Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 46 -

DIE NEGENDE KABINET MET SY TREURIGE GEHEIM. DIE VERPLETTERDE WÊRELD VAN DIE ASTEROIDES EN SY GESKIEDENIS.

(Die Meester): "Ons is by die negende deur. Wat sien jy hier? Nou, My liewe seun Martin, jy is weer toegelaat om te spreek, maar slegs wat nodig is. Antwoord dus My vraag."

(Biskop Martin): "Meester, ek sien nog nie baie nie. Daar is ongeveer nege klein, kaal, vormlose ‘wêrelde’ wat in hierdie suiwer hemelse lug hang. Behalwe vir enkele struikgewasse, kan ek nie veel onderskei nie, alhoewel ek die indruk kry dat daar `n groot hemelse wêreld sigbaar word op `n ver afstand. Maar, as gevolg van die afstand, is dit baie vaag en ek kan nie sien wat daarop is nie. Vier klein ‘wêrelde’ wat nader aan ons sirkel blyk bewoon te wees, want ek merk op hulle eienaardige klein soort geboue, alhoewel ek geen mense kan sien nie. Ek neem aan dat hulle nie baie groot is nie, waarskynlik `n soort van infusoriale mens. Een van hierdie ‘wêrelde’ sweef verby die deur. Die enigste goed wat ek daarop kan sien, is `n paar verknogte struike en klein wonings, wat eerder na miershope lyk. Maar daar is geen beweging nie, behalwe dit van die ‘wêreld’ self. Vertel My, o Meester, of dit ook `n planeet is, of wat?"

(Ek sê): "Ja, My liewe seun Martin, dit is ook `n planeet, maar soos jy kan sien, nie `n hele een nie, maar `n sleg verminkte een. Want saam met die nege stukke wat onreëlmatig voor ons sweef, is daar nog `n hoop puin: Party daarvan is verstrooi op ander planete, sommige sweef rond in wanordelike rigtings in die eindelose ruimte van die skepping. Hier en daar, as hulle te naby kom, word hulle aangetrek en soort van ingesluk deur `n vaste planeet of `n son.

Jy het nou `n paar vrae in gedagte: "Hoe en waarom was hierdie planeet verbreek? Hoe was hy daarvoor? Hoe het sy inwoners gelyk?" "Die antwoord op die 'hoe' is My almag: Dit was My wil! En hoekom? Kyk, hierdie planeet was oorspronklik bestem tot wat nou die bestemming van die aarde geword het. Want die eerste gevalle gees het dit gekies, met die belofte om homself te verneder en terug te keer na My. Daarom was hierdie planeet bedoel om die ster van verlossing te word. Hier het hy belowe om self aktief te wees sonder om ooit in te meng by die sfeer van enige van die ster se inwoners, ook nie die van enige ander planeet nie. Maar hy het egter nie sy belofte gehou nie, maar het sy vryheid op so `n bose manier gebruik, dat geen lewe vordering kon maak op hierdie planeet nie. As gevolg hiervan is hy verban na die brandende middelpunt van die planeet en die bestemming van hierdie planeet was onverwyld oorgedra aan julle aarde. Toe die aarde gereed was vir die mens, het ek die saad vir die eerste mens gesaai, maar die Bose een het aan sy gevangenismure geruk. Uit medelye laat Ek hom toe doen wat hy wou en hy het sy aarde aan stukkies geruk en hy het in die afgrond van julle aarde gedompel, waar hy sedert toe alles doen wat bekend is aan jou.

Die rede vir die vernietiging van hierdie planeet was soos in alle dinge, My deernis. Want, terwyl hierdie planeet nog heel was en bewoon was deur baie magtige nasies, het die draak hul harte vergiftig met wellus vir mag. As gevolg hiervan het hulle voortdurende oorlog gevoer en mekaar die volledige vernietiging tot die laaste man toe gesweer. Daar was toe geen ander manier as `n oordeel nie en dit was die oopbars van die planeet, waar baie miljoene van sy baie groot inwoners omgekom het. Sommige was onder puin begrawe, maar die meeste van hulle was uitgegooi in die ruimte. Sommige het selfs op die aarde geval en uit daardie tyd dateer eweneens die heidense mite van die oorlog van die reuse. Maar die eerste mense het heeltemal uitgesterf op die oorblywende stukkies van die oorspronklik grootste planeet, omdat hulle nie in staat was om die nodige voedsel te vind nie. Hulle is uiteindelik vervang deur `n baie klein menseras, baie beskeie, wie die hare op die kop en die wenkbroue van die kosmiese mens verteenwoordig. In die agtergrond, kan jy nog steeds die hele planeet sien soos dit was, wat behoue bly vir die groot dag wat gaan aanbreek in die hele oneindigheid. Nou weet jy ook van hierdie deur wat nodig is vir jou om te weet op hierdie stadium. Met verloop van tyd, sal al die saad ontkiem wat Ek nou in jou hart geplaas het. Volg My nou na die tiende deur, waar nuwe wonders op jou wag. Laat dit so wees! "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205