Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 52 -

SEËNINGE VAN SWEDENBORG SE LIG. DIE OU ADAM IN BISKOP MARTIN. DIE VROU SE WYSE WAARSKUWING EN BOREM SE ERNSTIGE VERMANING.

Na hierdie woorde, verlaat Ek Biskop Martin sigbaar redelik skielik en `n ander engelgees staan reeds in my plek. Dit is die boekhandelaar, wie ons reeds ken en wie groot vordering gemaak het aan Petrus se sy, waartoe die geïnspireerde geskrifte van Swedenborg hom baie gehelp het.

Met die herkenning van die boekhandelaar in my plek, is Biskop Martin baie verbaas en sê: "Wat is dit? Is jy dalk my toekomstige gids? Ek sal eerder wou glo aan die dood in die hemel as wat jy my gids sou word! Ag, ag, dit is regtig te veel! Eerstens die Meester self en nou jy! Dit sou wees soos die son, in vergelyking met `n agterstewe! Ha, ha, dit is belaglik! Jy, `n boekhandelaar, my gids! `n Ellendige boekhandelaar `n gids deur al die hemele vir `n voormalige biskop, `n geleerde teoloog! Nee, dit is heeltemal buite die kwessie! Gaan terug na waarvandaan jy gekom het, my vriend, want ek sal jou nêrens volg nie! As die Meester vir my die eerste beste vodderaper as `n metgesel en gids gestuur het, sou ek nie omgegee het nie, maar jy, jy in die besonder, wat bekend is met al my vuil truuks! Nee, ek sal dit nie duld nie! Óf jy gaan, of ek - dit maak nie saak wie nie! Ek los hierdie huis van idees aan jou! Dit mag in elk geval nie hou nie, want ek vind sy hele opset verdag. Wat hierdie saal bevat, sien jy - dit is, as jy kan sien wat ek sien, dit het ek al geleer in hierdie pragtige wêreld is dat twee persone langs mekaar een en dieselfde ding heel anders sien. Waar die een `n esel sien, sien sy metgesel óf `n os of selfs `n filosoof! Of waar `n mens `n lig sien, sien die ander duisternis! Maar `n slim knaap soos ek moet tot die oortuiging kom van dit alles, dat hierdie hemelse wêreld, soos ek nou weet, `n baie dom en sinnelose wêreld is. Dit is net `n soort droomillusie van die sintuie, absoluut teenstrydig! Daarom sal ek maar aanbeweeg en jy, wyse boekstofslukker, kan my plek neem in die studie van die hoër astronomie deur hierdie twaalf deure en dalk verlief raak op `n pragtige Mercuriaan, of `n nog mooier sonbewoner, op voorwaarde dat jy met jou oë kan sien wat ek nou daar gesien het. Vaarwel en doen soos jy wil, terwyl ek gaan soek na `n plek met meer konsekwentheid as hierdie astronomiese saal. Na hierdie woorde draai die biskop om, om uit te gaan, maar die boekhandelaar verhinder hom dit deur die volgende slim woorde: "Broer, vriend, hoe dwaas is jy! Was ons nie intieme en goeie vriende op aarde nie? En was ek nie toe reeds heeltemal bewus van al jou truuks, sonder dat ek jou ooit weggegee het nie. As ek dit nie daar gedoen het nie, hoekom sal ek dit hier in die hemel doen waar die Meester jou in elk geval `n miljoen maal beter geken het as ek en ooit sal? Waarom is jy dan so geïrriteerd as die Meester van die ewigheid my jou gids gemaak het? Daar is jy heeltemal verkeerd, want ek het gekom om jou geselskap te hou en om jou te dien in alles. Ek wil net by jou leer, wat so baie ervaring opgedoen het aan die sy van die Meester en nie dat jy van my moet leer nie. In die lig van hierdie feite, waarom het jy jou vervies toe jy my langs jou sien? Bly net hier in jou eiendom, wat sekerlik meer konsekwent is as wat jy dink en neem my vir wat ek werklik is, nie wat jy dink nie, wat uiters ondankbaar teenoor die Meester is. Dan sal ons, ek hoop, beter met mekaar oor die weg kom."

Biskop Martin is nou stil en weet nie wat om die boekhandelaar te antwoord nie. Hy loop oor na die deur van Mercurius om tyd te wen om homself bymekaar te kry. Toe hy by die deur aankom, sien hy `n skare Mercuriaane van beide geslagte. In die skare sien hy ook die pragtige vrou wat hom baie met die oog sowel as in sy hart beïndruk het, tydens sy eerste besoek aan die planeet. Toe hy haar sien, is sy metgesel, wat ons nou "Borem," sal noem, reeds vergete en hy loop deur die deur om haar te ontmoet.

(Toe hy haar gebied binnekom sien die mooie Mercuriaan hom en sê): "Ek ken jou en het jou lief soos wat ons almal jou liefhet as ons meester. Maar daar is iets in jou wat nie ek of enige van ons van hou nie: en dit is die vleeslike begeerte in jou! Tensy jy ontslae raak daarvan, sal jy nooit toegelaat word om ons te benader nie. Ek sê dit vir jou omdat ek jou liefhet en omdat ek glo dat jy my ook liefhet en almal van ons wat hoop om saligheid deur jou te bereik, wanneer jy word soos jy moet wees. As jy dit egter nie doen nie, sal ons van jou weggeneem en gegee word aan `n waardiger gees. Daarom, laat jou nie mislei deur my aantreklikheid nie, maar bly in die orde van die OpperGees van God, wie se oneindige wysheid jou en my so mooi gemaak het. Want jy is ook onvoorstelbaar mooi vir my. Die ware grootheid van die OpperGees van God skyn uit jou. Maar ek moet myself ook inhou en jou vermy die oomblik wat ek agterkom dat my beeld begin ontbrand binne-in jou. Jy moet dieselfde doen totdat jy die volle goddelike krag besit. En wanneer jy dit bereik het, sal jy my en almal van ons besit in goddelike, hemelse genot. Maar onthou dit: Wat jy hier begeer moet jy van weg vlug en jy sal dit verkry. Maar vlug weg daarvan uit liefde, nie vermyding nie! Dit is ook die rede waarom ek vlug van jou, want ek het jou baie lief. Gaan nou en doen soos voorgestel en hierdie hart wat klop vir jou sal sy dankbaarheid uiter op `n manier waarvan die soetheid nog redelik onbekend aan jou is!" Na hierdie woorde tree die mooie Mercuriaan terug, wat haar hemelse skoonheid selfs meer sigbaar maak en dit veroorsaak dat Biskop Martin ineenstort van emosie. Vir `n lang tyd het hy op die grond gelê, nie in staat om te praat, of selfs dink nie. Hy staan weer op, net toe Borem afbuk na hom en hom op die skouer tik en sê:

(Borem): "Maar broer, Martin, wat het met jou gebeur? Het hierdie pragtige Mercuriaan jou moontlik betower en jou swak en moeg gemaak? Of het iets anders jou getref?"

(Biskop Martin, baie gekwel): "D --- jou, het ek jou geroep? As jy my kneg is en ek jou meester, waarom kom jy na my toe sonder dat ek jou roep? Maak in die toekoms seker dat jy net kom wanneer ek jou roep, of jy kan teruggaan na waarvandaan jy gekom het!"

(Borem): "Luister, vriend, dit is nie die manier om met my te praat nie, of die Meester, wie se geduld met jou onbeskryflik groot is. Mag ek jou wys hoe die een vaar wat Sy genade verontagsaam, soos wat jy op die oomblik doen. Daarom, volg my in die Naam van die Meester, sowel as in die naam van daardie hemelse maagd, wat jou nou net `n baie wyse vermaning gegee het, of jy mag dalk binnekort baie jammer wees. Dink aan die onbeperkte barmhartigheid wat die Meester jou gedurende jou laaste uur op aarde bewys het, van al die wyse ordeninge wat jy van alle kante geleer was! Hoe weinig uitwerking het dit sover op jou gehad! Dit is nou hoog tyd vir jou om te verander, of, soos reeds genoem, sal jy die skerp maatreëls proe wat die Meester gebruik vir die baie koppiges wat Sy genade vertrap. Want weet dit: Die Meester kan nie vir te lank mee gespeel word nie! Dus, volg my eerder terug na die saal!"

(Biskop Martin ruk homself reg en sê baie geïrriteerd): "Daar, sien jy wat `n gawe metgesel en kneg jy is! Ek dank U vir so een! Wat U my as leermeester gegee het en ek sal dit nie aanvaar nie! Jy kan hier bly en doen soos jy wil, maar ek sal gaan op my weg en kyk of ek kan goeddoen sonder jou hulp. Dit is regtig te veel, ek, `n biskop, gevolglik `n apostel van Jesus Christus, moet rondgestoot en gelei word deur `n armsalige boekhandelaar! Nee, dit is onuitstaanbaar! Gaan onder my oë uit, of jy sal my dwing om my hande aan jou te slaan! Ongelukkig het ek jou gered uit die vlamme en was goed vir jou, maar nou is ek jammer om ooit goed aan jou te gedoen het! Jy is `n doring in my sy, jy is reeds beter as ek en nou as my leermeester aangestel! Daar is baie te sê hier oor geestelike vryheid. Dit is `n mooi vryheid vir my as jy nie eers toegelaat word om by die deur van jou huis uit te kyk sonder `n leermeester aan jou sy nie! Jy beter gaan en seker maak dat jy nie jou hemelse vryheid verloor nie! En dreigemente boonop dit alles! Hoe lieflik dat jy selfs in die hemel gedissiplineer word! Miskien het jy reeds `n lat onder jou hemelse toga versteek en jy gaan my binne `n oomblik begin afransel! Gaan aan - probeer dit! Jy sal gou uitvind hoeveel jy in `n biskop kan inslaan of selfs uit hom uit! Dink jy, hemelse esel, regtig dat ek bang is vir enige vorm van straf? Probeer dit en jy sal gou sien hoe min ek dit vrees! As die Meester my wil verbeter deur straf, kan Hy Homself gelukkig maak. Maar so lank ek my vrye wil toegelaat word, sal ek wees soos ek wil wees! Ek weet dit beteken om die Meester te trotseer en ek ken sy mag. Maar ek het `n diepe bewondering vir die grootheid van `n gees wat die moed het om die Meester te trotseer!"

(Borem): "Vriend, ek het na jou gekom in die Naam van die Meester, mak soos `n lam. Ek het jou nooit op enige manier seergemaak nie, nie in die wêreld, of hier nie. Maar jy het my ontvang, soos selfs in die wêreld, die laagste slaaf nie deur `n heerser ontvang sal word nie. Is hierdie houding wys of liefdevol, soos dit veronderstel is om te wees in die hemel? En as die Meester besluit het om my na jou te stuur, is jy dan beter en wyser as Hy wie se wil ek uitvoer? Die Meester sien die vleeslike begeerte in jou en daaragter die uiterste arrogansie teen enigeen wat jou mag teëstaan in jou afskuwelike wellus. Daarom het Hy my na jou gestuur, sodat jou arrogansie dit self ten laaste sal vertoon en saam daarmee jou steeds groeiende begeerte vir die vlees van vroue. Maar jy ontvang my soos `n gevangene van die hel, oënskynlik nie gepla oor die Meester Wie net jou saligheid wil hê nie. As jy soos nou aangaan, sal die guns van die Meester `n oordeel vir jou word, hoe meer ernstig en hoe meer jy Hom trotseer. Ek verlaat jou nou, want ek kan sien dat jy my haat, alhoewel ek jou geen grond daarvoor gegee het nie. Mag die Meester aan jou doen ooreenkomstig Sy liefde, genade en geregtigheid!"

Toe Borem omdraai om te loop, hou Biskop Martin hom op `n vriendelike manier terug en vra hom om te bly omdat hy wil vrede maak met hom en groot dinge wil bespreek. Borem bly toe.

Borem wag `n rukkie, in verwagting dat die biskop iets te sê het. Maar laasgenoemde probeer hard om uit te vind hoe hy Borem kan wen vir homself oor die dinge wat hy met hom wil bespreek.

(Borem sien egter deur hom en sê): "Vriend Martin, ek sê vir jou, in die Naam van die Meester Jesus Christus, Wie die enigste Meester van die Hemel en die hele skepping in die oneindigheid is, moenie al hierdie moeite doen nie, want ek sien baie duidelik deur jou. Wat op die oomblik in jou gedagtes is, is in die gedagtes van al die suiwer helse geeste wie ons 'duiwels’ noem. Moenie waag om na my te kom met jou groot dinge nie - wat vir my vieslik klein is - want hierdie plan van jou kan jou ondergang wees! Vertel my, hoe lank is jy van plan om die Meester in jou hart te trotseer? Vertel my dit heel openlik, sodat ek daarvolgens kan optree. Glo my, hoewel die aard van alles wat jy hier om jou sien ewig is, kan jy heel skielik jouself bevind in `n plek veel minder na jou hart as hierdie een. Want die Meester het my opdrag gegee om van nou af geen meer toegewings aan jou te maak nie, omdat die vuur van ontug, wellus en vir mag in jou begin ontbrand het. Praat nou openlik en sonder verraad wat jy van plan is om te doen. Maar praat die waarheid, want ek sê vir jou in die Naam van die Meester: Dat elke bedrieglike gedagte in jou, sal aan my bekend wees en jou straf sal wees dat ek jou verlaat en alles wat nou joune is, sal skielik van jou geneem word. Hou dit in gedagte en sê my nou volgens waarheid wat jy wil doen - of jy my sal volg of nie "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205