Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 87 -

BISKOP MARTIN SE BESKEIDENHEID, GELEI DEUR BOREM SE WYSHEID. MARTIN IN FEESTELIKE KLERE. VERGROTING VAN MARTIN SE HUIS.

(Borem): "Nou is daar `n ander saak. Onder die Meester se tablet in jou huis, sal jy `n kis van suiwer goud sien. Gaan en maak dit oop en jy sal `n gewaad en `n blink hoed vind. Trek die gewaad aan en sit die hoed op, die ware hemelse bruilof gewaad, want daar sal `n waardige ontvangs wees van die gaste wat binnekort terugkeer, in die Naam van die Meester, Wie die herwonne siele Self hierheen sal bring. Gaan heen en trek aan. Dit is die wil van die Meester!"

(Biskop Martin): "Geliefde broer, alles wat jy my tot dusver vertel het was goddelik en waar, soos die Woord van God self. Slegs hierdie laaste saak lyk verdag soos `n soort hemelse ydelheid, wat my glad nie pla nie. Daarom moet jy my vergewe as ek jou nie gehoorsaam op hierdie spesifieke punt nie. Ek is so bly dat my hart eindelik in orde is - die enigste ding wat vir die Meester van belang is. Wat betref my uiterlike gewaad, is ek heel tevrede met hierdie boere oorpak vir alle ewigheid. Ek gee werklik nie meer om vir prag en praal nie, al is dit hemels of aards. Maar ek gee al hoe meer om vir liefde van die Meester, wat net my hart kan bevorder en nie `n pragtige kleed en hoed nie. Daarom bly ek soos ek is, `n boer!"

(Borem): "Jy is reg, geliefde broer. Natuurlik kyk die Meester net na die hart. En ons nederigheid, bewys deur die ware liefde van die Meester, dit is elke engel se kosbaarste gewaad. Dit is egter `n vereiste van die Meester se orde dat in Sy Koninkryk elke bewoner in die hemele bekleed moet wees in `n gewaad van die wedergeboorte en onsterflikheid, wat ooreenstem met sy innerlike self. Daar is geen wese in die hele oneindigheid meer nederig as die Meester self nie en jy kan nie dink aan enige heerlikheid wat nie hul oorsprong in Hom het nie. Kyk na die prag en grote van hierdie kamer, wat slegs een van die kamers in jou huis is. Wie anders as die Meester is die ontwerper en alleen bouer van sulke onbeskryflike heerlikheid en majesteit? Toe jy die eerste keer in die huis kom wat die Meester jou gegee het, het jy onmiddellik deur middel van die twaalf deure gekyk en die twaalf druppels uit die eindelose see van die Meester se skeppings gesien. En jy is byna met vrees gevul deur net skrams te kyk na sulke oorweldigende heerlikheid en majesteit. Wat sou jy sê as jy `n engel in al sy hemelse heerlikheid gesien het? Jy sou nie na hom kon kyk en bly leef nie, so oneindig groot is sy skoonheid, sy glorie, heerlikheid en majesteit! Van wat ek nou net vir jou vertel het en uit baie ander dinge wat ek verduidelik het, kan jy sien dat alles, insluitend goeie prag en praal, afkomstig is van die Meester. So, ek dink dat jy die regte ding sal doen om jouself aan te pas by die Meester se orde.

Weet jy wat die Meester vir Petrus gesê het toe hy, uit pure nederigheid, beswaar gemaak het dat die Meester sy voete was? As jy hou by jou nederige koppigheid, sal die Meester dieselfde aan jou sê. Daarom, gaan en doen soos wat ek aan jou namens die Meester sê en dan sal alles in jou huis ook anders lyk. Maar voordat jy die nuwe gewaad aantrek, moet jy eers die ou een aan flarde skeur, was eers jou voete met die water in die wasbak wat jy in gereedheid geplaas sal vind. Eers nadat jy dit gedoen het, kan jy die goue kis oopmaak, neem die klere en trek dit aan.

(Biskop Martin):"Wel, as dit is hoe dit moet wees, sal ek voldoen aan jou opdrag, in die Naam van die Meester. Ek moet erken, liefste broer, dat ek nie baie van die idee hou nie, omdat, ten spyte van jou slim verduidelikings, ek nog steeds die gevoel het dat daar `n soort van nietigheid daarin is. Maar omdat dit die Meester se opdrag is, sal ek dit in Sy Naam volg. En waar kan ek my huidige klere sit? Plaas ek dit in die goue kis vir `n ewige herinnering?"

(Borem): "Moenie moeite doen daarmee nie. Iemand anders sal daarna omsien."

Biskop Martin gaan na die kis en kyk rond om te sien of hy dopgehou word. Maar wanneer hy homself agter `n netjiese skerm bevind wat hom verberg van die baie gaste in sy huis, ontklee hy vinnig. Hy plaas die ou klere op `n hoop voor hom en dit verdwyn onmiddellik. Hy neem dan `n bietjie water in sy hande uit die voorgenoemde wasbak en was sy voete. Toe hy klaar is, is die goue kis reeds oop en ons goeie Martin is reeds in `n purper kleed geklee met `n omboorsel van die mooiste sterre. En op sy kop het hy `n hoed wat baie helderder blink as die son. 

Die oomblik toe hy in hierdie klere geklee is, word die binnekant van sy huis tot so `n mate vergroot dat dit vir Biskop Martin `n honderd keer groter lyk as voorheen. Gelyktydig open die trappe na die galerye, wat tot dusver nie moontlik was om te vind nie. Toe hy dit alles sien, word Biskop Martin gedring tot trane deur `n gevoel van groot geluk en hy begin om My openlik te loof. Terwyl sy trane vrylik uit emosie begin te vloei, kom Borem na hom, geklee in soortgelyke klere en sê:

(Borem): "Wel broer, hoe hou jy hiervan? Voel jy nou meer ydel?"

(Biskop Martin): "O broer, nou voel ek eers hoe klein ek is - en hoe enorm groot die Meester is!"

(Borem): "Kom nou saam, want alles is voorberei om jou te groet as die eienaar van hierdie huis. Wees bly, want hierdie ontvangs sal wonderlik wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205