|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 89
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
- Hoofstuk 89 -
BISKOP MARTIN EN DIE BOTANIS IN DIE TUIN. NUWE BEHOEFTIGE AANKOMELINGE. DIE VERLANGDE, PRAGTIGE BELONING.
Toe Biskop Martin op die punt is van meer liefdeslofprysinge, roep iemand buite sy naam: "Martin!" Toe hy dit hoor vra Biskop Martin vir Borem of hy enige idee het wie hom dalk geroep het.
(Borem): "Gaan na buite broer en sien vir jouself. Selfs hier is dit soms soos in die wêreld, behalwe vir die Meester. `n Mens kan nie alles van een punt af sien nie, maar moet na verskillende plekke gaan om te sien en te hoor, soos jy al by verskillende geleenthede opgemerk het. Daarom, gaan gou na buite en jy sal uitvind wie jou geroep het. Ek ken nog nie die antwoord op alles nie, my liefste broer. Maar ek hoor weer die roep, so gaan liewer na buite en sien wie dit is."
(Biskop Martin): "Ja, ek gaan. Waarskynlik is daar weer `n paar verlore geeste wat hulp vereis." Biskop Martin gaan gou na die deur en maak dit oop. Hy is verbaas oor die grootheid van sy tuin, wat uitgebrei en onmeetlik verbeter het sedert hy Borem ontmoet het wat besig was om bome te plant. Toe daar niemand is wat vir hom by die deur wag nie, gaan Biskop Martin in die tuin om te kyk vir die een wat hom geroep het. Hy loop na die ooste en kom by `n boom wat lyk soos `n groot, so-te-sê oop lewende tempel, en in die middel daarvan sien hy iemand besig om plante uit te sorteer wat op `n lewende altaar geplaas is.
(Biskop Martin kyk vir `n rukkie na die man, kom dan nader en sê): "Beste vriend en broer, was dit jy wat my op my naam geroep het? Indien wel, laat my weet op watter manier my hart jou kan dien."
(Die Botanis): "My liewe vriend en broer, jou huis het nou baie ruim geword en so het jou tuin. Jy het reeds meer as `n duisend broers en susters ingeneem, wat baie edel is van jou. Ek dink egter dat as daar plek is vir so baie, moet daar ook plek wees vir nog `n paar. Volg my na die westelike deel van jou tuin. Daar sal jy `n honderd armes vind wat `n huis benodig. Neem hulle in jou huis en vir my ook, want op `n manier behoort ek aan hulle en jy sal nie spyt wees nie."
(Biskop Martin): "Maar, liewe vriend en broer, wat is `n honderd? Ek kan jou verseker, dat selfs indien dit tienduisend was, sou ek hulle nie laat gaan nie, maar sal elke poging aanwend om hulle hier te hou. Daarom, neem my dadelik na hulle toe, sodat ek na die beste van my vermoë na hulle kan omsien, met die hulp van die Meester."
(Die Botanis): "O, vriend en broer, jy het soos `n kosbare balsem vir my hart geword! Kom ons gaan onmiddellik en ons sal gou by hulle wees." Die twee loop in die rigting van die weste en kom by `n groep mense, beide manlik en vroulik. Almal van hulle is feitlik naak, uitgeteer en met swere en sere bedek.
(Toe hy hierdie ellendige wesens sien, word Biskop Martin tot trane beweeg en sê met diepe deernis): "O my God, hoe swak en ellendig lyk hierdie arme mense! Kom saam na my huis, almal van julle, sodat ek julle kan help om julle gesondheid en krag terug te kry! Die Meester, ons heiligste en die beste Vader Jesus, sal my die krag en die middele gee om dit te doen."
(Die armes): "Jy is duidelik een van God se engele. Hoe goed moet die Meester wees as jy reeds so oneindig goed is. Maar jy kan sien hoe vuil ons is. Hoe durf ons jou skoon woning binnegaan?"
(Biskop Martin): "Ek was veel erger as wat julle is en is gesuiwer in hierdie huis van liefde. Ek hoop by God dat julle dieselfde sal bereik. Kom nou saam met my, liewe broers en susters en moenie bang wees nie. Die swakste mag op my leun om hulle te help om by my huis te kom. Jy ook, broer (die botanis), moet sommige van die swakkeres ondersteun."
(Die Botanis): "Watter vreugde gee jy my, broer, jy, my hart, kern van My liefde. Eendag sal jy ryklik beloon word hiervoor! Jy het al `n beloning, want die Een vir wie jy so lief is, is nou met jou. Ek is die Meester, jou broer, jou Vader!"
(Biskop Martin, wat My nou ten volle herken, gooi hom aan my voete en hy sê): "O, Meester, o God, o heilige Vader, hoe kan ek U voldoende prys? Hoe groot is U liefde en hoe onbegryplik diep moet U deernis wees dat U soveel genade bewys aan sondaars soos ek was en nog steeds is! U heilige en goeie Vader, ek is nou so diep skaam dat ek U nie herken het toe ek saam met Petrus in U ewige Vaderhuis gebly het, dat ek nie na U woorde geluister het nie, wat niks anders was as suiwer liefde nie. Noudat my hart U herken, is ek oorweldig met liefde en ook skaamte. Versterk my sodat my sondige hart U heilige teenwoordigheid kan verdra!"
|
|
|
|
|