Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 3 –

 BISKOP MARTIN IN DIE GESELSKAP VAN `n SKYNBARE KOLLEGA. DIE GOEIE VOORSTEL VAN DIE GIDS.

Kyk! Ons man begin nou versigtig te loop, tree vir tree, in die rigting van die bewegende voorwerp .... Gou het hy die plek bereik, en is nie `n bietjie verbaas om `n man soos hy onder die boom te sien, `n biskop met al die tooisel - dit is, sodat dit lyk na hom. In werklikheid, is dit die engel wat hom die heel tyd ongesiens vergesel het. Hierdie engel is die gees van die dissipel Petrus. Luister nou hoe ons man sy vermoedelike kollega aanspreek:

"Sien ek reg ? `n kollega, `n medewerker in die Meester se wingerd? Wat `n groot blydskap om na miljoene jare `n menslike wese te ontmoet, en dit `n kollega, in hierdie woestyn van woestyne. Ek groet jou, liewe broer! Vertel my, hoe het jy hier gekom? Kan dit wees dat jy ook my ouderdom bereik het in hierdie pragtige geesteswêreld - sowat vyf miljoen jaar op een plek?"

Die engel, soos vermoed `n biskop, spreek: "In die eerste plek, ek is jou broer in die Meester, en natuurlik, `n ou werker in Sy wingerd. Egter ten aansien van my ouderdom, ek is ouer as jy gemeet deur tyd en aktiwiteit, maar baie jonger gemeet aan jou verbeelding. Want, vyf miljoen aardse jaar is nogal `n aansienlike tyd vir `n geskape gees, hoewel dit baie min is vir God, omdat Sy Wese nie gemeet word aan tyd en ruimte nie, maar is ewig en onbeperk. Daarom, synde `n nuweling tot die onbeperkte geesteswêreld, is jy heeltemal verkeerd. Want, as jy in hierdie plek was vir vyf miljoen jaar, sou jy `n heel ander gewaad gedra het, want gedurende daardie tyd sou die berge van die aarde gelyk gemaak wees, en sy valleie gevul, die see, mere, riviere en moerasse opgedroog. En `n heeltemal nuwe skepping sou dan bestaan op aarde, waarvoor vandag nog nie eers saad in die beddings geplaas is nie.

Maar sodat jy, liewe broer, vir jouself kan sien dat jou veronderstelde ouderdom slegs `n produk van jou eie verbeelding is, as gevolg van jou opvattings van tyd en ruimte wat aansienlik gekruie is met duiwelse elemente, draai om en jy sal nog steeds jou liggaam sien, wat slegs drie ure gelede gesterf het. "Ons man draai vinnig om en ontdek dat sy lyk in staatsie lê in die katedraal, omring deur talle kerse en selfs meer toeriste. Toe hy die skouspel sien, het dit hom baie ontstel, en hy sê: (Die biskop): "Geagte broer, wat kan ek daaraan doen? O, watter verskriklike nonsens! Uit pure verveling het minute in ewighede verander vir my, en tog het ek in die liggaam gewoon. Ek is desperaat en honger weens gebrek aan lig, en hierdie dwase aanbid my vleeslike kleed. Sou ek nie nou, as `n gees, die mag hê om hierdie rommel op te skeur en te verstrooi nie? O, julle dom duiwels! dink julle, julle doen hierdie stinkende vuil `n guns? "

(Sê die engel): "Draai nou terug na my toe en moenie jouself opgewonde maak nie, want het jy nie dieselfde gedoen terwyl jy nog in die natuurlike wêreld was nie? Laat die dooies die dooies begrawe, maar draai jou rug op alles en volg my, sodat jy die lewe kan vind."

(Die biskop vra): "Waarheen moet ek jou volg? Is jy dalk, my naam se beskermheer, St Bonifatius, - wat is jy so bekommerd oor my welsyn?"

(Sê die engel): "Ek sê vir jou, in die naam van die Meester Jesus, volg my na Jesus, Hy is die regte Bonifatius vir alle mense. Maar jou Bonifatius is niks nie, ek is ook nie wat jy dink ek is nie. Maar as jy my volg - dit is, doen wat ek jou sê - sal jy alles verstaan wat met jou gebeur het tot dusvêr... die hoe en die waarom. Daarbenewens, sal jy jouself dadelik op `n beter terrein bevind en ook die Meester leer ken met betrekking tot sy persoon, deur Hom die pad na die hemel en ter selfde tyd, ook deur my, jou broer."

(Die biskop): "Ag, praat asb., ek sou eerder vlieg as loop van hierdie verlate plek af!"

(Sê die engel): "Luister! Trek uit jou belaglike klere en trek hierdie boereklere aan."

(Die biskop): "Dit is met vreugde dat ek hierdie lastige gewaad ruil vir die mees eenvoudige klere!"

(Die engel): "Reg - jy is reeds geklee in `n boer se klere. Nou volg my!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205