Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 94 -

WONDERLIKE, WARE VERSOENING TUSSEN CHANCHAH EN DIE HONDERD SJINESE. DIE MEESTER EN CHANCHAH.

Chanchah val nou aan die voete van die honderd Sjinese en smeek hulle om vergifnis vir dit wat sy aan hulle gedoen het, selfs al was dit nie doelbewus nie.

(Die honderd antwoord eenparig): "Mooiste Chanchah, as die groot, heilige Lama jou vergeef het, hoe kan ons nog iets teen jou hou? Bowendien, het Hy ons ook vergewe, ten spyte van ons baie en groot offers aan Ahriman! Dus, staan op en knyp ons oorlobbe as teken dat ons mekaar uit die diepte van ons harte vergewe." Chanchah doen soos voorgestel op die mooiste en vriendelikste manier en nadat sy al honderd aan hul oorlobbe geknyp het, sê sy:

(Chanchah): "Julle harte is my kosbaarste juwele en die aansien van julle `n lus vir my oë. My hart is `n vreedsame rusplek vir julle as liefde julle moeg gemaak het. My arms is `n sagte band vir julle om hart met hart te verenig en mag die mees kosbaarste balsem vir ewig uit my mond vloei in julle lewe. Op my boesem mag julle sweef na die sterre en my voete dra julle oor ruwe paaie. En wanneer die son gesak het en die aarde nie verlig word deur die maan nie en ook nie deur die lig van die sterre nie - wanneer dit toe is deur sluiers van mis, mag my oë dan vir julle die pad van julle verlange verlig en mag my ingewande julle warm hou in die ysige nagte van die lewe. So sal ek vir ewig `n nederige kneg onder alle omstandighede vir julle wees, want julle het my vergewe vir my groot sonde teen julle."

(Na hierdie toespraak van die mooie Chanchah, gaan een van die honderd na haar, lig beide sy hande bo haar en raak liggies haar kop met sy voorvingers en sê): "O, Chanchah, hoe mooi is jy nou! Ek sê dit vir jou met die brul van `n magtige storm en ook met die sagtheid van `n geurige aand bries wat speel met die sagte hare van die gemsbok! Jy is mooier as die sonsopkoms bo die blou berge om die groot stad van die Midde-koninkryk en meer heerlik as die chu-yu-lukh [een van die mooiste blomme wat net in die tuine van die keiser groei]! Jou kop is mooier as dié van die goue duif en jou nek ronder en witter as `n wit gemsbok sin. Jou boesem is sagter as dons en jou voete kleiner as dié van `n bok. Ons het jou lief soveel as wat ons die son liefhet en jou lieftalligheid maak ons harte so lig soos die lig van die volmaan op die deinende oppervlak van die mere. So, van nou af aan ook, sal jou wense so heerlik in ons siele skyn en ons harte verfris, soos die sterre die harte van verlore seemanne vertroos wat deur die dag nie in staat was om hul koers op die wye oseaan te stel huis toe nie."

(Dan draai hy na My en sê): "Is dit reg, o vriend, dat ons, ons voormalige vyand soos een hart in `n honderd harte aanvaar het?"

(Ek sê): "Ja, dit is heeltemal reg volgens julle gebruik. Maar omdat julle nie meer in die wêreld is nie, maar in die ewige geesteryk, met ander gebruike en gewoontes, sal julle julleself daarby moet aanpas en ons voorbeeld in alles volg as julle hier wil bly. Maar in geval julle die gewoontes van julle land voorkeur gee bo dié van hierdie huis, sal julle moet aansluit by diegene wat hierdie huis vir nog `n hele ruk nie sal bereik nie."

(Chanchah): "Geliefde en glorieryke vriend van die armes, ons sal soos die beste porseleinklei wees, wat in die edelste vorms gevorm kan word. U wil sal ons lewensstrewe wees en U woord die heilige woord van Lama!"

(Ek sê): "Kom hier, mooie Chanchah, Ek sal jou `n nuwe gewaad gee wat jou meer glorieryk as die mooiste sonsopkoms op die wit pieke van die blou berge sal versier." Chanchah kom gretig na My toe, terwyl Martin reeds uit die goue kis `n rooi mantel bring, versier met talle sterre. Hy oorhandig dit aan My en sê:

(Biskop Martin):"Dit sal regtig hemels lyk aan die mooiste Chanchah. Dit is `n ware liefdesgewaad! Ek moet herken dat ek werklik van hierdie Sjinese meisie hou. Haar tipies Sjinese manier van praat bevat nog baie aardse elemente, maar dit is van werklik Oosterse poësie. Ek sou nie kon dink dat die Sjinese so `n hoeveelheid eerlike lirieke het nie. Maar al is dit soos dit is, ek hou daarvan! Op geen manier moet ons hierdie mense laat weggaan nie!"

(Ek sê): "Jy is reg, Ek hou ook van hulle en veral van die hart van hierdie Chanchah. Hulle gaan egter nog sommige probleme vir julle veroorsaak. Maar nou na Chanchah! Hier, my lieflike dogter, ontvang hierdie kledingstuk. Dit is die gewaad van liefde en wyse sagmoedigheid binne-in jou. Jy het diegene verraai wat bereid was om die waarheid oor die Jesus-Lama te aanvaar, maar jy het `n verraaier geword deur die eerbaarheid aan jou eie land. Jy wou net die keiser se lewe red en het nie beplan om jou broers se lewens te offer nie. Dit het die keiser gedoen. Maar as hy jou hart in sy bors gehad het, sou hy dit nie gedoen het nie. Daarom is jy onberispelik en suiwer, soos hierdie kledingstuk wat Ek hier vir jou het. Neem dit, dit verteenwoordig My groot liefde vir jou!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205