Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 154 -

GERUSSTELLENDE WOORDE VAN DIE DRIE SON-KINDERS. MARTIN WEER IN DIE VERSOEKING. DIE AARDSE VROUE EN DIE SONVROUE IN HARMONIE. DIE MEESTER MAAK REËLINGS OM DIE WONINGS VAN DIE SONDOGTERS TE BETREE.

(Die sondogters merk die verleentheid van die talle vroue na hul blootstelling. Daarom kom hulle nader en sê): "Gewaardeerde susters, werp alles af wat onwaardig is aan julle en ons voorkoms sal julle glad nie versteur nie. Dat dit die Almagtige behaag het om ons so oneindig mooi in julle oë te skep, is nie ons skuld nie en siende dat ons skoonheid nie ons werk is nie, maar uitsluitlik die werk van God, maak dit ons nie ydel of selfs trots nie, wat `n slegte eienskap van julle aarde is. Daarom sou dit dwaas en dom van ons wees as ons sou neersien op julle, omdat julle liggame minder mooi is as ons s’n. Julle, sowel as ons, is gemaak deur die krag van die Allerhoogste Gees soos Sy oneindige wysheid goed gesien het. En gesien dat ons die werk van een en dieselfde Ewige Meester is, hoe kan ons mekaar minag as gevolg van sekere eienskappe wat God aan ons gegee het? Daarom, wees bly liewe susters en moenie na ons met jaloerse oë kyk nie en dan sal ons uiterlike julle geensins bekommer nie. Selfs julle manne, vir wie ons aantrekkingskrag veel groter moet wees, kan dit verdra om na ons te kyk en ons dink dit moet vir julle wat dieselfde geslag is, aansienlik makliker wees."

(Martin aan homself): "Maar net net, want op hierdie oomblik is julle verskriklik aanloklik! Die geringste aanraking van `n arm kan mens in vervoering en ekstreme wellus gooi. O, daardie boesem, daardie arms en voete, van A tot Z is dit ondraaglik! As hulle my nou omhels sal dit die einde van my wees! Hulle sal hulleself `n bietjie meer moet bedek, want so is hulle aantreklikheid werklik baie ondraaglik!"

(Die vroue): "Pragtige dogters van hierdie beter, groot wêreld, aan die een kant is dit waar dat ons in die begin `n bietjie jaloers en ydel was oor julle groot skoonheid, maar aan die ander kant moet ons erken dat dit julle ondenkbare skoonheid is wat ons ook oorweldig het, want ons oë is nie gewoond aan so `n gesig nie. Daarom engeldogters, vra ons julle om julself weer te bedek of julle voorkoms sal veroorsaak dat ons wegteer, ondanks die feit dat ons tot `n sekere mate al geseënde geeste is en julle nog steeds sterflike mense van vlees en bloed is."

(Die sondogters): "Ons is maar te gewillig om julle wil te doen. Maar dit hang nie van ons af nie, maar van julle meesters. Benader hulle hieroor. En ons sal doen wat hulle ookal sê."

(Ek sê): "Bly soos julle is. Dit is hoe julle My moet dien!! Ek weet die beste waarom, want kyk, my drie mooi dogters, hoewel gebore op hierdie aarde, weet niemand beter wat sy kinders nodig het as hulle vader nie en ek is `n ware Vader van hierdie en talle ander kinders. Daarom weet ek die beste wat goed is vir hulle en ek wil nie hê dat julle anders geklee moet wees as wat die gebruik op hierdie aarde is nie."

(Die drie): "Heer, Meester en Vader van jou kinders, jou wil is ons mees heilige gebod! Maar kom na ons huise. Jy sal daar vereer word, as jy dit wil hê, ook sal jy bemin word met al die warmte van ons harte."

(Ek sê): "Ja, my nuwe dogters, laat ons nou julle wonings betree en kyk hoe hulle is. Martin, jy gaan voor saam met Petrus en Johannes. Borem en Chorel sal die drie volg met die vroue en die ander broers, terwyl die Sjinese, met hul vroue, agter My sal loop. Julle drie sonmeisies, nou ook my dogters, loop saam met My en hierdie twee susters, wie se name Chanchah en Gella is. In hierdie goeie orde, sal ons almal julle wonings betree."

(Die drie): "Heer en Meester, sal die drie vooraan weet waar om hierdie groot groep te neem?"

(Ek sê): "Moenie julleself daaroor bekommerd nie! Die twee by Martin ken julle woonplekke in alle detail, want niks is vreemd of onbekend aan My kinders nie en hulle het alles wat Ek het in oorvloed!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205