Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 34 -

'N VERHEWE TONEEL VAN VERLOSSING: MARTIN AAN DIE HEER SE HART.

Dan kom Ek met Petrus in, biskop Martin stort bewusteloos ineen en almal van die groep, behalwe die boekhandelaar, roep uit: "Wee ons!" Slegs die boekhandelaar gaan af op sy knieë en sê: "Meester, Vader, laat u Naam geheilig word. U wil geskied! Ons is almal groot en growwe sondaars, nie in die minste waardig vir U genade nie! Maar ons almal is lief vir U met ons hele hart. Daarom, as dit U wil is, bewys genade aan ons! Wat is ons sonder U genade, U liefde, U ontferming? U is ewig, oneindig wys, en u krag is onbeperk! Ons het geen verskoning voor U nie. Of kan enigiemand in die hele oneindigheid hom verset teen U mag? Want U kan hom vernietig selfs nog voordat hy so `n idee kan kry. Ek en almal van ons, herken en erken dat U alleen die Meester van die Hemel en die hele skepping is, en dat ons niks is voor U en U onbegrensde mag nie: U heilige wil geskied, maar onthou ons swakheid en betoon ons U genade."

(Ek sê): "Staan op, almal van julle, en moenie treur soos misdadigers op aarde nie. As Ek na julle toe kom, beteken dit dat julle reeds verlossing gekry het, want die onverloste siele vlug van my en wil nie hê dat Ek hulle red nie. Daarom is julle vrees vir My nutteloos en dof is die lig van julle intellek. Gooi alles weg wat nutteloos is in My huis, in My Koninkryk, wat is waar Ek is en is die mees innerlike en die hoogste deel van die hemel. Hierdie hemel is nie een van ledigheid en ewige niksdoen nie, maar een vol van aksie, soos julle nou geleer sal word. Elkeen van julle sal aktief wees in die dinge waarvoor hy reeds op die aarde `n talent gewys het. Laat dit so wees!"

Hulle staan almal gelukkig op, dank My vir sulke onbeperkte barmhartigheid. Slegs Biskop Martin lê nog bewusteloos, en hoor of sien nie wat aangaan om hom nie. Op `n teken van My, loop Petrus oor na die biskop, skud hom, en sê: "Maar Martin, wat doen jy hier? Ons wag al `n rukkie vir jou buite, maar jy het nie terugkeer nie. Jy gesels hier, terwyl ons vir jou wag soos `n preutse bruid vir haar bruidegom, terwyl sy haarself vir die bruilofsfees optooi. Weet jy nie dat daar `n paar baie belangrike en dringende sake is wat ons na moet omsien nie?"

(Na `n tydjie, praat Biskop Martin weer): "O ja, natuurlik, dit is jy! Hierdie keer het ek uitgegaan op `n baie belangrike en ver ontdekkingsreis, en dit neem tyd om terug te keer van so `n vaart. Alhoewel ek iets baie belangrik ontdek het, het dit my nie gelukkig gemaak nie, maar net baie bang. Ek het nou onteenseglik ontdek dat ons gasheer en meester God is, die Meester van die oneindigheid! Hiervan is ek nou positief! Maar, verbeel jou net, Ek, die grootste sondaar - en God, die Almagtige, Alwetende, die mees Wysste, mees Regverdige, Allerheiligste, Wie my moet verdoem, as gevolg van Sy geregtigheid en heiligheid! My vriend daar met die blink hoed het sy bes gedoen om my te troos en gerus te stel, maar tot ek die gerusstelling van Hom self het, Wie my na die hel kan stuur vir alle ewigheid, doen dit my nie goed nie."

(Petrus): "Staan liewer op en moenie laf wees nie! Die Meester Jesus, vir wie jy so bang is, wag vir jou met ope arms. Lyk Hy asof Hy jou gaan veroordeel?"

(Biskop Martin werp `n blik op My en sien My groot goedertierenheid. Dit moedig hom aan om homself van die grond af te lig, en hy sê, met trane in sy oë): "O, nee, hierdie sagmoedigheid oorweeg nie veroordeling nie. O, Meester en Vader, hoe goed moet U wees om so vriendelik te kyk na `n sondaar soos ek! O Jesus, ek kan dit nie meer langer dra nie! My hart brand soos `n sentrale son, met die nuwe ontwaakte liefde vir U, laat my ten minste U voete streel om uiting te gee aan my liefde! Dan, Meester, doen met my wat U wil!"

(Ek sê): "Kom na My toe, jy hardnekkige broer, jou sondes is vergewe. En gee nie uiting aan jou liefde op my voete nie, maar aan my hart!" Na hierdie woorde, hardloop Martin in die omhelsing van die Meester, wie om te herken, hom so lank geneem het.

Nadat hy goed gehuil het aan my hart, vra Ek hom: "Hoe hou jy van hierdie afdaling na die hel? Is Ek regtig die tiran wat Ek deur jou kerk gemaak is?"

(Biskop Martin): "Ag, Meester, ek het nie die woorde om te bely voor U en al hierdie geliefde broers hoe duidelik ek nou al my foute en flaters sien nie. Maar laat my toe om myself `n bietjie reg te ruk in hierdie nuut gevonde onuitspreeklike saligheid, en dan sal Ek `n ware belydenis aan U doen, my soetste, liefste, mees barmhartige Meester Jesus. O Meester, o Jesus, ek moet U liefhê bo alles, U Allerheiligste, wie se wese die hoogste liefde en onbeperkte geduld is!"

(Ek sê): "Wel, dit is hierdie liefde wat ek in jou gesien het wat gemaak het dat Ek self na jou omgesien het, en wat gemaak het dat Ek so baie geduld met jou gehad het. Nou is jy so vol geluk, want jy sal wees waar Ek Self is. Maar saligheid is nooit gegrond op ledigheid nie; Inteendeel, dit bestaan uit die grootste aktiwiteit, waarvoor daar ten alle tye baie ruimte hier is. Maar laat ons nou na die ander dertig mense gaan wat jy hiernatoe gebring het. Gaan jy eers in en probeer om hulle na My toe te lei. As jy slaag met hierdie eerste taak in jou toestand van saligheid, sal ons hulle ook lei na hul ewige bestemming. Dus laat ons soontoe gaan, en jy sal alleen in hul kamer ingaan. Laat dit so wees !"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205