig. Die tou van die groot slinger was afgeskeur deur `n storm en ons kan dit nie regmaak nie. Daarom weet niemand hier hoe oud hy is nie. Of ek nog altyd was wat ek nou is en of ek `n begin gehad het, kan ek net vaag onthou dat ek een of ander tyd gebore was en dat ek nie altyd was wat ek nou is nie. Ek het ook `n gevoel dat ek `n pa gehad het wat my posisie gehou het toe ek `n seun was, maar natuurlik nie met die groot wysheid wat ek besit nie. Omdat ek jou vrae beantwoord het, is dit nou jou beurt om te praat."

(Martin): "Wel, ek het geweet dat jy nie `n god of die seun van `n god was nie, maar net `n sterflike mens soos ons. En dit is goed vir jou en jou hele gemeenskap. Want op hierdie manier kan julle nog steeds gered word. As jy hardnekkig sou voortgaan in jou dwaasheid, sou dinge dalk sleg uitgewerk het vir almal van julle. Waarom sal jy gou sien. As jy baie gelukkig wil word, gooi dan jou wonderband en staf weg, anders sal dit steeds nie moontlik wees om sinvol met jou te praat nie."

(Die wyse): "Jy vra te veel! As ek hierdie noodsaaklike hulpmiddele van my sterkte, krag en wysheid wegsit, sal ek heeltemal hulpeloos wees. Wie sal my gehoorsaam as ek geen mag het nie? Wie sal vertroue in my hê as ek swak is en wie sal luister na my as ek nie wysheid het nie? Jy moet nie dinge van my vra wat nie met my hoë amp verenigbaar is nie."

(Martin): "Vriend, ons aardbewoners is die volgende versekering deur God self gegee: "Wat julle ookal opgee ter wille van My, sal julle `n honderdvoudig terug ontvang op die oordeelsdag!" Dit sal ook die geval wees met jou. Want alles wat jy doen of op gee in die Naam van ons Meester, sal jy werklik `n duisendvoudig voor beloon word. As jy laat gaan wat ellendig is, ontvang jy wat edel is. Vir `n illusie sal jy `n werklike bestaan ontvang, vir leuens, waarheid, vir domheid, wysheid, vir swakheid, ware krag, vir magteloosheid, mag! So, sal jy van God die Meester ryk vergoeding ontvang vir al die dinge van jou groot futiliteit wat jy nou laat vaar. Voldoen daarom vrywillig en blymoedig aan my versoek. Ek gee myself as `n gyselaar aan jou en as dit wat ek jou nou vertel, nie heeltemal waar is nie, kan jy met my doen net wat jy wil."

(Die wyse): "Goed, ek sien dat jy `n betroubare gees is en ek sal doen wat jy vra. Maar in ruil moet jy my eerste vraag beantwoord met betrekking tot wie julle is en waarvandaan julle kom, sodat ek julle in die huis kan inlei."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205