Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 27 -

BISKOP MARTIN SE BESONDERSE ERVARING MET SY NUWELINGE. HY WIL INLIG, MAAR WORD SELF INGELIG.

Ons gaan nou na die eerste dertig mense wie biskop Martin na die paleis gebring het. Toe ons ingaan, werp hulle hulself neer, terwyl hulle uitroep: "O, Heer, o Heer, almagtige God in Jesus Christus, moenie na ons toe kom nie, want ons is groot sondaars, onwaardig vir enige genade! U nabyheid, Allerheiligste, is te oorweldigend vir ons!"

Biskop Martin kyk rond na alle kante, en wonder waar die dertig Jesus gesien het. Maar, nog steeds sien hy niks, hy vra My: "Liewe vriend, wat is hierdie arme mense se saak? Is hul van hul sinne af? Of het hulle dalk wyn gedrink en aan die slaap geraak, en het nou óf `n Lutherse óf `n Romeinse nagmerrie?"

(Ek sê): "O, nee, niks van die soort nie. Hulle beskou My as Hy, en dit is hoekom hulle so huil!"

(Biskop Martin): "Dit is dus `n soort geestelike swakheid agter alles. Maar in my opinie is hulle heeltemal reg om u te prys, hulle huidige grootste weldoener, as verteenwoordigend van die Allerhoogste. Want soos ek dit sien, het elke weldoener soos jy `n aansienlike gedeelte van die werklike Godheid in hom, en deur hom te prys, word die goddelikheid in hom ook geprys. Wat moet nou gedoen word met die arme mense?"

(Ek sê): "Ons sal doen soos hulle vra. Ons laat hulle oor aan hul gedagte en gaan kyk na die ander. Want as hulle op hierdie stadium nie glo om My nabyheid te verdra nie, moet ons hulle nie martel nie. Uiteindelik sal dinge regkom!"

(Biskop Martin): "Ek is seker dat dit die beste sal wees! Sulke dinge moet nie gehaas word nie. Laat ons gou gaan na die wat ons uit die vuur gered het. Ek sien uit om hulle weer te sien." Ons gaan nou vinnig na die ander. By die deur, sê Ek aan die biskop: "Broer, gaan eerste in en vertel hulle dat Ek en Petrus kom. As hulle My wil sien, sal Ek ingaan, maar as hulle nie wil nie, wat jy gou sal agterkom uit hul woorde, kom sonder versuim terug en ons sal `n ander taak gaan doen."

Biskop Martin doen soos voorgeskryf deur My, hy gaan na die brand slagoffers en praat met hulle met `n ietwat patetiese houding, soos dié van `n beampte: "Liewe vriende die Heer en Meester van hierdie huis is bereid om julle te besoek as dit julle nou pas. As dit julle nie nou pas nie, laat my weet en Hy sal nie kom nie. Maar ek as julle vriend, wil julle daarop wys dat Hy `n baie goeie en sagte meester is, en julle moet hom regtig wil sien. maar julle is vry om vir julself te besluit. Dus, laat my weet wat julle dink."

Die vuurslagoffers, vra die biskop egter: "Weet jy enigsins wie die baas van hierdie huis is?"

(Biskop Martin): "Nie regtig nie, maar dit is nie nodig in die geestewêreld nie. Ek weet uit ervaring dat hy `n buitengewone goeie en wyse man is. Om meer te wil weet, sou onverstandig wees. Daarom behoort julle ook tevrede te wees met wat ek julle eerlik vertel het. En nou, laat my weet wat julle wil doen."

(Een van die groep): "Maar vriend, hoekom is jy so verraderlik en wil die Allerheiligste en die grootste van ons terughou? Want kyk, die Heer en die Meester van hierdie huis is ook die enigste God, Skepper en ewige Heer van die hemel en al die sonnestelsels van die hele oneindigheid, asook van alle mense en engele in Jesus Christus! Hoe kan jy dan sê dat jy Hom nie ken nie? Is jy dan blind dat jy nie Sy deurboorde hande en voete gesien het nie, wat ons met die eerste oogopslag gesien het? Kyk Sy sagte erns, Sy groot liefde en wysheid, en lê jou hand in Sy deursteekte sy; sekerlik sal jy dan verstaan, selfs beter as ons, wat agter jou Heer en Meester is! Asof ons nie in ons harte gewens het dat Hy, die mees Verhewe en die mees Heilige na ons sou kom in hierdie kamer van Sy genade nie. Maar ons is almal sulke groot sondaars en absoluut onbevoeg vir Sy besoek! Ons is sy laagste wesens wat in die wêreld, so dikwels Sy liefde en geduld geïgnoreer het! Daarom, jy mees gelukkige vriend van jou God en Meester, wie jy nie ken nie, of nie wil ken nie, vertel Hom ons harte het altyd `n begeerte na Hom, maar ons sondes het ons so lelik, vuil en naak gemaak, dat ons nie eers kan wens dat Hy na ons moet kom nie. Ons is al reeds skaam en verneder om onsself in hierdie huis te bevind, waar Hy bly, en waar Hy Sy genade aan ons sondaars skenk. Maar waar kan ons wegkruip as Hy werklik na ons toe kom? Daarom, jy mees gelukkige man, vra Hom om ons onwaardige wesens te spaar. Maar laat Sy allerheiligste wil, en nie ons s'n nie geskied!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205