Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 20 -

DIE GEESTELIKE BETEKENIS VAN DIE VISSE. DIE SAMESTELLING VAN DIE SIEL. MARTIN SE VERSKONINGS, EN DIE HERE SE BERISPING.

Die biskop doen soos gesê, en sê: "Ek voel `n bietjie beter omdat ek nou ten minste `n idee het waarom ek dit doen en waarvoor die oënskynlik nuttelose werk goed is. Soos ek dit nou sien, illustreer hierdie vis My dwaasheid: die grotes my groot dwaashede, en die kleineres my ontelbare klein flaters. Maar hoe my dwaashede en verskeie gemene truuks kan verander in groot en klein visse in die see, kan ek nie verklaar nie. Waarskynlik het die see sy oorsprong in `n sondvloed, waarvan die water die grootste deel van die mense se stoflike sondes geabsorbeer het, insluitende myne. Dit is die enigste verduideliking wat blyk enige sin te maak vir my.

Maar hoekom die sondes hulle voordoen as vis in hierdie sondvloed van water is bo my! Slegs die Almagtige, Wie hierdie water uit die ou sondvloed vir die geeswêreld in hierdie eindelose wasbak gestoor het, weet waarom. Daarom sal ek nie nog meer vrae vra nie, maar voortgaan met die visse om my deel van sondes so spoedig moontlik te verwyder."

(Nou praat Ek): "Dit is reg! Werk hard, vriend! Rome was nie in een dag gebou nie. Met geduld kan alle probleme oorkom word. Hierdie is nie Noag se vloed nie, of die vis wat ons verwyder uit die water jou verwagte sondes nie. Maar hierdie see is tog `n sondvloed, maar nie van die verwagte sondes nie, maar van al die sondes wat jy gedoen het in die wêreld. Die rede waarom jou sondes in die vorm van vis en seemonsters van verskillende groottes verskyn, is dat elke sonde onbevoegdheid van die siel veroorsaak, wat dan sy ontelbare verminkte bestanddele versprei, ontstaan in die water en vervolmaak in die vuur van die liefde van God in die mens se hart, wat lei tot die bereiking van die beeld van God. As kind was jy met `n fisies volledige siel bedeel in jou liggaam. Maar deur nie te lewe volgens God se orde nie, maar net van die dierlike orde van die elemente waarvan die siel oorspronklik saamgestel is, het jy baie van jou siel se komponente verloor. En nou, ten einde jou siel plasties te voltooi, moet ons alles wat verlore gegaan het uit die see van jou sondes uithaal. Eers nadat dit gedoen is kan ons sorg vir jou gees en sy eenwording met jou siel.

Daarom, wees ywerig en geduldig, en jy sal gou verstaan wat `n goeie gids veronderstel is om hier te doen. Aangesien hierdie seemonsters jou sondige optrede verteenwoordig, moet hulle verdwyn die oomblik wat hulle uitgelig word om die lig van God te aanskou, wat lei tot die manifestasie van wat daar geskrywe is: Die koninkryk van die hemel: "is soos `n visnet, wat in die see gegooi was, en van elke soort bymekaar gemaak het: en toe dit vol geword het, het hulle dit op die strand uitgetrek en die goeies in bakke versamel, maar die slegtes weggegooi.

Ons het reeds `n groot aantal van jou dade in die vorm van verskillende visse uitgehaal, maar, soos jy kan sien, hulle het nie gehou in die lig van God nie. En hoekom? Omdat jou vernielde siel dit verorber ten einde sy volle vorm te herstel. Wanneer sal daar dade in jou see wees wat hou? Probeer om jou hart te vul en sy liefde te laat ontwaak. Daar gaan nog baie tevergeefse werk vir jou hande wees voordat jy die liefde van God in jou hart ervaar. As jy dit besef en verstaan wat jy moet bereik, sal jy aanhou werk in ware berou, nederigheid en geduld, totdat jy slaag in jou strewe, en sodoende `n duidelike visie van jou eie goeie oordeel kry - en daar uit die genade van God. Laat dit so wees!"

Biskop Martin oordink hierdie woorde, maar bly werk. Na `n ruk draai hy na My en sê: "Waarde Meester, dit lyk of U in staat is om deur my lewe op aarde te kyk soos `n juwelier deur `n diamant, en alhoewel ek U vriendelik vind, in U geregverdigde berisping is U genadeloos soos die naakte waarheid self. Dit is waar dat al my aksies `n gruwel voor die Meester moet wees, as gevolg van die feit dat my hele lewe op aarde, ek in valsheid geleef het, en tot `n sekere mate, was ek geforseer om dit te doen. Gevolglik kon my dade niks anders wees as sleg nie, wat ek nou duidelik sien. Maar selfs as U self `n engel was, moet U erken dat die mens nie geblameer kan word vir al sy tekortkominge en foute nie, aangesien hy homself nie geskep het met al sy verskillende neigings nie. As ek my self gemaak en opgevoed het, sou ek alleen die oorsaak wees van alles wat ek gedoen het en moet uiteraard verantwoordelik gehou word vir al my dade en word dienooreenkomstig veroordeel. Maar om al my dade te veroordeel en hulle te merk as dodelike sondes, omdat ek hulle gedoen het, lyk vir my, indien nie heeltemal onregverdig nie, ten minste te streng. As die seun van `n rower ook `n rower word, omdat hy geen ander agtergrond as roof en moord gehad het nie, kon hy regverdig blameer word vir sy verskriklike dade? Of kan die tier veroordeel word, omdat hy wreed en bloeddorstig is? Wie voorsien die adder met sy dodelike gif? Kan jy `n kannibaal in donker Afrika blameer as hy mense eet omdat hy hulle suksesvol kan jag? Waarom kan `n engel of ander goeie gees nie van die hemel neerdaal om hom te leer wat reg is nie? Of sou God werklik miljoene mense gemaak het bloot vir die verdoemenis? Dit sal inderdaad wrede tirannie wees. My mening is dus: Gee aan elkeen wat hom toekom, maar hy moet nie veroordeel word vir wat nie syne is nie, en waarvoor hy nie geblameer kan word nie."

(Ek antwoord): "Vriend, jy doen `n groot onreg aan My met jou woorde. Kan jy nie sien dat ons jou help met hierdie werk nie, want Ek is redelik vertroud met jou onverstoorbare beginsels van geregtigheid? Wat jy blameer op jou beweerde verwaarloosde onderwys, het broer Petrus op homself geneem. En alles wat jy blameer op jou Skepper, het Ekself gedra. Glo jy werklik dat jy heel onskuldig is, waar jou eie aandeel betrokke is? Kan jy dit eerlik beweer? Was jy nie God se gebooie geleer nie, sowel as die wette van die burgerlike wetboek? Het jy nie, in baie gevalle, geweet dat jy van plan was om `n sonde te pleeg nie? En wanneer jou gewete jou gewaarsku het, het jy dit nie geïgnoreer nie, maar kwaad gedoen teen sy harde stem? Blameer jy dit ook op jou onderwys, of op die Skepper? Hoewel jou ouers toonbeelde van vrygewigheid was, was jy verhard teenoor die armes. Blameer jy dit ook op jou opvoeding? Aangesien jy meer tirannies as `n arend geword het terwyl jou ouers nederig in hulle harte was, soos vereis deur die Woord van God, was dit ook die skuld van jou opvoeding of selfs die Skepper? Kan jy nou sien hoe verkeerd dit is om jou Skepper te blameer? Dit is beter om te besef en nederig te wees, want nie een van jou verskonings sal enige gewig by God hê nie. Maar as jy God liefhet bo alles en jou broers liefhet, sal jy geregtigheid vind. Laat dit so wees!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205