Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 148 -

DIE MOOI SONMEISIES SE AFBREKENDE KRITIEK OOR DIE SWAARKRY VAN DIE KINDERS VAN GOD OP AARDE.

(Met hierdie beskrywing, staan die drie sonmeisies weer op en sê): "Mees goddelike Vriend en Meester van groot Wysheid, as die Groot God Sy voornemende kinders so behandel, dink ons nie veel van so `n stand van die kindverhouding met God nie. As uiteindelik, miskien een uit `n duisend, ná `n harde lewe van selfontkenning, om hierdie kindverhouding met die krag van die Allerhoogste te bereik, sou dit niks wees in vergelyking met al die lyding, veral omdat hy slegs `n seun van God kan word as hy geduldig vir sy hele lewe die grootste ontberinge gely het. Wat se goed is vir so `n seun die grootste moontlike geluk wat `n almagtige God kan skenk? Hy sal altyd al die lyding onthou wat hy moes deurgaan om dit te bereik en dit sou hom verbitter, sekerlik vir ewig en sy saligheid bederf, des te meer so as hy vind dat duisende van sy broers moet kwyn in `n plek van straf terwyl hy, een uit ontelbare, gelukkig genoeg was om die doel van sy miserabele lewe te bereik. Maar as hy nie sy vorige ellende onthou nie en nie oor sy ongelukkige broers gepla is nie, omdat hy die byna onmoontlike bereik het en `n seun van God is, dan is hy uit sy lewe bedrieg, want sonder die herinnering van die verlede, kan hy nie daarop aanspraak maak dat hy so `n weldaad vir homself behaal het nie. En as hy nie eens die kan onthou wat aan sy, sy gefaal het en miserabel geword het nie, dan moet ons sê dat in ons wêreld, selfs `n kind in sy moeder se skoot al wyser en meer verlig is as so `n ongelukkige kind van God, aan wie hierdie staat van kindverhouding, behalwe vir `n flou saligheid, niks bied, behalwe `n betekenislose naam nie. Onder hierdie omstandighede, sou ons nie omgee om nie kinders van God te word nie, nie eens op `n gelyke voet met jou, `n Opperseun van God nie, in die veronderstelling dat jy ook vir jou posisie met aansienlike lyding moes betaal. Wat ons nie kan verstaan nie, is hoe die Wysheid van God so `n welbehae kan hê in sulke gemartelde mense! Kyk, so `n God en ons God het niks in gemeen nie. Ons bejammer jou met ons hele hart. Kom bly by ons en jy sal baie beter daaraan toe wees as met jou God wat alleen in ellende vreugde put! Jou liefde is inderdaad soet en is deel van die kern van die lewe. Maar watse goed is al hierdie soetheid van die lewe as die gees vir ewig `n gevangene en bykans geen vryheid van beweging het nie, omdat hy binne die smal grense van `n bepaalde orde moet bly?

Ons mense in hierdie uitgestrekte wêreld van ons is waarlik vry. Dit is wysheid alleen wat ons vrymaak en alles is slegs aan die wysheid van ons leidende geeste onderworpe. En omdat ons vry is deur die wysheid en die liefde as niks anders sien as `n vegetatiewe krag nie, is daar geen siekte in ons wêreld nie, nie fisiese of moreel nie. Ons is volmaak in vorm en volmaak in gedagte, wil en aksie. Julle sal nie in staat wees om enigiets hier te vind nie, nie die vlaktes of die berge, sal die geringste teken van onvolmaaktheid toon nie. Jaloesie, woede, ambisie, begeerlikheid, hoerery en magsug is vreemd aan hierdie wêreld, so ver as wat ons weet. Want ware wysheid leer ons gelyke regte vir almal. Almal van ons het die volmaakte voorkoms van die Allerhoogste Gees en ons eer Hom in mekaar deur behoorlike wysheid wat Hy aan ons geskenk het, wat die enigste verering is wat die Gees waardig is. En julle dink dat julle Hom sal wen en Sy kinders word net deur die liefde!! O, julle ellendige en swak wesens, glo julle as veronderstelde kinders ernstig dat julle die Allerhoogste Gees kan wen deur Hom te nader met `n ietwat van `n jeuk in die hart en Hom, soos `n pasgebore baba, `n soet tepel te bied? Ongelukkig is julle verkeerd, almal van julle en julle wys net dat die begrip "gees" heel onbekend aan julle is wat daarop aanspraak maak om, of behoort volmaakte geeste te wees. Julle ken nie en het nog nooit julleself geken nie, hoe kan julle dan die oneindige Oergees van geeste ken en selfs Sy uitnemende kinders wees? Kom, leer by ons en julle sal julleself eers leer ken en, uiteindelik, die Allerhoogste Gees!" 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205