Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 5 -

IN DIE HUT VAN DIE ENGEL PETRUS. `N INLIGTENDE WOORD VAN DIE ENGEL OOR LUTHER. MARTIN SE WERK AS `n SKAAPWAGTER IN DIE HIERNAMAALS.

Toe die engel en Martin die huis binnegaan, wat baie eenvoudig gemeubileer is, merk ons biskop op `n klein, driehoekige tafel, `n Lutherse Bybel wat beide die Ou en Nuwe Testamente bevat. Dit veroorsaak duidelike verleentheid vir hom.

(Die engel, Petrus, bemerk dit en sê): "Wat kon Luther aan jou gedoen het dat jy hom verag, en dieselfde tyd, ook sy getroue Bybelvertaling, wat niks meer bevat as die suiwer Woord van God nie? Selfs as Luther, nie in alle opsigte `n man was van wie n mens kon sê, "Hy was `n man volgens God se eie hart," was hy nog steeds baie beter as baie van jou kerklede wat daarop aanspraak maak om die mees regverdige en beste mense te wees, maar wat in werklikheid presies die teendeel is! Hy alleen het die moed gehad om te midde van die donkerste nag van Babel, die suiwer Woord van God te herstel en aan die mense te bring, dus hulle terug op die regte pad na die Meester te lei. Ondanks `n paar foute ook op hierdie pad as gevolg van die nabyheid van Babel [Rome], was sy onderrig van die suiwer Woord van die Meester, in vergelyking met Rome se valse leer, soos die middagson teen die dowwe lig van die aandskemerte! As Luther dit reggekry het in die naam van die Meester, vertel my, watter rede jy het om hierdie waardige mens te verag?"

(Sê die biskop): "Ek verag hom nie werklik nie, maar jy weet hoe dit is wanneer `n mens `n slaaf van `n groep was vir `n lang tyd. Geleidelik het `n kunsmatige haat opgebou teen `n persoon wie jou groep voortdurend vervloek en verdoem het. Dit het ook met my gebeur. Maar ek hoop en verwag van God om my te help om ontslae raak van al die dwaasheid wat ek saamgebring uit my tydelike lewe. Daarom moenie geduld verloor nie, ek hoop dat dinge gou sal verbeter met my."

(sê die engel Petrus):" O, broer, dit is nie ek wat die geduld nodig sal hê nie, maar jy! Jy weet nog nie van alles wat vir jou wag nie, maar ek weet. Daarom moet ek jou op so `n manier behandel, wat sal help om jou sterk te maak in die waarheid en weerstand teen talle versoekinge wat jou sal konfronteer, op jou pad na die Meester. Kyk by die venster uit! Sien jy die duisende skape en lammers wat hardloop en spring? Hier is `n boek met al hul name. Neem dit en roep hul name uit. As hulle die stem van die ware herder herken, sal hulle haastig na jou toe kom. As hulle egter net die stem van `n huurling hoor, sal hulle verstrooi van jou wegvlug. Indien dit gebeur, moet dan nie brom nie, maar weet dat jy `n huurling is, dan sal `n ander herder kom en jou die regte manier leer om te roep en die skape en lammers te versorg. Nou dan, neem hierdie boek en doen net soos ek jou aangeraai het! "

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205