Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 30 -

BESPREKING TUSSEN DIE RASIONALISTIESE MARTIN EN DIE WYS EN MOOISTE GEES OOR DIE GODDELIKHEID VAN JESUS.

Biskop Martin lyk nog meer verbaas, maar doen soos ernstig aangeraai deur My. Met sy terugkeer na die slagoffers, is hy verbaas om te sien dat hulle aansienlik verander het in hulle voorkoms. Hulle gesigte lyk jonger en edeler, en hulle voorheen byna naakte liggame is geklee in blou klere, hulle voue bymekaar gehou deur purper gordels. Onder die groep, sien hy die uitstaande figuur van `n man met `n blink wit hoed op sy kop, waaronder sy hare tot by die middel van sy rug in ryk goue krulle val. Hierdie deftige man kom dadelik na Biskop Martin en sê: "Vriend, dit het jou nie lank geneem om terug te keer na ons nie. Het jy in die verhewe Heer en Meester van hierdie huis gevind waarop ons jou aandagtig gemaak het? Is Hy Jesus, die Meester van die hemel en aarde in `n natuurlike en geestelike, sowel as n tydelike en ewige sin?"

(Biskop Martin): "O, ja, hy is Jesus gewis, maar vir sy godheid - die punt is nog nie heeltemal uitgeklaar nie. In my opinie, moet `n mens `n bietjie meer versigtig wees met die aanname dat Jesus ook God is. Want as dit blyk dat hy na alles nie God is nie, kan die Opperwese aanstoot neem met hierdie aanname en die resultaat word ons verdoemenis, soos wat gebeur het met baie volkere van antieke tye wat dit gewaag het om te glo in ander gode naas Hom. want volgens Moses, sê dit vir eens en altyd: "Jy moet glo in een God alleen, en geen gesnede beeld aanbid nie, maar My alleen loof. Want Ek is die enigste Meester en God, Wie die hemel en aarde gemaak het met alles wat daarop of daarin is, wat lewe en asemhaal!" Hoewel Moses verwys het na `n misterieuse Verlosser Wie die nasies sal bevry van die harde juk van slawerny, sê dit nêrens dat Jehova (JaHWeH) self sou neerdaal na die aarde in hierdie Verlosser nie. Dus, ek dink hierdie aanname van julle is te oorhaastig en dink dit moet meer noukeurig ondersoek word. As jy Moses met Jesus vergelyk, vind jy die God van Moses bykans onvergelykbaar met die Godheid in Jesus. Moses op God se versoek, moes die doodstraf instel vir Godslasterlike aksies, soos die offer aan `n gesnede beeld of om `n towenaar, `n profeet of `n held, `n mens se God te maak. Dit was een van die redes waarvoor Jesus gekruisig is, maar hy gebruik die mees onbekende beeldspraak oor sy vermeende goddelike sending in die teenwoordigheid van die skrifgeleerdes.

Bowendien is dit moeilik om te verstaan waarom God `n kerk moes stig deur Moses, met soveel hemelse praal, as dieselfde kerk later afgeskaf is deur Jesus, wat dieselfde God verteenwoordig, in teenstelling met sy belofte. In die lig van dit alles, liewe vriende, julle oorhaastige aanname van die goddelikheid van Jesus is `n riskante aangeleentheid in hierdie gebied van geeste. Dit is duidelik dat in hierdie huis van Jesus julle geloof julle toestand verbeter het, danksy `n paar klein wonderwerke. Maar julle kan verseker wees dat ek julle nie beny nie, want my beginsel is: "Hy wie laaste lag, lag die lekkerste."

(Sê die lang man met die blink hoed): "Vriend, ek is net so bekend soos jy met al die dinge wat jy nou net genoem het, maar ek is jammer vir jou blindheid en is bevrees dat jy nie `n kans het vir laaste lag nie. Ek, en die res van hierdie groep, dink soos volg: Jesus wie se koms al die profete voorspel het en van wie Dawid sing; ‘Die Meester het aan My Meester gesê’ of ‘Die Meester sê vir Homself: Sit U aan my regterhand totdat Ek U vyande `n voetbank vir U voete gemaak het!’ en, ‘Hef op julle hoofde, o poorte, en wees julle verhef, julle ewige poorte, en die Koning van heerlikheid sal inkom.’ Jesus wie se geboorte, volgens al die evangeliste, vergesel was deur baie wonderwerke, en wie se hele lewe `n wonderwerk verteenwoordig. Jesus wie se onderrig te dikwels geopenbaar het Wie Hy regtig in Sy innerlike Wese was, en Wie een van die tien gereinigdes wat teruggekom het om Hom te loof, gevra het: "Waar is die ander nege dat hulle nie terugkeer om God te prys nie?" Jesus Wie, uit Sy eie krag, opgestaan het uit die graf op die derde dag en op die aarde geloop het vir nog veertig dae om Sy dissipels te onderrig, daarna opgevaar het na die hemel voor die oë van baie van Sy volgelinge, en kort daarna die Gees van ewige Krag en Mag, Liefde, en Wysheid van die hemele af na Sy dissipels gestuur het. Jesus, oor wie Johannes die mees verhewe bewyse gegee het, beide in sy Evangelie en sy Openbaring. Sê vir my, vriend, is jy nog steeds in staat om hierdie mens van alle mense net as `n gewone wyse van die wêreld te neem?

Kyk, vriend, ek sal jou iets dwaas vertel, wat egter wyser blyk te wees as jou woorde: "As God die Meester nie die menslike vorm aangeneem het, sodat ons, Sy skepsels, Hom kon sien nie, waarom sou Hy ons hoegenaamd geskape het? Nie vir Homself nie, vir seker! Want wat sou dit vir Hom beteken as ons Hom nooit kon sien of Hom kon liefhê nie? En watse goed sou `n lewe sonder `n begryplike God vir ons wees? Oordink dit! Miskien sal dit jou help om meer lig te kry!"

(Biskop Martin): "Gee my `n rukkie kans sodat ek oor jou woorde kan dink." Na `n hele ruk, praat die biskop weer: "Vriend, ek het jou woorde versigtig oorweeg en kan nog steeds net die teendeel van jou standpunt sien. Ek is egter nie koppig nie, en ek sal jou standpunte bevestig met my hele hart as jy my bevredigende antwoorde kan gee op `n paar vrae."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205