Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 72 -

'N KYKIE IN DIE GEDAGTES VAN DIE DAMES VAN DIE HEILIGE HART. INDRINGERS IN DIE KLOOSTER SE TUIN. AANVAL DEUR DIE WRAAKGIERIGE DAMES.

 
(Borem): "Vriend en broer, laat ons die Meester dank vir Sy oneindige Wysheid en ondenkbare Liefde en deernis in die hantering van die groep, so toegeeflik en helpend, in teenstelling met ons verwagting. Sulke toetse kan soms aanhou vir baie aardse jare, selfs met minder bose geeste, maar met hierdie groep het dit slegs drie aardse dae geneem, hoewel dit vir die getoetsdes soos `n aantal dekades moes voel. Dit is egter skaars noemenswaardig, met oorweging van die werklikheid en dat sommige van die toets gevul word met `n gevoel dat hulle beproewing aanhou vir duisende, soms selfs miljoene jare. In kort, die Meester het buitengewone barmhartigheid met hierdie dertig Jesuïete bewys. Hulle het werklik op die rand van die afgrond gestaan en was baie nader aan die hel as aan die hemel, wat nog `n aansienlike afstand van hulle af is. Maar die ergste is verby. Hulle is gered en sal nou geleidelik verbeter. Hierdie is `n groot stap vorentoe en aan die Meester kom die lof toe. Want wat onmoontlik is vir die hoogste engel, kan die Meester nog bereik! Jy sal graag meer wou sien van die derde bedryf en ek sien jy kyk nog steeds aandagtig na die agterkant van daardie Jesuïet se kop. Maar ek kan jou vertel dat daar niks meer is om te sien nie. Hierdie groep sal nou bekeer en aansluit by hul beter broers, om vrygestel te word van hierdie gebied so gou as wat ons gekyk het na die denke van die Dames van die Heilige Hart. Laat ons dus nou na hierdie dames gaan en hulle op dieselfde wyse dophou as wat ons met die Jesuïete gedoen het. Daar is hulle! Jy kan enigeen van hulle kies, jy sal nog dieselfde ding sien!"

(Biskop Martin): "As dit so is, sal die naaste doen en ek sal deur die agterkant van haar kop kyk. Daar, ek kan hulle reeds sien, net soos die dertig Jesuïete, staan hulle almal saam in `n tuin met `n hoë muur, teen die noordelike hoek waar daar `n nogal onheilspellend lykende klooster gebou is. Dit lyk of hulle aan die stry is oor iets, maar ek kan nog nie hoor waaroor dit gaan nie. Maar ek sien dat hulle van tyd tot tyd donkerder word, dan weer ligter, soortgelyk aan die sneeubedekte bergpieke op die aarde wanneer die winde die wolke aanwaai en die berge by tye baie grys laat lyk en dan weer mooi glinsterend sodra die strale van die son weer deurkom. Wat sou die rede vir hierdie manifestasie wees met betrekking tot hierdie Dames van die Heilige Hart?"

(Borem): "Liewe broer, jy het nogal `n goeie beeld gebruik en in jou natuurlike beeld sal jy ook die rede vir hierdie verskynsel kry. Want ook hier sweef die wolke van misverstand, gedryf deur die winde van hul onderskeie aardse passies, oor die pieke van hierdie dames se begrip. En net soos slegte weer op aarde verwag kan word wanneer die wind die wolke begin dryf, so is dit hier in die geestelike manifestasie. Het jy agterkom dat die donkerte meer gereeld en blywend is? Dit is `n seker teken dat die werklike toets op hande is. Wanneer die duisternis konstant raak, sal die eerste bedryf van die slegte weer begin. Kyk versigtig, want hier sal jy nog meer interessante dinge sien as dit wat jy by die dertig Jesuïete gesien het."

(Biskop Martin): "Jy is reg! By sommige van hulle is die duisternis reeds konstant. By die ander word die lig ook minder en word nou grys. Wat `n eienaardige mengsel van duisternis en grys! Op die donkerstes begin `n kleur soos dié van rooiwarm yster reeds geleidelik opwaarts te kruip. Miskien is dit afkomstig van die woede in hulle, of selfs uit die hel. O, liewe broer, dit lyk baie dreigend! Nou kan ek twee manlike wesens sien wat die tuin inkom van die klooster af. Die dames van die Heilige Hart in die middel van die tuin, wat reeds baie donker is, lyk of hulle nie die naderende indringers opmerk nie. Aha, nou gaan iets gebeur! Ons dames het agtergekom dat daar iemand in die omgewing is wat nie daar hoort nie. Want ek sien gloeiende dolke in hulle hande, wat wys in die rigting van die indringers, wat `n nie-te-vriendelike verwelkoming maak nie. Nou maak die Moeder Superieur tekens dat almal moet stil wees. Ek wonder wat nou gaan gebeur? Dit lyk asof sy gaan praat. Ja, sy maak nou haar keel skoon. Dit sal baie interessant wees om te hoor wat se rommel sy die ander gaan aanbied. Aandag, sy het reeds begin."

(Die kloosterhoof): "Luister na my, my eerbare en hoogs gerespekteerde dames, ons verhewe, heilige orde is in groot gevaar. Twee vrypostige mans, of liewer skurke, het onopgemerk deur ons heilige klooster gesluip en in ons goddelike tuin gekom, waarskynlik met onkuise redes of dalk om besonderhede oor ons besittings te kry en hoe hulle ons kan beroof. Maar ons sal hulle maak betaal vir hulle astrantheid! Ons is ongeveer negentig in getal, skat ek. Wanneer hierdie boewe ons benader, sal ons vir hulle skree: "Uit met julle, skaamtelose skurke!” En as hulle nie dadelik uitgaan nie, sal ons hulle almal aanval en elkeen van ons sal haar gloeiende dolk diep in hul bors steek. Wanneer hulle dood is, kan ons opsigter hulle hier in die tuin opkap en verbrand om hierdie heilige plek te reinig nadat hulle die heiligheid geskend het." 

(Biskop Martin): "Ek sê, wat `n bloeddorstig plan aan die kant van hierdie liewe dames van die Heilige Hart van Jesus! O, daardie goddelose diere! Dit sou ek nie verwag het van hierdie ware helleveë van die hel nie! As dit so begin, wonder ek wat die verdere toetse sal bring? Kyk die twee mans lyk goed en vriendelik en ek kan van hulle sê: "Kyk, twee manne wie se siele onskuldig is!” En hierdie ongediertes veroordeel hulle, selfs voordat hulle, hulle gesien of met hulle gepraat het."

(Borem): "Ruk jouself reg! Jy weet hoe hierdie dinge werk! Laat hulle doen soos hulle wil. As dit tyd is vir ons om in te meng, sal die tablet ons opdrag gee. Maar tot dan moet ons niks anders as stille waarnemers van hierdie toneel wees nie. So, bly kyk!"

(Biskop Martin bly nou die toneel voor hom aandagtig bekyk en sê na `n ruk): "Kyk, broer, die twee manne draai terug in die rigting van die ingang van die klooster asof van voorneme om die tuin weer te verlaat. Maar die dames sien dit en skree, heeltemal in teenstelling met hul oorspronklike bedoeling: "Stop, moenie verder gaan nie, julle ongoddelike skurke!" Die twee manne lyk of hulle dit ignoreer en gaan voort na die ingang van die klooster. Toe die dames dit sien, word hulle rooiwarm van woede en hardloop skreeuend agter die manne aan om hul uitgang te blokkeer. `n Aantal van hulle omring die twee mans met getrekte dolke en vra hulle dreigend: "Wat doen julle hier, julle vervloekte skurke? Erken julle slegte bedoelings, julle verraderlike plan, sodat ons julle sonder genade kan martel! Deur julle vrymoedige en skaamtelose ingang tot hierdie tuin, het julle heiligskending teen God se heiligdom gepleeg en so die Gees van God verwerp! Net die dood kan boete doen vir hierdie ergste soort sonde en slegs die ewige verdoemenis kan die goddelike geregtigheid kalmeer! Praat nou, julle vervloekte skurke! Nou praat die twee manne: "Luister geduldig! Ons is deur God na julle gestuur om julle te bevry van julle groot dwaasheid. Maar siende dat daar niks behalwe gloeiende woede en wraak in julle harte is nie, is dit duidelik dat julle nog ver van gereed is vir so `n groot genade en dit sal nog `n baie lang tyd neem vir julle om dit waardig te word. Het julle nie gehoor dat wie oordeel en veroordeel, sal self geoordeel en verdoem word nie? Ons van ons kant, sal nie kwaad met kwaad beloon nie. Daarom, laat ons in vrede gaan, anders sal julle in groot probleme wees." Die dames val die twee nou verwoed aan met hul dolke. Maar die mans verdwyn en die dames steek mekaar in hul blinde woede."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205