|
Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 134
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206. |
|
|
(Martin maak sy oë in verbasing oop, begin dan die vraag te oordink. Na `n rukkie, begin hy mompel, asof vir homself): "Hmm, ek is nog ver agter! O diepte, ondenkbare diepte, wanneer sal ek jou verstaan? Ja, ja, dit is waar. God is alomteenwoordig! Maar hoe is dit moontlik. Hoe kan Hy alomteenwoordig wees as ek Hom hier sien optree en praat in die vorm van `n man? Sekerlik, die son in duisende spieëls is nog steeds een en dieselfde Son. Dit is slegs een son wat van al die spieëls gereflekteer word en een en dieselfde van triljoene dou druppels, triljoene oë en die uitwerking daarvan is slegs afhanklik van die grootte van die spieël, die oog of doudruppel wat dit weerspieël. Hoe vreemd en tog is dit hoe dit is en dit kan nie anders wees nie. Hoe die Meester in `n soortgelyke manier alomteenwoordig is, is natuurlik baie moeiliker om te verstaan. Is Hy ook `n son? Maar waar is hierdie son? Ek sien net die Meester, die goddelike mens Jesus en het met Hom gepraat. Maar ek het nie `n ander son gesien buiten die een waarop ek nou loop nie. Alles hier is lig, maar ek weet nie waar sy bron is nie. Ek is seker dat dit van die Meester kom, maar dan, die Meester self skyn nie. Hy is hier sonder prag, selfs eenvoudiger as ons. Dit moet Sy Almagtige wil wees wat Sy ewige "Laat daar lig wees!" spreek, in ewige aksie, sowel geestelik as natuurlik. O God, o God, wie kan U oneindige diepte verstaan? Nou besef ek vir die eerste keer dat al my kennis gelyk is aan nul, `n vae, leë sirkel, baie onreëlmatig en wys nie eers `n middelpunt nie! O Meester, wanneer sal ek in staat wees om te verstaan wat U is?" Na hierdie woorde raak Martin stil en word opgeneem in `n groot en diep denke.
|
|
|
|
|