Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 66 -

UITBREIDING VAN HART EN HUIS. DIE MEESTER ROEP BISKOP MARTIN.

(Die Minoriet vra): "Waar is jou beter lig, broer? Waarheen sal jy ons lei dat ons dit kan sien?"

(Biskop Martin): "Volg my na die middel van die saal, waar jy `n ware goddelike en artistieke Aards- en astronomiese meganisme sal sien. Daar sal ons eers `n vinnige blik op ons aarde gooi en dan oorgaan na die ander planete en uiteindelik, die son. Jy sal baie dinge sien wat tot dusver raaisels vir julle almal was. Dus, laat ons gaan!" Hulle almal gaan na die aangewese plek en vorm `n sirkel daarom. Selfs die Dames van die Heilige Hart volg die ander steelsgewys om te sien wat aangaan en wat die beter lig is waarna Biskop Martin verwys.

(Biskop Martin sien hulle en sê hardop): "Hoekom sluip julle slim dames agterna soos geheime agente in die wêreld? Daar moet geen sluipery hier wees nie! As julle saam met ons na die beter lig wil gaan, julle broers en susters, doen dit openlik en met graagte, soos ons dit doen. Skelm sluipery en spioenering word nie hier geduld nie."

(Toe hulle dit hoor, sê die Dames van die Heilige Hart): "Vriend, moenie kwaad wees vir ons nie! Jy weet dat ons dwaas en swak is en mislei kan word, soos jy waarskynlik self was op die tyd wat jy in hierdie wêreld gekom het en nie alles as vanselfsprekend aanvaar het wat hulle jou vertel het nie. Daarom vra ons jou om geduld met ons te hê. Ons het nie gekla toe jy ons name genoem het nie en jy kan dit nie te veel teen ons hou as ons opstaan vir ons orde nie. Geagte vriend, jy het ons baie hard behandel, maar ons het dit met baie min gemor gevat. Ons vra jou nou om ons te vergewe en nie heeltemal so hard te wees met ons arme sondaars nie."

(Biskop Martin): "Ag, dit is `n baie beter taal as jou Frans. Aangesien jy hierdie houding aangeneem het, is jy nou welkom saam met ons hier en kyk vir jouself wat reeds hier is en wat nog gaan gebeur." Nou kom die dames vorentoe en is verstom oor die gesig van die groot artistieke meganisme.

Die Jesuïete, wat rondom die aardbol staan, is baie beïndruk en kyk hoe lewensgetrou hierdie wêreld gemaak is en hoe nie die kleinste detail van die werklike aarde ontbreek nie. Die Minoriete en Ligourianers is net so beïndruk met hierdie wêreld, terwyl die Franciskane die sonnestelsel bewonder vir die glans van die son wat al die planete verlig. Die susters van liefdadigheid en die Opvoedkunde susters is veral beïndruk deur die son. Almal bewonder die meganisme en Biskop Martin verduidelik gretiglik al die hemelse aantreklikhede, af en toe maak hy `n sarkastiese aanmerking oor die verskynings op die aarde. Na hierdie groot groep geruime tyd spandeer het met die aarde en die planeet-meganisme en te luister na Biskop Martin se verduidelikings, word die saal skielik baie helderder en vir die biskop lyk dit nou veel groter as voorheen in die gematigde lig. Die ander het dit ook opgemerk en vra die biskop waar die lig vandaan gekom het en wat het die uitbreiding van die saal veroorsaak.

(Biskop Martin): "My liewe vriende, broers en susters, daar is niks vreemd hieroor nie, want alles hier bly verander van sy aanvanklike vorm en tipe. Toe julle hier aangekom het, het julle nie gesien hoe klein die huis van buite gelyk het nie en hoe groot dit binne-in was nie? Dit is `n wonderwerk en so is die huidige manifestasie, wat vir ons onbegryplik is, is maklik genoeg vir die Meester om te doen. Ek dink dit beteken dat aangesien julle al ietwat meer verlig is, die Meester ons meer lig skenk. En soos ons konsepte van Hom verbreed het, het die Meester hierdie veilige woonplek uitgebrei, sodat dit meer as genoeg ruimte kan voorsien vir ons almal. In hierdie wonderlike wêreld is sulke manifestasies glad nie ongewoon nie. Hier beheer die Meester se Almag, Liefde en Wysheid alles afhangend van die volwassenheid van ons harte. Maar ek sien nou `n nuwe, skitterblink skrif op die ronde tablet. Ek moet gaan en kyk wat dit sê!" Biskop Martin gaan na die tablet en lees: "Martin, kom na buite, want ek het iets belangrik om te skik met jou. Intussen, laat die groep stilbly. Kom nou! Laat dit so wees!" Biskop Martin, vol van geluk gee die ander instruksies, waaraan hulle voldoen en dan is hy gereed om die oproep op die tablet te volg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205